Wednesday, 20 November 2013

Wondermiddels op die Mark


Ek neem aan dis daai ribbebeen wat al die moeilikheid veroorsaak.  Dis asof mens nooit ontslae kan raak van daai been nie.  Dit groei in alles in. 


Sissie sê ek sit net heeldag by die huis en Oros drink.  Ye blerrie right.  Dit hou my positief.  

My arms is vol blou kolle.  Dis alles sissie se skuld.  Hy bly hang aan my arms.  Ek het nou een graad r in die huis en een graad 5.   Julle weet nie waardeur ek gaan nie. 

Die champ glo vas aan sensodyne.  Dis tandepasta. Elke keer voor sy gaan kick x ass dan borsel sy eers tande met dit, want, sy sweer daarby, keer dat hulle haar tande uitskop.




Wednesday, 30 October 2013

31 Oktober 2013

My timing is uit.  Ou kar op 50.  Ten Volle Werkloos.  Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons 3e huweliksherdenking.  Sissie skrik so groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie.  Herinner hy my vanoggend van die spesiale geleentheid.  Vir julle jongetjies klink dit seker soos ‘n horror movie.   Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so erg.  Bejaardes met ‘n positiewe denke, is soos graad R’e.  Vol stories en lag.  Ok stront ook. 
Die vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude.  Klaar met julle.  Ek voel soos Kupido Kakerlak.  Desperaat en magteloos.  Hy het tot die bitter einde sy geloof behou en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg. 
Dis omtrent 2 jaar later.  Dis weer tyd om jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.  Medium of Large.  Ek dink die medium het geskeur omrede die materiaal swak was.  Ek gaan hulle sue.  Om een of ander rede is die medium se lap sagter by die rek.  Die blerrie goed is duur.  Sal maar net eers 2 koop.  Dink julle die large gaan te groot wees?  Dalk moet ek net eers 1 large koop.  As die lap mooi hou by die rek, dan is die large se materiaal defnitief sterker.    Skelms. 
Arme kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie.  Sukkel om ‘n doring uit haar voet te kry.  Dan is die bril op, dan is die bril af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.  En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal onmoontlik.  Toe plak ek maar ‘n pleister op.  Die doring in die vlees.  Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder weg.  Mense hoef nie alles te sien en te weet nie. 


There’s a new girl in town.  Maggie is haar naam.  


Tuesday, 22 October 2013

Ek Is




Die wêreld het te slim geraak vir ons.  As jy uit jou comfort-zone uitklim, en jy gaan beproef al die moontlikhede buite die sfeer, (‘n bal word as ‘n soliede figuur beskou wat deur ‘n sfeer beperk word) dan kom jy agter dat nes in Noag se tyd, die mens te slim vir sy size geword het.  En dis nou so lank daarna, hulle is nóg slimmer.  Dis ontstellend.  As God toe al ons goedjies wou uitwis, hoe sal hy nóú voel?  Ek is die bal.  Die sfeer beperk my.  Genade. 
As ek, (arme werklose) in die oggend die vyand afsien, staan Gunth so ewe en kyk dat hulle beslis vertrek, skaars uit by die hek, onder sy toesig, sy wakende oog, hardloop hy die huis binne, baas van die plaas.  Maak homself tuis, terwyl die een ou ogie ewe rondloer so ver ek beweeg.  My skaduwee. 
Ek praat van ontstellend.  Ons spartel, elkeen probeer net vooruit kom, net genoeg om te oorleef.  Almal trap oor almal, nagte word daar oordenking gedoen, planne in die nag, is anders as planne in die dag.  Party word goed gebore in die donker, maar wanneer die lig op die horision verskyn, verloor dit eweskielik krag.  Hier en daar is daar een wat darem  ontwikkel.  Dis asof met die lig, ons braafheid ietwat verlore raak. 
Gunther het wraggies gister deur die venster geklim.  Ek is besig met opleiding.  Aangesien ek werkloos is, moet ek elke minuut gebruik asof dit die laaste keer is wat ek iets produktief sal bereik.  Dis belangrik dat, in geval van nood, hy weet hoe om my te bereik. 
En intussen, sjoe sjoe, blaas blaas, sjoe sjoe, dit die hele huis vol.  Ek kyk angstig rond.  In hierdie oomblikke van onsekerheid, gooi dit my heeltemal van balans af.  Dis wat jy noem kickboxer-sindroom.  Hulle het nie einde. 
Ja, soos ek altyd sê, dis alles net soos wat Prediker dit op die hart het.  Wyse woorde.  Niks, alles niks, ons niks, niks is niks.  Daar is net Ek Is.


Sunday, 30 June 2013

BeyondTheGates (Pty) Ltd




Wat bedoel julle?  Laaste keer geblog in Meimaand?  Yes, dead right.  Julle verstaan nie die tye waardeur ek is nie.  Van kluisenaar-vrou tot moeder, van mislukte beroeps-vrou tot my eie besigheid in ‘n kwessie van 2 maande.  Ek glo dan moet daar iewes ‘n letsel wees.  If you know what I mean.

