Wednesday, 4 January 2012

Mans





Ek voel party dae erg verleë dat ek so ‘n aangename mens is.  Maar sodra ek begin dink aan al my goeie kwaliteite, dan besef ek, dat ek ook maar soos julle, tekorte het.  In my geval is dit darem net een.  Maar nog steeds.  Een is een te veel.  Vandag sal ek met julle gesels oor die groot sonde, my taalgebruik.  Dis darem nie ‘n geheim nie, dis oral bekend dat ek soms goed sê wat ander mense nie sal doen nie. Julle weerhou die woorde, omrede julle mos kamtige ladies is.  Ek speel weer met hierdie woordeskat asof ek ‘n prys gaan wen.  Om hierdie klaaglied van my te sing, sal ek nou maar die ou woordjie ‘amper’ tik dat julle maar raai.  Dis ‘n welbekende gesegde, en ek glo een of ander tyd het julle dit al gebruik, al sal niemand dit erken in die vriendekring nie.  Julle dames stry mos oor alles.  Die rede hoekom ek oor die onderwerp skryf, is oor ek nie die manlike geslag verstaan nie.  Hulle is weird.

Ek het nou al baie goed gesê vir hierdie geslag, maar boeta, as jy nou groot moeilikheid wil hê, sê dan iets soos:  jou ma se m...r, of daar is ander goed ook wat jy kan sê, soos jou ma se dit of dat.  Wat! Of dit nou ‘n jong man is, en of dit nou ‘n ou man is, die reaksie is presies dieselfde.  Don’t touch my mother.  O my glory, ek glo nie my seun is so mal nie.  Ek het hom van kleins af geleer, moenie ‘n blerrie pateet wees nie, dom donner.  Wat is dit met hierdie ma-ding?  Moet nou nie kom met nog ‘n patetiese storie dat jy nie sal toelaat dat jou ma so beledig word nie.  As jy bietjie gevorderd is, sal jy weet dit gaan nie oor die ma nie, dit is net ‘n gesegde, ‘n uitdrukking, ‘n spreekwyse. 

Wat presies veroorsaak dat hierdie chemiese reaksie plaasvind in die brein?  Het dit iets te doen met die lekker lewe in die baarmoeder, die onbewustelike verlange om deur ‘n vrou ‘gedra’ (letterlik) en gedra (figuurlik) te word? Of sit die probleem in die eiers?

Ek moes net hierdie interessante bevinding deel.  Wat veroorsaak sulke onverklaarbare gedrag.

Tuesday, 3 January 2012

Ouderdom

Old Lady Stretching



Ek weet nie van julle nie, maar noudat dit op skrif is: ‘tussen 40 en 50 jarige ouderdom’,  klink dit vir my so verkeerd.  Dit klink of ek ook die doodsengel in die gesig staar.  My lewe is oor, dis verby.  Wat sal ek moontlik nog kan beteken of bereik in hierdie lewe?  Ek hang maar net hier rond in case ‘n kind of kraai my dalk mag nodig kry, of die bietjie geldjies, wat ek soos ‘n 40 tot 50 jarige wegsteek. 

As ek terug kyk, met ware gevoel, dan voel dit soos baie meer jare wat gekom en gegaan het.  Die pad terug voel oneindig.  Ek het nog nie besluit hoe voel die pad vorentoe nie, ek idle nog hier in my skoktoestand.  Ek merk wel op hoe tree ander oumense op.  Behalwe vir die gewone oumens-streke, kry jy die tipe wat uitstaan bo die res.  Julle weet my beroep is gefokus op die ouer persoon, daarom is ek deel van die oumens-ding.  Ek het my ondervinding toegeskryf aan my beroep, maar nou sien julle self op skrif my lewe het tot ‘n einde gekom. 

