Saturday 16 February 2013

Valentine


Vanoggend staan ek ewe en trek maar die bossies uit.  Met die crime, moet ek maar meeste van die goed doen.  (ja, sissie moet kos maak)  Ek het eintlik om nou die earlike waarheid te praat, gewonder of ek darem rus sal kry in die hemel.  Toe dink ek, wie sê ek gaan hemel toe.  Toe dink ek, wel, met die geloof van ‘n kind, is enige iets moontlik.  

Toe ek nou by die Valentine braai kom, is daar toevallig ‘n sitplek langs Ross en Charlotte oop.  Ek en J gaan sit toe daar.  Ek begin dadelik Charlotte se peanuts te eet.  Ross sê, ek het chips by die huis, maar ek kan nie terug gaan nie, want Simba is baie kwaai.  Huh, ek copy toe nie dadelik nie.  Ross sê, Simba wil nie hê ons moet loop nie, sy karnuffel ons van agter af.  Ons het nou klaar ‘n plan uitgewerk vir wanneer ons terug gaan vanaand.  Charlotte (want sy is die jongste en nog nie so styf in die lyf nie) sal haar aandag aftrek met ‘n stukkie wors, dan gaan ek gou in – anders hardloop sy dalk weg en gaan byt die ander mense.   Nee man, sê ek, ek het net vergeet om jou te sê daar is ‘n effense wanbalans.  Sy maak maar so.  Ek verduidelik so vlugtig .... Nou ja, sê Ross.  Ek vat die stukkie wors terug as ‘n peace offering.  En, vergete is die wanbalans.  Ross vra, wie het vir Simba so mooi maniere geleer.  Maar moenie worry sê sy, as dit moet dan klim ek maar oor die afskorting by die deur.  Ek kyk haar so.  Met daai kort lyfie en kort bene glo ek sy gaan op haar kop val.  Ek glo nie dis nodig nie, sê ek, jy sal sien as jy terug gaan.
 

Ounooi, een van die nuwe intrekkers, kom sit daar by my met haar rooi rok en rooi lippe.  Sewentig.  Elke oggend gaan sy getrou gym toe.  Sy is stewig gebou, met stewige vet.  Dr Gevers het sy vrou se sexy rooi nagrokkie aan oor ‘n wit t-shirt.  Ek gaan gryp hom aan sy tiete.  Hy druk Charlotte se pakkie peanuts bo in vir bietjie meer body.  Ek loop en bedel bene vir Gunther.  Die anties gee vir J chocolates en tjops.  J gaan steel nog wors.  Ek gaan groet my vyande.  Sonder my pruik herken niemand my vir die eerste uur nie.  Ek steel koeldrank by die kombuis.  J wil ry.  Ross sê, alle alle mans is dieselfde.  Mens eet nog dan wil hulle ry: sy kan die perfekte moord vir my uitwerk.  Maar, vra sy baie ernstig.  Kan ek haar rekenaar klasse gee?  Sy het een hele dag gesit en ‘n brief getik op haar celfoon.  Dis was baie uitputtend, want sy moes baie notas maak om alles te onthou.  Sy het dit toe weggestuur vir haar kinders in Amerika, maar al wat daar uitgekom het was,: my fridge is waving me goodbye.  Bel die kinders vreeslik verward, wat gaan aan ma?  Is jy siek, nee man, my yskas gee probleme.