Tuesday, 22 October 2013

Ek Is




Die wêreld het te slim geraak vir ons.  As jy uit jou comfort-zone uitklim, en jy gaan beproef al die moontlikhede buite die sfeer, (‘n bal word as ‘n soliede figuur beskou wat deur ‘n sfeer beperk word) dan kom jy agter dat nes in Noag se tyd, die mens te slim vir sy size geword het.  En dis nou so lank daarna, hulle is nóg slimmer.  Dis ontstellend.  As God toe al ons goedjies wou uitwis, hoe sal hy nóú voel?  Ek is die bal.  Die sfeer beperk my.  Genade. 
As ek, (arme werklose) in die oggend die vyand afsien, staan Gunth so ewe en kyk dat hulle beslis vertrek, skaars uit by die hek, onder sy toesig, sy wakende oog, hardloop hy die huis binne, baas van die plaas.  Maak homself tuis, terwyl die een ou ogie ewe rondloer so ver ek beweeg.  My skaduwee. 
Ek praat van ontstellend.  Ons spartel, elkeen probeer net vooruit kom, net genoeg om te oorleef.  Almal trap oor almal, nagte word daar oordenking gedoen, planne in die nag, is anders as planne in die dag.  Party word goed gebore in die donker, maar wanneer die lig op die horision verskyn, verloor dit eweskielik krag.  Hier en daar is daar een wat darem  ontwikkel.  Dis asof met die lig, ons braafheid ietwat verlore raak. 
Gunther het wraggies gister deur die venster geklim.  Ek is besig met opleiding.  Aangesien ek werkloos is, moet ek elke minuut gebruik asof dit die laaste keer is wat ek iets produktief sal bereik.  Dis belangrik dat, in geval van nood, hy weet hoe om my te bereik. 
En intussen, sjoe sjoe, blaas blaas, sjoe sjoe, dit die hele huis vol.  Ek kyk angstig rond.  In hierdie oomblikke van onsekerheid, gooi dit my heeltemal van balans af.  Dis wat jy noem kickboxer-sindroom.  Hulle het nie einde. 
Ja, soos ek altyd sê, dis alles net soos wat Prediker dit op die hart het.  Wyse woorde.  Niks, alles niks, ons niks, niks is niks.  Daar is net Ek Is.