Dis
vrekwarm vandag in Gauteng. Ons kan nie
beweeg nie. Te warm om te eet. Ek het darem so ver gekom om met my studies
te begin. Ek besef nou eers die omvang
van die materiaal wat ek gekry het. Ja. Ek het tot ‘n kruispad gekom. As ek nie myself help nie, gaan my siel
verlore gaan. Dit wil vir my voorkom
asof J altyd daar is om my op die rand van ‘n afgrond te bring. En ek sal moet kies, of ek gaan spring of
nie. Dit laat my dink aan die gedig uit
my boekie van die trein. Dis hoe ek
destyds gevoel het toe ek ook op die rand van ‘n afgrond gestaan het, wat
uitkyk oor die hel. Asof ek die gedig profeties
oor myself uitgespreek het, en veral die laaste paragraaf.
As
ek só kyk
sien
ek die trein
somtyds stop hy
laai
mense op
ander
kere
snel
hy verby
dis vir jou en my
om
te besluit
klim
ons op
of
sal ons bly
waar
hy gaan
dié
weet ek nie
of
hy my weer gaan aflaai
dít
weet ek ook nie
maar
ek verseker jou
sóú
ek opklim
sál jy die prys betaal
Dis
eienaardig dat dit elke keer J moet wees
wat die “oorsaak” van my ellende is. Is
dit regtig so? Kyk ek die hele situasie
heeltemal mis? Is die waansinnige
oomblikke regverdig? Is dit moontlik om
vrede te maak met sekere swakhede van iemand? Kan ek dit nie net aanvaar dat die lewe nie
perfek is nie? Soos julle weet het ek mos nie foute nie. Zero tolerance, no
mercy. It is my way. Maar ek is ook nie so waansinnig dat ek nie
weet: the right way is my way. Ok, lets cut the bullshit. There is only my way. Wel, daar is ons nou by die lysie vir die
Nuwe Jaar. Ek het ingeskryf vir 3-Jaar
Diploma in Christelike Berading. Moet
nou nie skrik nie. Ek gaan nie die mense
leer van zero tolerance nie. As ek eers
geleerd is, is daar net een les vir my klassie.
Shurrup en doen wat ek sê dan sal dit met julle goed gaan. Sien, mens moet ferm wees met die spul. Wat ook vir my ‘n raaisel is, is hoedat ek
van my goddelose weg gedraai het, en nie weer teruggegaan het op daardie pad
nie. In die proses het daar ‘n ander
skroef uitgeval. Soos julle onthou, dat
ek aanhoudend die sin van my lewe bevraagteken het die laaste tyd. Is ons besig met opleiding vir die
hiernamaals soos baie gelowiges glo. Of
was dit nodig vir my om gek te raak sodat ek moontlik, as dit God behaag, ander
gekkes kan verstaan? Want ek weet,
hierdie studies is nodig om my weer op track te kry. Om weer in diepte te leer wie is die God voor wie ek staan.
Ja,
natuurlik het ek planne vir my Gunth ook.
Ons het vanoggend 7uur al teruggekom van ons 5km stap af. Hy weet al om nie links of regs te kyk vir
ander honde nie. Hulle kan maar
blaf. Ons stap ewe vernaam langs mekaar
in die straat, die wêreld behoort aan ons. Ek wil Gunth vat vir opleiding. So, my lysie vir die Nuwe Jaar bestaan uit 2
goed uit. Wat? Nee man, dis gin te min. As ek my studies mooi op datum hou, behoort die kop standvastig te bly en dan sal
Onse Vader sorg dat ek die res reg doen.