Monday 4 March 2013

Thanks




Ek moet seker al hierdie lelike woorde op my blog vervang met sterretjies en ander tekens.  Dis onaanvaarbaar vir julle gelowiges om na daai taal te kyk.  Ek stem saam.  Maar dit voel vir my net so twee-gesig om dit te doen.  Dis wie ek was op daardie stadium, en dis hoe ek gevoel het.  Ek is ‘n vandalis.  Dit klink baie soos die alkoholis (my woordeboek het nog ‘n o in ??) wat ek was, en dit maak dieselfde gevoelendheid in my wakker.  Soos my studies sê: Vergeet van die ...lis en daai ...lis, dis net blerrie sonde.  Ek is op die ...lis stadium.  Ek sou verkies om nie sinnelose gesprekke te voer nie.  Ek kan nie ‘n antwoord uitdink op sulke vrae nie.  Iewers haak iets vas en dan raak ek sprakeloos en dan raak ek vandalisties.  Like you won’t believe it.  Ek skaam my eintlik vir myself.  Daar is nou nie meer mense wat my daaglikse hoogtepunte en laagtepunte met my wil deel nie.  Somehow het ek hulle die hasepad laat kies.  Ek bly nou net stil en verlustig my in my eie humor, en die humor van my diere om my.  Ek verlustig my in my eie probleme en besluite wat ek in die gesig staar.  Die ou diere en die nuwe diere wat bygekom het, daar is nie woorde vir die genot wat julle veroorsaak in my hart nie.   En met tere herinneringe aan die diere wat langs die pad verlore geraak het, soos wat ek baie langs die pad verlore raak.  Om die enigste ware sondaar in my kring te wees, is nogal veeleisend.  Ek moet heeltyd perform om die beste te bly.  Maar dan is dit dalk ook die tyd om een ding van my ouers te sê, dat ongeag wat, hulle nooit ons kinders teen mekaar afgespeel het nie.  Jy vind dit in soveel gesinne.  Dít sal ek altyd van julle twee onthou.  Dat julle altyd daar was om my, ongeag wát, sover moontlik gehelp het.  Thanks.