Monday 2 April 2012

Vrae en antwoorde





Ek is moedeloos.  Is dit net ek wat omring is van dom donners?  Of is hulle diep gesaai?  Die vragies wat gevra word.  Kry dit net in julle donnerse koppe.  Ek is besig.  Ek het nie tyd vir dom fokken vrae nie.  En as julle iets wil weet van die res van die gemeenskap, vra hulle self.  Hoekom nou vir my vra as jy eintlik iets wou geweet het by ‘n ander persoon?  Geen wonder mense vra my hoekom frons ek so baie, hoekom is ek so ernstig.  Ja, dis oor julle stront.  Julle dom stront wat tussen my oë kom sit en my so vreeslik ernstig laat voorkom.  En die ergste is, partykeer moet mens oor en oor en oor en oor vir julle ‘n storie vertel, maar dit sink nog steeds nie in nie.  Julle is pateties!
Maar wat nog erger is, is die feit dat julle besluit om die vragies per sms te stuur.  Dan moet ek nou sit en stront vrae antwoord.  Stuur ek ooit vir julle sms’e?  Nee.  Hoekom nie, die rede is eenvoudig.  Ek is nie so donners dom dat ek kort-kort vir iemand iets moet vra nie.  Ek dink met my brein, nie my hol nie. As julle darem ten minste julle holle wou gebruik, soos ek met resultate op die veld doen, dit beteken, wanneer ek resies stap, verstaan julle of moet ek nog bietjie verduidelik.  Maar julle is even te dom om dit te doen.  Waarmee sal julle dan dink?  Ek gebruik die woord “julle” baie, want daar is so baie van julle.  Ek is dronkgeslaan.  Wat gebruik julle dat die stront keer op keer uitkom?  Ek kan maar net my kop skud.  Shurrup! Ek het freedom of speech.

No comments:

Post a Comment