Monday, 22 December 2014

Tuesday, 12 August 2014

ER

Sy het alweer bakpoeier ipv koeksoda in die nag gedrink. In die donker lyk dit dieselfde sonder 'n bril. Jy moet kyk wat jy doen, raas ek. As ek met jou hospitaal toe moet jaag in die nag en hulle vra my wat aangaan sal ek nie weet nie. Al leidraad wat ek het is die spices-rak. Daar is Rrrajah mild en spicy en Rrrajah hot.  Dan is daar chakalaka en chicken ook. Toets maar vir als nurse.

Saturday, 12 July 2014

Aga Bokka

Aga siesa Bokkie jou boukies stinka poefie

Thursday, 3 July 2014

Ek wil nie hoor

Dat more nog 'n dag is nie en dat die son weer sal skyn. Hoe kan dit wees sonder 'Sandy.  Daar sal wel nog 'n dag wees sonder haar sonskyn. En in my herleef ek die sonsondergang van haar lewe wat verby sweef soos 'n briesie. Geen nuwe dag kan ooit dieselfde wees want een van die goue sonstrale is nie meer daar nie.

Tuesday, 1 July 2014

Here

Here het u my nie gehoor nie
Ek het gedink om soos Jesus te wees
Hoe kan ek
Vergewe my droefnis
JAWHE het ek geroep
Hoeveel bloed is op my hande
Waar is u

Thursday, 24 April 2014

Liefste Oupatjie

Vanaand is jou plekkie in die huis meer as net leeg. Ons mis jou stem. Ons kry nie meer as die twee sinne uit nie want die trane rol verdere gedagtes in warm druppels van ons wange af. Liefste meisie.

Sunday, 20 April 2014

Die wind

Net soos die wind wegraak wanneer ek my hand toemaak net so raak 'n lewe weg. Siel gees verdwyn. Kan God dit sien. Waarheen. Asem. Weg. Here.

Loop die beker oor. Here. Here.