Om jou te ken. Watter wonderbare skat. Jy laat so 'n baie baie groot spasie in ons lewens. Nooit sal dit gevul kan word nie. Opgekrul. Ek vat aan jou. Jy slaap. Ek huil vir jou en sy pyn. Ek huil oor jy buite moet slaap. Ek huil oor jou graffie koud sal wees in die nag. Ek huil vir wanneer dit gaan reen en jy nat sal word. Ek huil oor ek nie na genoeg aan jou gaan wees vannag nie. Oor hy nie na genoeg aan jou gaan wees nie. Gunthie jy moet baie daar loop. Gunthie jy moet nie dat Oupatjie alleen wees nie. Ons almal. Ons moet baie daar wees.
Thursday, 3 April 2014
Saturday, 22 February 2014
?
Ek het
delete sindroom. Ek delete alwewig
alles. Seker maar een manier om, indien
ek dan faal om beter te doen op ander gebiede, ten minste te probeer om die
rekenaar skoon te hou. Toe delete ek
wraggies my blog fotos. Julle mense, dis
skokkend. Ek sal die gemors moet
regmaak.
Ek stap
nou die dag om die hoek by my werk, kom ‘n man uit die dames se toilette. Ek het dit al baie gesien, kan die fokkers
nie hulle oë oopmaak nie. Die vroutjie
en die mannetjie lyk nie dieselfde nie.
Maar oop jou gevreet. Geen wonder
daar is ... toemaar. Hulle ken
nie die verskil nie as jy my vra. Alles
lyk dieselfde. Die hol en die hol lyk
alles dieselfde. Can you believe this.
Thursday, 20 February 2014
HAPPY BIRTHDAY SON
Ai, my ou
seun. Hy het wragtag my bloed in sy
are. Ons hou daarvan om statements te
maak. Daar sit hy in die wye wêreld. Doen sy ding.
Ye right, hy het die klomp plakkers gewys hoe om te operate. Well done.
Happy birthday. (ek praat maar
bietjie engels, in case hy nie meer Afrikaans verstaan nie) Yes my son.
You proofed to the world that you can do it. Yebo.
Yes. Thank you for keeping up the
family name. The family spirit. Yebo.
For
understanding the needs within our hearts.
To brake away. Cool. How is your wife. It looks like you do not want to share
information. Why? What have we done to yoo. If you do not want to talk, send money. Yebo yes.
Africa is a poor country now. We
are fighting the struggle. But as long
as we can plant, we will and we will eat.
We boers will not go under.
Tell me,
how many bedrooms is there in you house. Is it possible to rent a
container. This side we can not, we must
first pay. I was thinking, if you rent a
container, we all could go there. Lets
do a countup:
7 cats
1 dog
1 bird
1 rabbit
1 hamster
1 boertjie
1 crazy
mama
1 oupa
and 2 dogs
1 ouma
Don’t
worry. Once we are there, I will find a
job. We could help you and the wife with
a litte xtra income. Let me know. Now, the day after you birthday, go the the
visa-office. Tell them they must send me
the paperwork. Maybe, I will wait a
while before I start a job. I need time
to get to know my daughter in law.
Oupa can
get to know the neighbours and so on. I
am sure they will love little Africa culture.
You should learn from oupa before he dies.
Saturday, 8 February 2014
LIFE
Ja, so
kom alles tot ‘n einde. Die instaan-ouerskap
in die huis het na ongeveer 6 maande ‘n dramatise einde bereik. Ek lewer nie kommentaar. Ander mense se goed behoort aan hulle. Ek volstaan daarby. Dankie aan sissie wat onbaatsugtig dadelik sy
plek volgestaan het, op alle gebiede, sonder een klaaglied. Partydae het ek gewonder of hy die boetie is,
soos wat die twee my klaar gemaak het.
Het my laat terugdink aan my laerskool dae toe ek en my broer nog saam
moleste op die dorp veroorsaak het met ons bakleiery in die straat.
Sorry,
het gou uitgegaan buite toe. Sissie
skiet alweer na Gunthie met sy bbfokkon gun.