Maar, kan hulle jou vloek en skel en wegjaag as hulle dit nodig vind!  Ag, dit rol van my rug af soos ‘n eend se watsenaam.  Ek sê net: ja, ok, ek gaan nou loop.  Ek wil nog ‘n bietjie staan.  En dan staan ek.  En dan vloek dit (hy/sy)  En ek staan.  Ek gaan mos nou loop.  Partykeer is dit 'n getrekkery.  Ek trek, sy trek ons wil altwee die loopraam hê.  So gaan dit dan nou aan en aan, maar ek sorg dat ek loop voordat ek die oorsaak van ‘n aanval is.  Ek moet darem seker maak ek het alles waargeneem terwyl ek so doenig is, terugkom? defnitief nie al die volgende dag nie.  Timing is crutial.

En dan die liewe onskuldige mens.  Dit is al amper weer kind.  Die hande hang los langs die sye, die vingers speel ewe laf met mekaar.  Ons loop op, ons loop af, ons kyk en kyk met groot oë, die mond val oop.  En die geluide wat gemaak word, you won’t believe it. 
Ek staan op ‘n afstand en beaam alles met dieselfde: ‘can you believe it’, oor en oor, dat ek ook darem net iets sê.   Dis amper vir my erger as die swetser.  Ek frons en kyk en kyk en daar word vir my klas gegee oor die onderwerp asof ek  niks weet nie.  Ja, ok, ek weet meestal van die tyd nie al die ouvrou goed nie, maar julle weet mos by die tyd hoe my kop werk.  My brein is al ver ver verby, ek hoor eintlik nie eers meer wat gesê word nie, my reaksies kom vanself.  Binne in my kop, skud my kop links en regs, soos wanneer mens moed opgee.  Die geskud word veroorsaak deur die erge irritasie in my brein.  Ons is nou klaar met oumense, om nou sommer die onderwerp ook te verander, wat my eintlik irriteer is as iemand agter kom hy weet iets, en dan die oomblik aangryp vir bietjie erkenning.  Die stortvloed van woorde, jy sal dit nie glo nie.  Fuck! wie worry hoe slim jy is.  As ek wou weet het ek gevra.

Ons oumense, jong, ons kan moeilik raak. 


Sunday, 1 January 2012

Net 'n ietsie

Ek kry die gevoel dat ek beter samewerking van julle sal kry in die nuwe jaar.  Ek het julle nou al goed uitgevreet en beledig oor al julle ou vals maniertjies.  Nou kan ek laat waai, niks sal julle meer skok nie.  Snaaks né, toemaar, ek weet ook nie hoe dit werk nie.

Wat belangrik is, is dat ek julle opgevoed moet kry.  Julle kan nie so blind deur die lewe gaan nie.  Wanneer laas het jy iets impulsief gedoen?  Iets wat almal geskok het?  Ja, ek kan praat.  Ek doen dit kort-kort.  Ek kan vir julle ‘n hele paar voorbeelde gee.  As ek sê impulsief hoef dit nie noodwendig iets vreesliks te wees nie.  Die erge goed sal ek later met julle deel.  Julle is nog nie heeltemal reg daarvoor nie.  Tussen 40 en 50 jarige ouderdom, het ek leer dig, ek het bekeer van sommige sondes, ‘n vegetarier geword, ek het begin langafstande stap, ek het my hare blond gekleur en tot my hare stomp af gesny.  Toe gaan trou ek boonop, tot baie mense se verwarring weet hulle nooit of dit my seun of my man is nie.  Nie dat ek so oud lyk nie, dis net dat my hubby so sexy is.  En dis ook maar net oor ek hom op sy tone hou.   Laat ek dink, ek moet seker maar ietsie uit die mou laat, anders is julle nou weer teleurgesteld.  Hierdie is soort van ‘n sprokie, wat toe nooit ‘n gelukkige einde gehad het nie.



Ek het op ‘n dag besef dat eenmaal was hy my ondergang gaan beteken.  Die keuse wat ek moes maak, was onvermydelik.  Ek moes hom laat toesluit vir 3 maande oor sy wangedrag, en het ewe getrou besoek gaan aflê.  Niks kon in elk geval tussen ons kom staan het nie.  Daar was nog steeds ‘n smeulende passie tussen ons.  Die dag met sy vrylating was dit weer net ek en hy en te hel met die wêreld en al die klagtes wat hulle teen ons het.  Tot die judge het ons ongelowig aangekyk.  So was dit: van die eerste dag af wat ons ontmoet het, het die vonke gespat. 

