Thursday, 12 January 2012

Weet jy wat dit is


Jou klein wêreld
                                         
As ek so begin, weet dan dat ek alweer omgekrap is.  Dit vat bitter min om my om te krap.  Johan wil hoeka weet waarmee is ek besig.  “Om kak te praat van jou” sê ek.  “Ek hoop nie jy gaan dit op die internet sit nie” sê hy “dis presies wat ek gaan doen” sê ek.  Na soveel jare van saamwees, word daar nie meer doekies omgedraai nie.

Laat ek tot die punt kom.  Gemeet teen mense wat rampe oorleef het, hulle huise verloor het, kinders aan die dood afgestaan het, verkrag is, molesteer is, is my agtergrond of omstandighede iets uit ‘n pragtige droom.  Dan kry ek mos nou die piep as ek hoor van iemand wat nie ‘n ander persoon kan vergewe vir iets stupid uit die verlede want vir hulle was dit ‘n ramp.  En daar word nog geklou aan die simpel ou storietjie.  Weet jy wat is ‘n blerrie ramp jou aap. 

As ek sekere rampe nog nie ondervind het nie, sal ek nooit kan verstaan nie.  Ek sal nie verstaan hoe dit regtig voel om in ‘n vloed of modderstorm of aardbewing al my besittings te verloor nie. Ek kan maar net dink hoe dit moontlik kan voel. Jy sien, ek is nie so stupid dat dat ek dit nie vir myself kan uitwerk nie.   

Weet jy hoe dit voel om nie skoene te hê nie, weet jy hoe dit voel om aan die wêreld uitgelewer te word oor daar nie heenkome is vir jou nie. Ken jy sondagskool liedjies wat jy sing want as Liewe Jesus hoor jy sing dit, sal Hy jou help om deur die nag te kom terwyl die bakkie slinger oor die pad en jy moet vasklou vir jou lewe, en die ander mense is dronk.  Om die owerspel te aanskou wat jy soos al die ander goed net gelate aanvaar soos net 'n kind kan.    

Om te sien hoe sy en haar hele bestaan afkom aarde toe waar sy aangerand word. Om soms dom voor haar te staan oor sy haar eie lewe wil neem en jy nie mooi weet wat eintlik aangaan nie.  Om te sien hoe sy ‘n bottel voor haar mond hou en die alkohol so skoon wegsluk en jy veg om die bottel uit haar hande uit te kry.  Om te sien hoedat sy in die pad afgelaai word dat sy gou-gou in die huis ingaan en vir haar maaksels haar oë wys terwyl die insittende bly sit in die kar waar die satan hom geselskap hou.  En as sy uitkom word sy gevloek.  En as sy dronk is raak sy histeries, en jy weet nie wat nou nie ......Want haar huis is die kar, en so kan ek aangaan en aangaan.  Die maaksels kan nie anders as om alles voor haar deur te gooi nie, want dis hoe die natuur werk, die natuur is wreed. Dis ‘n ramp.

So please, ek wil regtig nie veel van jou klein wêreldjie hoor nie.

Xmas

daar waar die crackers skiet
is nie noodwendig geluk
dalk vir ‘n wyle
dalk ‘n sekond
maar voor jy jou oë uitvee
geslaan en gebliksem
en kinders hardloop beangs rond
en soek na watte
om hulself toe te draai
want die bang-wees
 maak hulle koppe draai
 en hulle vrees
en bid vir liewe Jesus
om hul te beskerm en
hul ouers vir ewig te genees

van die suip en vloek
en haat en varksig-wees
en honde en katte skreeu
en dis ‘n gegil
 wat net nie ophou
en bloed, die loop oor gesigte!
 
O, Liefste Jesus van ons kindertjies
wees tog net eweskielik
‘n Grote Gevaarlike God
maak hulle bang
ja, baie baie bang
dat hulle vreeslik skrik
en gaan slaap
voor die son opkom
en as dit moet
laat hulle aanhou slaap
tot in vir ewig!