Ek is skoon nat gesweet. Dis die
rede hoekom ek beplan om te verhuis.
Sissie maak my klaar. Van sy oë
in die oggend oopgaan, tot saans, fok hy met my. Ek is besig met mega beplanning. Sissie is ingelig. Ek herorganiseer ens. ens. Die dag as my kop uithaak, dan is alles
gereed. Of dit gebeur, of dit gebeur
glad nie. If you know what I mean.
Die nuwe
werk het ‘n verskriklike tempo. Ek moes
baie vinnig my oumens maniere eenkant toe gooi.
My blerrie-wil 2 maande gevat om
by te kom. Om raak te vat. Party dae sloer ek nog so bietjie, asof my
kop wil stilstaan. Ek dink dis skok. Maar tussen die skok deur, geniet ek die
werk. Die ure is lank. Help nie om verder te verduidelik, julle is
in elk geval te fokkon dom.
Dit voel
asof alles weggevat word by my. Let wel,
dit voel net so. Ek het geleer om te
ontsnap van die werklikheid. Ek kyk
movies. Dis al wat my gedagtes gevange
hou. Dis asof alles (?) wat eers saak gemaak
het, hul waarde verloor het. Ek wil (moet) nou
net opstaan, gaan (moet) werk, terugkom huis toe, movies kyk, die diere versorg.
En asb.
as julle iets wil weet, vra iemand anders.
Moenie my vra nie. As julle wil
weet van ander mense, vra hulle self. Ek is nie die inligtingsburo vir Gauteng nie. Ek is op die oomblik fokkol. Ek wil niks vir niemand doen nie. Julle konte, oud en jonk, waardeer dit in elk
geval nie. Fokof, gaan kla op ‘n ander
plek. Doos-off.
Sunday, 24 November 2013
Wednesday, 20 November 2013
Wondermiddels op die Mark
Ek neem
aan dis daai ribbebeen wat al die moeilikheid veroorsaak. Dis asof mens nooit ontslae kan raak van daai
been nie. Dit groei in alles in.
Sissie sê ek sit net heeldag by die huis en Oros drink. Ye blerrie right. Dit hou my positief.
My arms is vol blou kolle. Dis alles sissie se skuld. Hy bly hang aan my arms. Ek het nou een graad r in die huis en een graad 5. Julle weet nie waardeur ek gaan nie.
Die champ glo
vas aan sensodyne. Dis tandepasta. Elke keer voor sy gaan kick x ass dan borsel
sy eers tande met dit, want, sy sweer daarby, keer dat hulle haar tande
uitskop.
Wednesday, 30 October 2013
31 Oktober 2013
My timing
is uit. Ou kar op 50. Ten Volle Werkloos. Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons
3e huweliksherdenking. Sissie skrik so
groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie. Herinner hy my vanoggend van die spesiale
geleentheid. Vir julle jongetjies klink
dit seker soos ‘n horror movie.
Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so
erg. Bejaardes met ‘n positiewe denke,
is soos graad R’e. Vol stories en
lag. Ok stront ook.
Die
vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude. Klaar met julle. Ek voel soos Kupido Kakerlak. Desperaat en magteloos. Hy het tot die bitter einde sy geloof behou
en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg.
Dis
omtrent 2 jaar later. Dis weer tyd om
jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.
Medium of Large. Ek dink die
medium het geskeur omrede die materiaal swak was. Ek gaan hulle sue. Om een of ander rede is die medium se lap
sagter by die rek. Die blerrie goed is duur. Sal maar net eers 2 koop. Dink julle die large gaan te groot wees? Dalk moet ek net eers 1 large koop. As die lap mooi hou by die rek,
dan is die large se materiaal defnitief sterker. Skelms.
Arme
kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie. Sukkel om ‘n doring uit haar voet te
kry. Dan is die bril op, dan is die bril
af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.
En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal
onmoontlik. Toe plak ek maar ‘n pleister
op. Die doring in die vlees. Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder
weg. Mense hoef nie alles te sien en te weet
nie.
There’s a
new girl in town. Maggie is haar naam.
Subscribe to:
Posts (Atom)

