Tuesday 12 August 2014

ER

Sy het alweer bakpoeier ipv koeksoda in die nag gedrink. In die donker lyk dit dieselfde sonder 'n bril. Jy moet kyk wat jy doen, raas ek. As ek met jou hospitaal toe moet jaag in die nag en hulle vra my wat aangaan sal ek nie weet nie. Al leidraad wat ek het is die spices-rak. Daar is Rrrajah mild en spicy en Rrrajah hot.  Dan is daar chakalaka en chicken ook. Toets maar vir als nurse.