Ek is bevriend met iemand, ons maak reg om op vakansie te gaan.  Hy is besig om die karavaan te pak.  Ek bekyk die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou Clicks toe.  Ek klim in my kar en ry weg.  Eenmaal was hy, hy wag vir my, ek verdwyn vir 2 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

Ek sit by die werk, so pas aangestel.  Die telefoon lui, eenmaal was hy, hy wag vir my, ek oordink die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou poskantoor toe.  Ek klim in my kar en ry weg, ek verdwyn vir 3 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

i love you Romantic Pictures Love Images Hearts Glitter Graphics Myspace


Ek hoor niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar, toe dink ek aan jou.  Net aan jou. 

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar vir die tweede keer toe dink ek aan jou.  Net aan jou.

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet: ons het op ‘n leeu afgekom wat loop waar hy nie moet loop, toe fight ons hom tot agter op die bakkie, in die proses het hy sy poot gesny.  Fauna en Flora sien die bloed en eien die hare toe hulle toevallig verby die bakkie stap.  Hulle sluit my net daar toe.
  
Eenmaal was hy, wat doen jy!!


MY HART WORD NET VERSAG

deur gedagtes aan jou.  Woorde skarrel wanneer ek dit wil neerpen.  Woorde van smart het ek genoeg,  woorde oor jou kry ek nie.  Hoe kan ek dig oor liefde en blomme as dit reeds teruggekeer het na die stof wat dit was.  Uitgestrooi op die wildernis se vlakte – waar jou lewe was.  Soos wat jy was,  wilde man van my. 

Jy

 praat die praat
wat my in ekstase laat
druk my vas
met brute krag
dwing jou aan my op
jou aanval stoer
ek’s oorweldig
bedwelm
ek gee oor

O, Wat ‘n Man !  

 my gentleman

Jy

Sê my, toe die doodsengel jou die derde keer in die gesig staar, dink jy toe aan my? Net aan my?


Hallo 2012







Laat ons mediteer. (ek hoop julle verstaan Engels)
                                                                                                           
Some Practical Suggestions:
It is good, for instance, to keep to the same time for the daily meditation practice – early morning is suggested, for the mental world is quiet then; and the morning meditation can irradiate the whole day.  Meditate if possible in a quiet, prepared place; and ideally, always use the same chair.  This is because the chair and the place become associated with the meditative state; they begin to acquire an aura of quietness which in itself becomes a protection from the busy-ness of the world.  The chair should be comfortable and upright so that the body can be held poised and erect, spine straight, without strain of tension in any part of the body.  A simple way of relaxing the shoulders and the back of the neck, where so much tension is centred, is to shrug the shoulders once or twice and then try to feel their weight and the weight of the arms; also to let the head drop forward and feel its weight and the stretch at the back of the neck, before gently straightening again.  The ankles should be crossed, right over left, and the hands lie cupped in the lap, left in right, in a relaxed attitude of quiet surrender and waiting upon God.  The whole body is poised yet relaxed, at peace yet alert.
Now, begin to breathe a little more deeply, a little more slowly, but quietly and gently, without strain, listening to the quiet rhythm of your own breathing.  As you do this the active mind begins to become still and the consciousness is slowly withdrawn from the outer to the inner world of stillness and meditation.
The return from the deep inner awareness to consciousness of the everyday world should be slow and deliberate, perhaps through picturing a beautiful garden and resting there for a while amid the perfect beauty and colour of the world of nature.  Then again use the breath to help bring you ‘back to earth’; breathe deeply and strongly, and as you gradually and deliberately become conscious of the physical body feel that with each breath the body is becoming filled with light.  In imagination see the brow, throat, heart and solar plexus centre ‘sealed’ with the cross of light within the circle of light, and see the whole body encircled by a ring of light.

