Sunday, 11 January 2015

Mmmh

Ek wil jou nie van my lyf af was nie ....

Thursday, 1 January 2015

2015

Waar het ek myself verloor. Ek sien ek het nie eers 'n 2014 boodskappie gehad nie. Maar daar is altyd genade onbeskryflik groot.  Die moordenaar by die kruis kan getuig.  Baie baie genade maak nie saak wat. Vra net. Nuwe Jaar alles wat was sal weer wees.  Nuwe omstandighede en uitdagings.  Ek sal darem probeer om te "recap" sover my geheue dit toelaat vir 2014.
 2015 se boodskappie is dus dat jy uit jou kassie moet klim om genade reg te kan verstaan.  Met oppervlakkige sienswyse gaan jy dit nie snap nie.  As jy verbysterd staan dan weet jy dat jy gesnap het.

Monday, 22 December 2014

Tuesday, 12 August 2014

ER

Sy het alweer bakpoeier ipv koeksoda in die nag gedrink. In die donker lyk dit dieselfde sonder 'n bril. Jy moet kyk wat jy doen, raas ek. As ek met jou hospitaal toe moet jaag in die nag en hulle vra my wat aangaan sal ek nie weet nie. Al leidraad wat ek het is die spices-rak. Daar is Rrrajah mild en spicy en Rrrajah hot.  Dan is daar chakalaka en chicken ook. Toets maar vir als nurse.

Saturday, 12 July 2014

Aga Bokka

Aga siesa Bokkie jou boukies stinka poefie

Thursday, 3 July 2014

Ek wil nie hoor

Dat more nog 'n dag is nie en dat die son weer sal skyn. Hoe kan dit wees sonder 'Sandy.  Daar sal wel nog 'n dag wees sonder haar sonskyn. En in my herleef ek die sonsondergang van haar lewe wat verby sweef soos 'n briesie. Geen nuwe dag kan ooit dieselfde wees want een van die goue sonstrale is nie meer daar nie.

Tuesday, 1 July 2014

Here

Here het u my nie gehoor nie
Ek het gedink om soos Jesus te wees
Hoe kan ek
Vergewe my droefnis
JAWHE het ek geroep
Hoeveel bloed is op my hande
Waar is u