Hoekom verwonder ek myself aan mamma’s wat so getrou hul maakseltjies aflaai by die skool asof hulle ‘n medalje behoort te kry. Wat is so edel daaromtrent. En die gehardloop langs die veld wanneer dit atletiek-tyd is. En as daar ‘n verjaardag te vier is, dan word die maatjies genooi en daar word koek gebak en die mamma neem net foto’s. En die maatjies word tot geag as belangrik want daar word gelag en gesels met die arme goed. Dit maak my siek. Ek kyk met ‘n koue hart na die prentjie.
Ek wonder of in meeste gevalle die foto’s ook maar net ‘n manier is om die vreeslike gelukkige gesin op geskiedenis vas te lê, want die werklike lewe by die huis is ietwat anders. En die ou kindertjies is uitgelate en smile breed vir die kamera, want die oomblik behoort aan hulle. Net die oomblik. En die uitstalling van die foto’s hang die hele huis vol om die wêreld te bedrieg.
Ok, daar kan dalk ietsie van die waarheid wees as jy mooi soek. As ek alles so beskou dan voel dit asof al die mamma’s se gesigte ‘n valsheid aan het. En hoe harder ek probeer om die edelheid raak te sien, hoe meer sien ek niks.
No comments:
Post a Comment