    

THE STILL VOICE
A White Eagle book of meditation

THY WAY, NOT MINE

Be patient, brethren.  Your work is in the plan, and the plan will unfold when you yourself have learned wisdom; when you have been prepared, perhaps through extreme difficulties in your physical life, for the work you have to do.  Your troubles and frustrations are all part of your preparation, all helping you to become a more receptive instrument for the power of the spirit.  Obey your conscience, the word of God in your heart.  Bear difficulties courageously, and never lose faith.
We have said throughout the years, ‘keep on keeping on’.  This is the magic phrase – steadfastness.  Pursue your path in spite of obstacles and difficulties.  Sometimes the tests come thick and fast until you feel that you have had quite a battering; as you get up from one test, down you go with another.  Do not be discouraged by this, but keep on faithfully, trusting that divine love and law which will eventually bring truth and wisdom within yourself; for you learn, not through words, but through your reactions to the tests.
When you can kneel before the altar of your inmost being and say, ‘Not my will, O Lord, but Thy will.  I humbly accept,’ then the strength will come to you; joy will light your life and you will see truth; you will see divine law working out in human life.  And believe us, this vision of the divine law at work in human life, in spiritual evolution, brings indescribable happiness.
The bretheren bless you and tenderly love you.  Think of their love for you and it will help you upward.  They know your need; the supply is limitless.


We visualise the symbol of the cross of light encircled by light.  The cross is man himself in incarnation but held always in the circle of God’s love.  Try to feel that you are the cross, with arms outstretched in giving and in surrender to God’s great love.  As you do so you become aware of a perfect rose at the centre of the cross – your heart.
As you meditate, the rose grows in size and you are enfolded in its fragrance – you are within the temple of the rose; its walls are soft and translucent, shining with rose-tinged light.  You are surrounded by your spirit bretheren and supported by their love.



Friday, 30 December 2011

Koebaai 2011

OORSIG VIR 2011

Waarvoor sal ek dankbaar wees wat oor my pad gekom het hierdie jaar?  Elke dag was goed vir my.  God was in beheer van alles.  Ek moet my verbly in Sy genade.  Niks is belangriker as die genade wat Hy aan my gegee het hierdie jaar nie.  Die geduld om die swakke ellendige ekke te verdra.  Dankie Vader.  Baie keer gebeur daar goed in mens se lewe en dan kom jy agter hoe geseënd jy eintlik is.  Partykeer kyk mens verby hierdie genade en gawes wat jy ontvang, totdat iets gebeur wat jou laat agterkom dat jy eintlik in die ‘pound seat’ is.  Vat nou maar die voorbeeld van die barmhartige Samaritaan.  Die Priester en die Leviet het hom gesien waar hy half dood lề maar het anderkant verby gegaan.  Hulle het nie eintlik belanggestel in sy omstandighede nie, hulle het net besluit dat hierdie ou vermy moes word.  Op daardie oomblik was hulle so bly dat hulle nie die arme drommel was nie; was dit hoogmoed, was hulle klere witter as wit?  Kon hulle sề: dankie Vader vir U genade, dat ons nie in die man se skoene staan.  Dink julle die twee het verstaan dat God onmoontlik twee mense dieselfde sou skape of een lewenspad sou gee?  Dis met daai gedagte dat ek julle weer met ‘n vuil ompad terugbring aarde toe. 

My vorige skrywe aan die sondaars was blykbaar bietjie te veel vir julle skamele vermoëns.  Maar dit bring julle terug tot die stof tot dankbaarheid wat julle het vir die jaar wat verby is.  Julle moet wakker wees as julle dan nou so belangrik en slim is..  Eendag sal julle nie kan sề; ...  maar ek het nie geweet nie ....., Julle het blerrie goed geweet.  As jy met groot onderskeidingsvermoë na my kyk soos wat jy nou doen, dan weet jy mos wat is reg en wat is verkeerd.  Volgens jou is dit nie reg dat ek so lelik praat nie.  In die lig van jou perfekte oordeel moet jy, net soos die Priester en die Leviet, dankbaar wees dat jy nie soos ek is nie.  Die liegstories wat jy vertel, of die skelm blikke na die ander ou, of jou vieslike houding teenoor ander mense oor hulle nie wil doen wat jy wil doen nie, al daar goed is maar net so sleg soos my slegte taalgebruik. 

