Aga siesa Bokkie jou boukies stinka poefie
Saturday, 12 July 2014
Thursday, 3 July 2014
Ek wil nie hoor
Dat more nog 'n dag is nie en dat die son weer sal skyn. Hoe kan dit wees sonder 'Sandy. Daar sal wel nog 'n dag wees sonder haar sonskyn. En in my herleef ek die sonsondergang van haar lewe wat verby sweef soos 'n briesie. Geen nuwe dag kan ooit dieselfde wees want een van die goue sonstrale is nie meer daar nie.
Tuesday, 1 July 2014
Here
Here het u my nie gehoor nie
Ek het gedink om soos Jesus te wees
Hoe kan ek
Vergewe my droefnis
JAWHE het ek geroep
Hoeveel bloed is op my hande
Waar is u
Ek het gedink om soos Jesus te wees
Hoe kan ek
Vergewe my droefnis
JAWHE het ek geroep
Hoeveel bloed is op my hande
Waar is u
Thursday, 24 April 2014
Liefste Oupatjie
Vanaand is jou plekkie in die huis meer as net leeg. Ons mis jou stem. Ons kry nie meer as die twee sinne uit nie want die trane rol verdere gedagtes in warm druppels van ons wange af. Liefste meisie.
Sunday, 20 April 2014
Die wind
Net soos die wind wegraak wanneer ek my hand toemaak net so raak 'n lewe weg. Siel gees verdwyn. Kan God dit sien. Waarheen. Asem. Weg. Here.
Loop die beker oor. Here. Here.
Loop die beker oor. Here. Here.
Thursday, 3 April 2014
Dit was 'n eer Oupatjie
Om jou te ken. Watter wonderbare skat. Jy laat so 'n baie baie groot spasie in ons lewens. Nooit sal dit gevul kan word nie. Opgekrul. Ek vat aan jou. Jy slaap. Ek huil vir jou en sy pyn. Ek huil oor jy buite moet slaap. Ek huil oor jou graffie koud sal wees in die nag. Ek huil vir wanneer dit gaan reen en jy nat sal word. Ek huil oor ek nie na genoeg aan jou gaan wees vannag nie. Oor hy nie na genoeg aan jou gaan wees nie. Gunthie jy moet baie daar loop. Gunthie jy moet nie dat Oupatjie alleen wees nie. Ons almal. Ons moet baie daar wees.
Saturday, 22 February 2014
?
Ek het
delete sindroom. Ek delete alwewig
alles. Seker maar een manier om, indien
ek dan faal om beter te doen op ander gebiede, ten minste te probeer om die
rekenaar skoon te hou. Toe delete ek
wraggies my blog fotos. Julle mense, dis
skokkend. Ek sal die gemors moet
regmaak.
Ek stap
nou die dag om die hoek by my werk, kom ‘n man uit die dames se toilette. Ek het dit al baie gesien, kan die fokkers
nie hulle oë oopmaak nie. Die vroutjie
en die mannetjie lyk nie dieselfde nie.
Maar oop jou gevreet. Geen wonder
daar is ... toemaar. Hulle ken
nie die verskil nie as jy my vra. Alles
lyk dieselfde. Die hol en die hol lyk
alles dieselfde. Can you believe this.
Subscribe to:
Posts (Atom)



