Saturday 4 May 2013

Thanks!


My broer se geskenk aan my jare terug toe hy uit die "army" gekom het en net begin werk het, was 'n goue hangertjie.  Ek glo nie daar was so baie geld vir die hangertjie nie, maar hy het dit somehow gedoen. Baie dankie.  Daar gaan soveel gedagtes en emosies deur my as ek terugdink aan ons lewens, Maar dankie ons Vader vir U grote genade.

Op 'n ligter nood voor julle nou weer aan die tjank gaan.  (Wat is fout met julle)

Ek en Gunth sit vandag op die stoeptrappie heel in die hoek van die erf.  Ek praat met my Pa op die foon, en Gunth luister alles so met die een oor.  Ek sien J kom aangestap, en onthou julle die vorige episode sonder die hemp en die kat?  Nee, julle onthou nie,  nee man, gaan lees terug op die blog!  Ek sien J kom aangestap, en ek sien G staan op.  Nou veel meer hoef ek seker nie te vertel nie.  Volgende oomblik spring G en J begin te skop, ek stupid, weer tussen in.  En dit hou aan, J gryp die graaf, ek keer, J gryp die tuinvurk, ek skree!!!! J skree vir my: geepad hier!  O my!  Kyk, dat daar nog nie bloed gevloei het nie, is 'n genade.  Agterna toe dink ek, Gunth dink seker as ek so rondspring al oor die geveg dat ek en hy aan dieselfde kant is, jy weet, ons is die goeie ouens, ons baklei saam teen die slegte ouens.  Nee man Gunth, jy verstaan verkeerd,  Ek veg nie saam nie, ek probeer keer vir jou arme mooi gesiggie en veral die tande.  Weet julle wat kos tande deesdae??  J beweer dat G hom een van die dae erg gaan byt.  Nee man, hy sal nie, moenie worry nie?  Behalwe vir die krap op die pens, geen ander letsels nie.  More is weer klassie vir Gunth.  Sal maar 2 strespille drink voor ek gaan.