So, het jy rede om dankbaar te wees?  Ja, jy het.  Jy is nie soos ek nie, Leviet
                   

My meisies


The Hollow Men

..... Between the idea
and the reality
between the motion
and the act
falls the Shadow
For Thine is the Kingdom.

Between the conception
and the creation
between the emotion
and the response
falls the Shadow
Life is very long.

Between the desire
and the spasm
between the potency
and the existence
between the essence
and the descent
falls the Shadow
For Thine is the Kingdom.

For Thine is
Life is
For Thine is the

This is the way the world ends
Not with a bang but a whimper.

T. S. Eliot
(1888-1965)





http://i37.tinypic.com/iqbpg2.jpg

The Crying of Water

O water, voice of my heart, crying in the sand,
all night long crying with a mournful cry,
as I lie and listen, and cannot understand
the voice of my heart in my side or the voice of the sea.
O water crying for rest, is it I, is it I ?
All night long the water is crying to me.

Unresting water, there shall never be rest
till the last moon drop and the last tide fail,
and the fire of the end begin to burn in the west ;
And the heart shall be weary and wonder and cry like the sea,  
all life long crying without avail,
as the water all night long is crying to me.

Arthur Symons
(1865-1945)


Heksery

Ligdag val soos toorgoed jou einde oop
ek laat jou na die brandhout loop
wanneer die nag swartkat nader sluip
is dit ek wat oor die as na jou toe kruip
(rosa smit)


Spieëltjie spieëltjie aan die wand .....



My meisie

sit met haar voete in die water
en haar kop in die blare.
sy is koel
want sy sit in die skaduwee
en haar rokkie is lig.
sy het druiwe op haar skoot
en sy korrel dit een vir een.
my meisie is mooi,
koel soos druiwe met haar voete in die water
(piet v rooyen)


Monday, 26 December 2011

Vir die Sondaars

VRYHEID VAN SPRAAK


Ek weet julle sou graag wou hoor wat ek oor seks te sế het.  Wel, ek het so bietjie gegoogle, maar dis verbasend hoe bar hierdie dinge in Afrikaans klink, gemeet teen die Engels wat ek gesien het.  Die Engels klink regtig soos “poetry”, maar as ek dit vergelyk met my boere-aanval op die ware Jacob, en ek mooi gaan kyk waar die wortel nou eintlik begrawe is, en ek meet die dikte,  begewe my moed my om dit vir julle te wys.  Ek weet julle almal hou maar van vuil praat, en as dit moet, doen julle maar al die dinge dieselfde as die hoere,  maar as die goed nou onder bespreking kom, dan sit julle met julle skynheilige gevrete en kommentaar lewer.  Kry julle nie skaam om so vals te wees nie?
Maar ek weet, dat julle regtig sal wil weet ...

Ek is darem ook nie sommer net ‘n kuiken wat vandag gebroei is nie.  Dieselfde ou wat jy so verafgod en dink dis net vir jou op wie hy wil lế, ek het nuus vir jou.  Mans pomp enige ding wat beweeg.  Ja, jou sussie, jou vriendin, as die tyd en die plek reg is, dan is hy reg.  Jy kan niemand vertrou nie.  En veral as jy geen niks op hom het nie, as hy só ordentlik is, ek kan jy waarborg.  Gaan vra maar vir enige hoer.  Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wou praat nie, dit vat my net terug na vrouens wat hoer-seine uitstuur, en dan maak of als die man se skuld is.  Ja jy jou slet.  Ek skop jou sommer op jou ballas.  Ek raak maklik die pad byster met my stories.  Ek wou vir julle bietjie seks opsit, aangesien die lewe so vol probleme is, sal dit julle dalk bietjie verbly.  Maar aangesien die wếreld so vol van skynheilige mense is, sal ek dit ongelukkig vir myself moet hou.  Of sal ek ‘n secret blog oopmaak vir die ouens wat jags is?  Sal ek dit noem: jagse Mara/ Mara raak jags/ the secret life of Mara/ the deep dark secrets of jagse Mara.  Sal ons vote?

Onthou, ek moet vir die sondaars ook dig.  Moenie selfsugtig wees nie.