Tuesday, 10 January 2012

Onderbroek


Toe ek twee keer per week moet begin wasgoed was dring dit tot my deur dat dit tyd is om pantys te gaan koop.  Ek dra nie net ‘n panty nie, nee, dit moet jockeys wees.  Hierdie satyn gemors laat jou sweet glo ek, ek verkies die sy-gladde veet-bene droë voorkoms.  If you know what I mean.  Van die os op die jas ... Weet julle dat ek in ses maande se tyd presies 1000 kilometers gestap het?  O yes!  As ek in die oggend voor die spieël staan, kan ek my verkyk aan my pap pens.  Waar kom dit vandaan?  Waar sekere dele van my lyf darem kykbaar was, het dit sommer net so verander.  In so ‘n mate, jy kan nie besluit watter deel trek jy eerste aan nie, bo of onder, net ingeval iemand onverwags om die hoek kom.  En die jockeys, ja jy kan die goed jare dra.  Die satyngoed skeur, frommel op ens. raak uitgerafel.  Jockeys is gewaarborg om ten minste 3 jaar te hou.  En jy was dit sommer saam die jeans en lakens en handoeke, as dit vlek, dan is dit nie die ergste nie.  Jy kry baie kleure in die maak. 

Ek is nie goed met shopping nie, en my geheue is ook nie so lekker nie.  Ek kan nooit onthou watter tipe jockey ek dra nie.  Toe ek nog maer was, het ek gehou van die high cut langs die heupe op.  Later het ek per ongeluk weer verkeerdes gekoop, en dit was toe ‘n ander cut.  Maar nog redelik gangbaar.  Ek kon even die g-strings dra.  Laas week toe ek voor die pantyrak staan, toe is ek weer blank.  Daar is French cut en briefs.  Ek sien die dosie is so verander, jy kan nie soos in die verlede dit net oopmaak nie.  Ek wou eers die dosie skelm oopskeur, maar besluit toe om die briefs te koop.  ‘n Medium by the way.  Jare terug was ek bietjie dikker ook, toe het ek large gedra, maar ek weier, ek pas in ‘n medium.  Jy sal nie glo, toe ek by die huis kom en die dosie oopmaak, is dit een groot broek wat daar uitkom.  Ek walg net daar.  Brief beteken knapbroekie in Afrikaans.  Lyk my dan moet die goed styf sit.  Al wat ek toe doen, is om my knieë teen mekaar te druk, so ‘n rol-beweging te maak met my onderlyf,  dan trek die brief makliker oor my maag en bo-bene.  Wat pla is die boonste rek van die brief wat bietjie styf is met die oortrek proses.  Lyk my die pantys se rekke is ook deesdae van ander materiaal, want niks rek as jy my vra nie. Ek vat toe die onderbroek vir ‘n testdrive die volgende dag.  Oefensessie: onthou, ek is ‘n atleet.  Ek is gewoond om kort-kort aan my boude te trek op die pad.  As ek resies doen, en die broek kruip so, dan is ek baie moeg en los die ding dat hy soos ‘n g-string maar daar bly, wat nie baie gemaklik is met al die materiaal nie.  Dan kry ek brandboude.  Terwyl ek toe so stap, begin ek toe dadelik te trek, maar ek kry niks raakgevat nie.    Can you believe, die broek het alles stewig vasgevat, niks kruip rond nie.  Ek kyk die ou aan wat hier langs my loop, hey, sê ek, “hierdie broek wat ek aan het pas wraggies goed” die oomblik so groot, ek moet dit met iemand deel, hy kyk my so snaaks aan, ek dag, moenie vir jou soos ‘n klooster hou nie jong, maar gelukkig toe smile hy so ewe vir my.
                                                       I’m to sexy ...
      




