Tuesday, 8 September 2015
26 jaar se spore
Het ek vanmiddag in 26 jare se spore gestap. Elke tree was onbeskryflik gevoelvol. Dat na soveel tyd ek dit kon opvang en soos water oor my lyf gooi .....
Tuesday, 25 August 2015
Sunday, 12 July 2015
Nagskof
Hulle het mekaar se koppe bygekom. Versnipper mekaar se hare. Vol gate. Ek gee hulle 'n sker om maar eerder alles stomp af te sny. "En as julle mekaar se koppe nou gaan raaksny en een tjank dan neuk ek julle!"
Ma V het my gewaarsku. 5min engeltjies en 5min duiwels. Ek ry wipplank saam die 5min. Nes jy dink alles is verlore dan kom daar weer 'n goue oomblik. Die een waar die onverklaarbare gevoel na vore kom. En meer as wat jy graag wil wys kan jy nie help om te lag.

Friday, 10 July 2015
Die Sirkel
Alles begin en eindig by dieselfde plek. Stof tot stof. Ek dink ek is nou besig om van kind tot kinds te beweeg. Is dit nou die einde van my sirkel? Ek is terug in die kinderhuis. Tannie, daar is 'n groot verskil tussen 'n koshuis en 'n kinderhuis! vertel die kind my. Ek bly net stil. Asof ek nie weet nie, dink ek. Wees julle maar die slim seuns. Vertel my dit en dat. Ek luister met gepaste verbaaste oe's en a's om te bevestig ek slaan ag. Maar waar kom die liefde in my hart vir hulle vandaan? Is dit hoe dit voel om kinds te raak? Amazing
Is daar in ons lewens die geleentheid om te vergoed wat ons verbrou het? Kry ons die geleentheid daartoe en hang dit af van onsself of ons dit gebruik?
Is daar in ons lewens die geleentheid om te vergoed wat ons verbrou het? Kry ons die geleentheid daartoe en hang dit af van onsself of ons dit gebruik?
Sunday, 19 April 2015
Wat word, Here
Ons wat ouer is Vader, het geleentheid gehad om meer insig te kry in die lewe. Maar Here, wat van die wat so vreeslik na aan ons was, wat ons lief gehad het. Wat jonk van ons weggeneem is. Is daar vir hulle bietjie ekstra genade. Die liefde tussen man en vrou, daar by U ..... maar ...
Wednesday, 8 April 2015
Monday, 6 April 2015
Ewige rus
Wanneer laas het 'n skaap vir jou geskree: maaaaa maaa" en dan antwoord jy: ja my ou meisie"
en gesien hoe bad mossies in jou voorplaas in die stof
en gehoor hoe moooo die koeie
en gesien hoe loop klein kinders sorgloos in die grondpaaie
en gee jy 'n beseerde voel slaapplek op jou grasperk
en raak jy kinds as jou hoendertjie vir jou eiertjies le
en raak jy liries as jou haantjie die dagbreek uitskree
en groet die kalkoene jou in die oggend
en gaan staan die beeste stil om hallo te se as jy deur die veld verby hulle stap met klitse in jou kouse
en die plaasboer stop eers om hallo te se
en die trekker dreun verby jou
Vader dankie

Subscribe to:
Posts (Atom)