Ek het nog nooit ‘n besluit geneem op grond van liefde nie. As ek terugdink aan die eerste belangrike grootmens-besluit, was dit ook gegrond op wat vir my op daardie stadium na die regte besluit gelyk het, never mind hoe ek gevoel het. Ek twyfel sterk of ek genoeg 'gevoel' het. Met my laaste belangrike besluit was dit dieselfde storie. Ek wonder of ek ooit vir enige iets of iemand genoeg gevoel het in my leeftyd. Rym dit nie met sommige van my gedigte nie, ja, mens kry soms ‘n swak oomblik, maar gelukkig gaan dit baie vinnig oor. Ek het gesê dat ek onlangs eers verstaan het van: as jy nie die liefde het nie, dan het jy niks. Ek het gepraat van die ouvrou en die hond en my betrokkenheid by hulle; daar was naaste-liefde. Ek het ook gepraat van my ouers. In my ouers se geval is dit net hulle oumens-onskuld wat hulle laat glo daar is ‘n beter lewe daar buite. Hulle glo aan die liefde iewers anders tussen twee mense, maar ek kan nie saamstem nie. Ek sien niks. Is dit 'n spook-gevoel? Iets wat baie min mense kan voel aangesien hulle nie met die helm gebore is nie. Soos ek, ek het nog nooit 'n spook gesien nie, maar is al lastig geval deur whatever. Ten minste het ek defnitief geweet iets gebeur, maar die liefde-ding is maar duister vir my. Nou wil julle seker weer spookstories uit my kry. Ek kan nie heeldag sit en gesels met julle nie. Dit lyk suspisieus as ek so doening is heeldag tussen die cel en die blog. Ek dink tog my gedig is gepas vir vandag. Dis net te uitputtend om dinge saam te wil doen. Ek vind dit minder teleurstellend om net te doen wat jy moet doen sonder enige verwagting of behoefte aan 'n klein rukkie se gesels of saamwees met iemand, want mense dink dis liefde. Dis alles snert. (het so baie mense helms?)
EK KOM TOT DIE GEVOLGTREKKING
Dat dit beter is om nie lief gehê te word nie
en ook om nie lief te hê nie
Daar is niemand wat omgee of jy heeldag in jou nagklere rondloop nie
Niemand wat omgee of jou hare gekam is nie
Niemand wat jy jou drome of denke mee kan deel nie
vir wie jy moet mooi lyk nie
wat jou opgewonde maak nie
wat waardering het vir die dinge wat jy graag perfek wil hê
en daarom laat gaan jy …
en wonder tot op watter graad moet jy laat gaan om jou en in jou…
Dis alles net ‘n eweredige bestaan in jou eie wêreld en denke
en jy besef hoekom mense afsonder
hoekom hulle waardes daal en hulle skielik
vir niks en niemand meer omgee
Die drome van eens het vervaag
die gevoelens het gekwyn
die verwagting wat jy gehad het, het verdwyn
No comments:
Post a Comment