Saturday, 7 January 2012

Waar is die gevoel





Ek het nog nooit ‘n besluit geneem op grond van liefde nie.  As ek terugdink aan die eerste belangrike grootmens-besluit, was dit ook gegrond op wat vir my op daardie stadium na die regte besluit gelyk het, never mind hoe ek gevoel het.  Ek twyfel sterk of ek genoeg 'gevoel' het.  Met my laaste belangrike besluit was dit dieselfde storie.  Ek wonder of ek ooit vir enige iets of iemand genoeg gevoel het in my leeftyd.  Rym dit nie met sommige van my gedigte nie, ja, mens kry soms ‘n swak oomblik, maar gelukkig gaan dit baie vinnig oor.  Ek het gesê dat ek onlangs eers verstaan het van: as jy nie die liefde het nie, dan het jy niks.  Ek het gepraat van die ouvrou en die hond en my betrokkenheid by hulle; daar was naaste-liefde.  Ek het ook gepraat van my ouers.  In my ouers se geval is dit net hulle oumens-onskuld wat hulle laat glo daar is ‘n beter lewe daar buite.  Hulle glo aan die liefde iewers anders tussen twee mense, maar ek kan nie saamstem nie.  Ek sien niks.  Is dit 'n spook-gevoel?  Iets wat baie min mense kan voel aangesien hulle nie met die helm gebore is nie.  Soos ek, ek het nog nooit 'n spook gesien nie, maar is al lastig geval deur whatever.  Ten minste het ek defnitief geweet iets gebeur, maar die liefde-ding is maar duister vir my.  Nou wil julle seker weer spookstories uit my kry.  Ek kan nie heeldag sit en gesels met julle nie.  Dit lyk suspisieus as ek so doening is heeldag tussen die cel en die blog.  Ek dink tog my gedig is gepas vir vandag.  Dis net te uitputtend om dinge saam te wil doen.  Ek vind dit minder teleurstellend om net te doen wat jy moet doen sonder enige verwagting of behoefte aan 'n klein rukkie se gesels of saamwees met iemand, want mense dink dis liefde.  Dis alles snert. (het so baie mense helms?) 

EK KOM TOT DIE GEVOLGTREKKING

Dat dit beter is om nie lief gehê te word nie
en ook om nie lief te hê nie
Daar is niemand wat omgee of jy heeldag in jou nagklere rondloop nie
Niemand wat omgee of jou hare gekam is nie
Niemand wat jy jou drome of denke mee kan deel nie
vir wie jy moet mooi lyk nie
wat jou opgewonde maak nie
wat waardering het vir die dinge wat jy graag perfek wil hê
en daarom laat gaan jy …
en wonder tot op watter graad moet jy  laat gaan om jou en in jou…

Dis alles net ‘n eweredige bestaan in jou eie wêreld en denke
en jy besef  hoekom mense afsonder
hoekom hulle waardes daal en hulle skielik
vir niks en niemand meer omgee

Die drome van eens het vervaag
die gevoelens het gekwyn
die verwagting wat jy gehad het, het verdwyn








Wednesday, 4 January 2012

Mans





Ek voel party dae erg verleë dat ek so ‘n aangename mens is.  Maar sodra ek begin dink aan al my goeie kwaliteite, dan besef ek, dat ek ook maar soos julle, tekorte het.  In my geval is dit darem net een.  Maar nog steeds.  Een is een te veel.  Vandag sal ek met julle gesels oor die groot sonde, my taalgebruik.  Dis darem nie ‘n geheim nie, dis oral bekend dat ek soms goed sê wat ander mense nie sal doen nie. Julle weerhou die woorde, omrede julle mos kamtige ladies is.  Ek speel weer met hierdie woordeskat asof ek ‘n prys gaan wen.  Om hierdie klaaglied van my te sing, sal ek nou maar die ou woordjie ‘amper’ tik dat julle maar raai.  Dis ‘n welbekende gesegde, en ek glo een of ander tyd het julle dit al gebruik, al sal niemand dit erken in die vriendekring nie.  Julle dames stry mos oor alles.  Die rede hoekom ek oor die onderwerp skryf, is oor ek nie die manlike geslag verstaan nie.  Hulle is weird.

