Saturday 24 November 2012

Nie vir sensitiewe lesers






Julle sit natuurlik in spanning en wag vir my om weer my ware kleure te wys.  Almal wat ek ken is Christene.  My kollega sê, drink jou strespil in die aand dan slaap jy beter.  Nee, ek drink dit in die oggend, dat ek ten minste gedurende die dag amper ‘n christen kan wees.  Ek raak mal.  As almal wat my ken, asb net nie met my sal praat nie.  Hoeveel keer moet ek dit fokken vra.  Los my uit.  Hou julle fokken bekke.  Sodra julle met my praat, raak ek mal.  Julle is duidelik nie op my vlak nie.  Bly stil! Bly stil! Moenie vra nie.  Doen wat ek sê, en bly stil!  Doen en hou jou bek.  Doen en hou jou bek.  Voer my opdrag uit en hou jou bek.  Geen vrae.  Julle dom vrae en veral die stelling maak my mal.  Ek is oppad na ‘n vroeë graf.  Hier het die naweek al kos deur die lug getrek, en kos is plat getrap op die vloer wat skrik vir niks.  Ek trap daai peanutbutter rolletjie moer toe, die maragarien en peanut peul uit en krul tot binne in my plakkie.  Nadat ek vir sissie met die ding gegooi het, en hy my weer met die ding gegooi het.  Dit was gister.  Vandag, alles het goed gegaan tot hy sy bek oopgemaak het, toe moes ek weer die cheese puf of wat dit ook al is, so met my stuk brood in die hand aanrand, en sissie gryp die bordjie, ek dag hy gooi my in die gesig met die goed, swaai ek so ewe uit die pad uit, trek dit bordjie en al deur die lug.  Fuck.  Daar lê die goed op die vloer.  Toe ry hy.  Seker ‘n hoer gaan regsien.  Hy pomp my mos nie meer nie.  Ek dink ek walg hom.  Nee, ek dink nie so nie, ek weet so.  Ons pomp dalk so een maal ‘n jaar.  Weet nie of hy sit en draad trek nie.  Wie worry.  Julle weet mos ek voel ‘n fok.  Ek is besig om huis uit te gooi.  Ek moer tot die simpel troukaartjie in die asblik.  Geen waarde. Waar die stuk alien-kaartjie vandaan kom weet ek nie.  Ek maak nie kaartjies bymekaar nie.  As dit nie so hard was nie kon ek dit vir kakpapier gebruik het.  Ek gaan al hierdie groente ook uitpluk.  As sissie nie sy vrot tamaties en mielies gaan natmaak nie, kan dit vir my part maar vrek.  Ek gaan dit nie meer doen nie.  Ek wil onsigbaar wees.  Ek het myself van facebook afgehaal.  Almal se dom kak wat hulle daar praat, is net een te veel vir my.  Ek kan nie nog een keer na daardie simpele onnosele aanmerkings kyk nie.  Dis alles net so leeg soos wat hulle vrot koppe binne-in is.  Ja, daar is fokkol in.  Vrot stink breins,  Dalk moet ek drain acid in hulle ore spuit dat die vrotsel ten minste kan uitspoel.  Fuck.  My seun steur hom in elk geval nie aan my nie.  Ek follow sy lewe op facebook, maar as ons in Afrika dan nie meer waarde het nie, so be it.  Wie worry.  En moenie Merry Chrismas vir my nie asb. En geen ander goeie wense nie.  Ek het nie sulke wêreld-gemaakte-skynheilige-woorde nodig nie.  Al wat ons moet doen, is:  wees lief vir jou naaste.  Dit beteken wees in stilte lief, verdra mekaar,  Dit beteken nie: praat kak nie.  Hou jou bek.  Dan is jy lief vir jou naaste.  As jy jou bek hou, kan jy nie skinder nie, of sleg praat, of vloek, of te veel vreet ens ens ens. nie.  Jy kan ook nie praatjies maak om mans se aandag op jou te vestig dat jy hulle verhoudings of huwelike kan opbreek nie.  Of vir hulle blow-jobs gee nie, julle slette.