Ja, ek is nou ‘n security babe.  Ek sal probeer om ‘n bitch van ‘n security babe te wees, want dis hoe dit moet wees.  Ek is deur diep waters.  Mentally en anders ook.  Hoe lyk die logo?  Hoe laaik julle die naam?  Cool.  Ek voel ‘n nuwe mens.  Ek was so besig, dat ek vergeet het hoe om so te wees dat amper niemand van my hou nie.  Ja. Ja. 
Ek het wraggies vandag die moed gehad om my beddegoed om te ruil.  Die lekker sagte warm rooi duvet het al die donse van die kombers opgetel, en sover ek en my kind asemhaal, kry ons hooikoors.  Maar ons lê.  Ek het nou vanaand ‘n ander plan gemaak.  Die dun koue duvet is terug op die bed, darem skoon ok, en ek het die baba-katte se warmwater-sakkie  wat met elektrisiteit  werk in die bed gaan sit.  Ek hoop nie daar is intussen ‘n brand gewees nie.  Sal seker iets geruik het.  Daar is nie nou geld vir elektriese komberse nie.  Met kattie Oupatjie se mangelontsteking, kattie Oupatjies se gebreekte tand, kattie Ronnie se vrot tande, in ‘n kwessie van 2 maande moes Johan R5000 uithaal.  I am telling you the truth!.  Ons leef in stress en armoede.  Ek toets nou hierdie metode vir bietjie hitte.  En intussen brand die verwarmers in Johan se kamer, en in my studeerkamer.  Dis wraggies te koud om vrekkerig te wees.  My suster is dalk oppad hierheen.  Ek lê nagte wakker en dink hoe gaan ek haar laat werk.  Sy kan my help met die Sangfees, sy kan my webblad skep, sy kan kos maak, sy kan my help tik ....... Wat?  Moenie stupid wees nie.  Ledigheid is die duiwel se oorkussing.  Vra haar sy sal getuig!   Sy moet uitgaan in die veld en die besigheid gaan haal.  Sy is ‘n sexy babe.  Wow.  Kan julle sien hoekom kan ek nie slaap nie? Soveel moontlikhede in die lug.  My brein skakel nie af nie.

Dan net om my heeltemal van stryk af te bring, kom vra iemand my of ek dieselfde tipe werk wil doen wat ek nou doen, net op ‘n ander plek.  Nee regtig.  Ek kan nie ‘n oomblik langer in hierdie beroep bly nie.  Ek het genoeg gehad.  Ek wil uit.  Uit buite toe, uit, Beyond the Gates.

Wednesday, 22 May 2013

Hallo daar!


Julle het lank nie van my gehoor nie.  Party mense hou my soms lank besig.  En dan hou dit aan vir dae, if you know what I mean . . . 

Saturday, 4 May 2013

Die Ultra Walk 301 fotos



https://www.dropbox.com/sh/fpo9jvyua20rlo0/1oPk9uoTeW



https://www.dropbox.com/sh/lyljvw0zu916nc9/TNIIciEpa7






Thanks!


My broer se geskenk aan my jare terug toe hy uit die "army" gekom het en net begin werk het, was 'n goue hangertjie.  Ek glo nie daar was so baie geld vir die hangertjie nie, maar hy het dit somehow gedoen. Baie dankie.  Daar gaan soveel gedagtes en emosies deur my as ek terugdink aan ons lewens, Maar dankie ons Vader vir U grote genade.

Op 'n ligter nood voor julle nou weer aan die tjank gaan.  (Wat is fout met julle)

Ek en Gunth sit vandag op die stoeptrappie heel in die hoek van die erf.  Ek praat met my Pa op die foon, en Gunth luister alles so met die een oor.  Ek sien J kom aangestap, en onthou julle die vorige episode sonder die hemp en die kat?  Nee, julle onthou nie,  nee man, gaan lees terug op die blog!  Ek sien J kom aangestap, en ek sien G staan op.  Nou veel meer hoef ek seker nie te vertel nie.  Volgende oomblik spring G en J begin te skop, ek stupid, weer tussen in.  En dit hou aan, J gryp die graaf, ek keer, J gryp die tuinvurk, ek skree!!!! J skree vir my: geepad hier!  O my!  Kyk, dat daar nog nie bloed gevloei het nie, is 'n genade.  Agterna toe dink ek, Gunth dink seker as ek so rondspring al oor die geveg dat ek en hy aan dieselfde kant is, jy weet, ons is die goeie ouens, ons baklei saam teen die slegte ouens.  Nee man Gunth, jy verstaan verkeerd,  Ek veg nie saam nie, ek probeer keer vir jou arme mooi gesiggie en veral die tande.  Weet julle wat kos tande deesdae??  J beweer dat G hom een van die dae erg gaan byt.  Nee man, hy sal nie, moenie worry nie?  Behalwe vir die krap op die pens, geen ander letsels nie.  More is weer klassie vir Gunth.  Sal maar 2 strespille drink voor ek gaan.