Ek het nou al baie goed gesê vir hierdie geslag, maar boeta, as jy nou groot moeilikheid wil hê, sê dan iets soos:  jou ma se m...r, of daar is ander goed ook wat jy kan sê, soos jou ma se dit of dat.  Wat! Of dit nou ‘n jong man is, en of dit nou ‘n ou man is, die reaksie is presies dieselfde.  Don’t touch my mother.  O my glory, ek glo nie my seun is so mal nie.  Ek het hom van kleins af geleer, moenie ‘n blerrie pateet wees nie, dom donner.  Wat is dit met hierdie ma-ding?  Moet nou nie kom met nog ‘n patetiese storie dat jy nie sal toelaat dat jou ma so beledig word nie.  As jy bietjie gevorderd is, sal jy weet dit gaan nie oor die ma nie, dit is net ‘n gesegde, ‘n uitdrukking, ‘n spreekwyse. 

Wat presies veroorsaak dat hierdie chemiese reaksie plaasvind in die brein?  Het dit iets te doen met die lekker lewe in die baarmoeder, die onbewustelike verlange om deur ‘n vrou ‘gedra’ (letterlik) en gedra (figuurlik) te word? Of sit die probleem in die eiers?

Ek moes net hierdie interessante bevinding deel.  Wat veroorsaak sulke onverklaarbare gedrag.

Tuesday, 3 January 2012

Ouderdom

Old Lady Stretching



Ek weet nie van julle nie, maar noudat dit op skrif is: ‘tussen 40 en 50 jarige ouderdom’,  klink dit vir my so verkeerd.  Dit klink of ek ook die doodsengel in die gesig staar.  My lewe is oor, dis verby.  Wat sal ek moontlik nog kan beteken of bereik in hierdie lewe?  Ek hang maar net hier rond in case ‘n kind of kraai my dalk mag nodig kry, of die bietjie geldjies, wat ek soos ‘n 40 tot 50 jarige wegsteek. 

As ek terug kyk, met ware gevoel, dan voel dit soos baie meer jare wat gekom en gegaan het.  Die pad terug voel oneindig.  Ek het nog nie besluit hoe voel die pad vorentoe nie, ek idle nog hier in my skoktoestand.  Ek merk wel op hoe tree ander oumense op.  Behalwe vir die gewone oumens-streke, kry jy die tipe wat uitstaan bo die res.  Julle weet my beroep is gefokus op die ouer persoon, daarom is ek deel van die oumens-ding.  Ek het my ondervinding toegeskryf aan my beroep, maar nou sien julle self op skrif my lewe het tot ‘n einde gekom. 

Maar, kan hulle jou vloek en skel en wegjaag as hulle dit nodig vind!  Ag, dit rol van my rug af soos ‘n eend se watsenaam.  Ek sê net: ja, ok, ek gaan nou loop.  Ek wil nog ‘n bietjie staan.  En dan staan ek.  En dan vloek dit (hy/sy)  En ek staan.  Ek gaan mos nou loop.  Partykeer is dit 'n getrekkery.  Ek trek, sy trek ons wil altwee die loopraam hê.  So gaan dit dan nou aan en aan, maar ek sorg dat ek loop voordat ek die oorsaak van ‘n aanval is.  Ek moet darem seker maak ek het alles waargeneem terwyl ek so doenig is, terugkom? defnitief nie al die volgende dag nie.  Timing is crutial.

En dan die liewe onskuldige mens.  Dit is al amper weer kind.  Die hande hang los langs die sye, die vingers speel ewe laf met mekaar.  Ons loop op, ons loop af, ons kyk en kyk met groot oë, die mond val oop.  En die geluide wat gemaak word, you won’t believe it. 
Ek staan op ‘n afstand en beaam alles met dieselfde: ‘can you believe it’, oor en oor, dat ek ook darem net iets sê.   Dis amper vir my erger as die swetser.  Ek frons en kyk en kyk en daar word vir my klas gegee oor die onderwerp asof ek  niks weet nie.  Ja, ok, ek weet meestal van die tyd nie al die ouvrou goed nie, maar julle weet mos by die tyd hoe my kop werk.  My brein is al ver ver verby, ek hoor eintlik nie eers meer wat gesê word nie, my reaksies kom vanself.  Binne in my kop, skud my kop links en regs, soos wanneer mens moed opgee.  Die geskud word veroorsaak deur die erge irritasie in my brein.  Ons is nou klaar met oumense, om nou sommer die onderwerp ook te verander, wat my eintlik irriteer is as iemand agter kom hy weet iets, en dan die oomblik aangryp vir bietjie erkenning.  Die stortvloed van woorde, jy sal dit nie glo nie.  Fuck! wie worry hoe slim jy is.  As ek wou weet het ek gevra.

