Ek
ken mense wat selfmoord gepleeg het.
Hulle kon nie langer in hierdie wêreld leef nie. Hulle almal kon hulle eie lewe beheer, soos
daar vir ons gesê word, sommer net om iets te sê. Ek sou dink op die stadium toe die besluit geneem
en deurgevoer was, was daar al ‘n geruime tyd die onwilligheid of onvermoë om
iets aan die kwessie te doen wat die probleem of depressie veroorsaak het. Hoe kan ek een van hulle oordeel, as daar dae
was wat die gedagte vinnig deur my kop gewarrel het, en selfs nou nog dae is
wat ek wonder oor die sin van die Lewe.
Soos miljoene ander mense ook maar doen.
Ek identifiseer myself met elkeen wat ek ken, die vrou wat haarself
opgehang het, die jong man wat dieselfde gedoen het, die vrou wat oordosis
pille en drank geneem het ..... Ek is elkeen van hulle, want ek dink ek weet
miskien ‘n klein deeltjie van hul wonder oor alles. Ons is maar net ellendige ekke’s. Vader, wees ons genadig. Ons is maar net stof.
Dan
voel ek skuldig oor ek nie die “have a nice day” mens is nie. Ek moes seker vir iemand gelukkige moedersdag
toegewens het, maar dit maak nie juis vir my saak nie. Maar
dis seker wie ek is? Hoekom sal ek anders
wil wees? So geskape, gemaak uit die stof.