Friday 30 November 2012

Gevolgtrekking

Ek sal graag o.a. vir my ouers wil vra: hoe kom julle tot hier.  Hoe kom julle tot op 70 of even 80.  Al die ouer mense wat ook maar hulle kruis gehad het, en nog steeds het, en die wat nog steeds fukt-up is, is maller as tevore.  Hoe kom die malles tot daar?  Ek het myself nog altyd gereken as ‘n sterk persoon, maar deesdae wonder ek sterk daaroor.  Ek moet dalk my blog verander na: Gedagtes van ‘n waansinnige.  
Ek moet van daai drade in my bek laat sit dat ek nie kan praat of eet nie.  Daar is geen ander manier wat ek my bek sal hou vir die retards nie.  Ek drink nou al twee strespille ‘n dag, wat net mooi niks help.  Ek kan myself net nie beteul nie.  Gepil of te nie, dit borrel en borrel net uit.  Ek het al tou om my vinger vasgemaak, ‘n ring aan my vinger gesit, alles om te onthou: bedaar.  Dit help nie.  Ek gaan nou my goue oefenraam-plastiekkrale om my pols draai.  Dalk onthou ek om te bedaar.  Julle moet verstaan.  Ek probeer regtig om nie te kla oor die ongeregtigheid van deurmekaar en wanorde nie.  Mens kan nie mense verander nie.  Maar ek faal keer op keer om nie aan te gaan asof ek uit ‘n gestig ontsnap het nie.  Ek het vanoggend tot die gevolgtrekking gekom, oppad werk toe, dat die grootste probleem ek is.  Ek was vas oortuig daarvan.  Vanaand is ek skielik nie meer so seker nie. 
-      Mense kan nie verander nie
-      Ek kan nie verander nie
-      Mense en ek kan probeer verander
-      Dis nie te sê dit gaan gebeur nie
-      Die antwoorde wat ek op my vrae soek, kan niemand vir my gee nie.
-      Hulle kan nie, want hulle WEET NIE HOE NIE.