Ons oumense, jong, ons kan moeilik raak. 


Sunday, 1 January 2012

Net 'n ietsie

Ek kry die gevoel dat ek beter samewerking van julle sal kry in die nuwe jaar.  Ek het julle nou al goed uitgevreet en beledig oor al julle ou vals maniertjies.  Nou kan ek laat waai, niks sal julle meer skok nie.  Snaaks né, toemaar, ek weet ook nie hoe dit werk nie.

Wat belangrik is, is dat ek julle opgevoed moet kry.  Julle kan nie so blind deur die lewe gaan nie.  Wanneer laas het jy iets impulsief gedoen?  Iets wat almal geskok het?  Ja, ek kan praat.  Ek doen dit kort-kort.  Ek kan vir julle ‘n hele paar voorbeelde gee.  As ek sê impulsief hoef dit nie noodwendig iets vreesliks te wees nie.  Die erge goed sal ek later met julle deel.  Julle is nog nie heeltemal reg daarvoor nie.  Tussen 40 en 50 jarige ouderdom, het ek leer dig, ek het bekeer van sommige sondes, ‘n vegetarier geword, ek het begin langafstande stap, ek het my hare blond gekleur en tot my hare stomp af gesny.  Toe gaan trou ek boonop, tot baie mense se verwarring weet hulle nooit of dit my seun of my man is nie.  Nie dat ek so oud lyk nie, dis net dat my hubby so sexy is.  En dis ook maar net oor ek hom op sy tone hou.   Laat ek dink, ek moet seker maar ietsie uit die mou laat, anders is julle nou weer teleurgesteld.  Hierdie is soort van ‘n sprokie, wat toe nooit ‘n gelukkige einde gehad het nie.



Ek het op ‘n dag besef dat eenmaal was hy my ondergang gaan beteken.  Die keuse wat ek moes maak, was onvermydelik.  Ek moes hom laat toesluit vir 3 maande oor sy wangedrag, en het ewe getrou besoek gaan aflê.  Niks kon in elk geval tussen ons kom staan het nie.  Daar was nog steeds ‘n smeulende passie tussen ons.  Die dag met sy vrylating was dit weer net ek en hy en te hel met die wêreld en al die klagtes wat hulle teen ons het.  Tot die judge het ons ongelowig aangekyk.  So was dit: van die eerste dag af wat ons ontmoet het, het die vonke gespat. 

Ek is bevriend met iemand, ons maak reg om op vakansie te gaan.  Hy is besig om die karavaan te pak.  Ek bekyk die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou Clicks toe.  Ek klim in my kar en ry weg.  Eenmaal was hy, hy wag vir my, ek verdwyn vir 2 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

Ek sit by die werk, so pas aangestel.  Die telefoon lui, eenmaal was hy, hy wag vir my, ek oordink die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou poskantoor toe.  Ek klim in my kar en ry weg, ek verdwyn vir 3 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

i love you Romantic Pictures Love Images Hearts Glitter Graphics Myspace


Ek hoor niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar, toe dink ek aan jou.  Net aan jou. 

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar vir die tweede keer toe dink ek aan jou.  Net aan jou.

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet: ons het op ‘n leeu afgekom wat loop waar hy nie moet loop, toe fight ons hom tot agter op die bakkie, in die proses het hy sy poot gesny.  Fauna en Flora sien die bloed en eien die hare toe hulle toevallig verby die bakkie stap.  Hulle sluit my net daar toe.
  
Eenmaal was hy, wat doen jy!!


MY HART WORD NET VERSAG

deur gedagtes aan jou.  Woorde skarrel wanneer ek dit wil neerpen.  Woorde van smart het ek genoeg,  woorde oor jou kry ek nie.  Hoe kan ek dig oor liefde en blomme as dit reeds teruggekeer het na die stof wat dit was.  Uitgestrooi op die wildernis se vlakte – waar jou lewe was.  Soos wat jy was,  wilde man van my. 

Jy

 praat die praat
wat my in ekstase laat
druk my vas
met brute krag
dwing jou aan my op
jou aanval stoer
ek’s oorweldig
bedwelm
ek gee oor

O, Wat ‘n Man !  

 my gentleman

Jy

Sê my, toe die doodsengel jou die derde keer in die gesig staar, dink jy toe aan my? Net aan my?


Hallo 2012







Laat ons mediteer. (ek hoop julle verstaan Engels)
                                                                                                           
Some Practical Suggestions:
It is good, for instance, to keep to the same time for the daily meditation practice – early morning is suggested, for the mental world is quiet then; and the morning meditation can irradiate the whole day.  Meditate if possible in a quiet, prepared place; and ideally, always use the same chair.  This is because the chair and the place become associated with the meditative state; they begin to acquire an aura of quietness which in itself becomes a protection from the busy-ness of the world.  The chair should be comfortable and upright so that the body can be held poised and erect, spine straight, without strain of tension in any part of the body.  A simple way of relaxing the shoulders and the back of the neck, where so much tension is centred, is to shrug the shoulders once or twice and then try to feel their weight and the weight of the arms; also to let the head drop forward and feel its weight and the stretch at the back of the neck, before gently straightening again.  The ankles should be crossed, right over left, and the hands lie cupped in the lap, left in right, in a relaxed attitude of quiet surrender and waiting upon God.  The whole body is poised yet relaxed, at peace yet alert.
Now, begin to breathe a little more deeply, a little more slowly, but quietly and gently, without strain, listening to the quiet rhythm of your own breathing.  As you do this the active mind begins to become still and the consciousness is slowly withdrawn from the outer to the inner world of stillness and meditation.
The return from the deep inner awareness to consciousness of the everyday world should be slow and deliberate, perhaps through picturing a beautiful garden and resting there for a while amid the perfect beauty and colour of the world of nature.  Then again use the breath to help bring you ‘back to earth’; breathe deeply and strongly, and as you gradually and deliberately become conscious of the physical body feel that with each breath the body is becoming filled with light.  In imagination see the brow, throat, heart and solar plexus centre ‘sealed’ with the cross of light within the circle of light, and see the whole body encircled by a ring of light.

    

THE STILL VOICE
A White Eagle book of meditation

THY WAY, NOT MINE

Be patient, brethren.  Your work is in the plan, and the plan will unfold when you yourself have learned wisdom; when you have been prepared, perhaps through extreme difficulties in your physical life, for the work you have to do.  Your troubles and frustrations are all part of your preparation, all helping you to become a more receptive instrument for the power of the spirit.  Obey your conscience, the word of God in your heart.  Bear difficulties courageously, and never lose faith.
We have said throughout the years, ‘keep on keeping on’.  This is the magic phrase – steadfastness.  Pursue your path in spite of obstacles and difficulties.  Sometimes the tests come thick and fast until you feel that you have had quite a battering; as you get up from one test, down you go with another.  Do not be discouraged by this, but keep on faithfully, trusting that divine love and law which will eventually bring truth and wisdom within yourself; for you learn, not through words, but through your reactions to the tests.
When you can kneel before the altar of your inmost being and say, ‘Not my will, O Lord, but Thy will.  I humbly accept,’ then the strength will come to you; joy will light your life and you will see truth; you will see divine law working out in human life.  And believe us, this vision of the divine law at work in human life, in spiritual evolution, brings indescribable happiness.
The bretheren bless you and tenderly love you.  Think of their love for you and it will help you upward.  They know your need; the supply is limitless.


We visualise the symbol of the cross of light encircled by light.  The cross is man himself in incarnation but held always in the circle of God’s love.  Try to feel that you are the cross, with arms outstretched in giving and in surrender to God’s great love.  As you do so you become aware of a perfect rose at the centre of the cross – your heart.
As you meditate, the rose grows in size and you are enfolded in its fragrance – you are within the temple of the rose; its walls are soft and translucent, shining with rose-tinged light.  You are surrounded by your spirit bretheren and supported by their love.