Thursday, 20 February 2014

HAPPY BIRTHDAY SON

Ai, my ou seun.  Hy het wragtag my bloed in sy are.  Ons hou daarvan om statements te maak.  Daar sit hy in die wye wêreld.  Doen sy ding.  Ye right, hy het die klomp plakkers gewys hoe om te operate.  Well done.  Happy birthday.  (ek praat maar bietjie engels, in case hy nie meer Afrikaans verstaan nie)  Yes my son.  You proofed to the world that you can do it.  Yebo.  Yes.  Thank you for keeping up the family name.  The family spirit.  Yebo. 
For understanding the needs within our hearts.  To brake away.  Cool.  How is your wife.  It looks like you do not want to share information.  Why?  What have we done to yoo.  If you do not want to talk, send money.  Yebo yes.  Africa is a poor country now.  We are fighting the struggle.  But as long as we can plant, we will and we will eat.  We boers will not go under. 
Tell me, how many bedrooms is there in you house. Is it possible to rent a container.  This side we can not, we must first pay.  I was thinking, if you rent a container, we all could go there.  Lets do a countup:
7 cats
1 dog
1 bird
1 rabbit
1 hamster
1 boertjie
1 crazy mama
1 oupa and 2 dogs
1 ouma
Don’t worry.  Once we are there, I will find a job.  We could help you and the wife with a litte xtra income.  Let me know.  Now, the day after you birthday, go the the visa-office.  Tell them they must send me the paperwork.  Maybe, I will wait a while before I start a job.  I need time to get to know my daughter in law. 
Oupa can get to know the neighbours and so on.  I am sure they will love little Africa culture.  You should learn from oupa before he dies. 

You must prepare your wife.  We do not eat much.  Maybe she can work a little overtime till we settle down.  And remember what your mother taught you about woman.  

Saturday, 8 February 2014

LIFE

Ja, so kom alles tot ‘n einde.  Die instaan-ouerskap in die huis het na ongeveer 6 maande ‘n dramatise einde bereik.   Ek lewer nie kommentaar.  Ander mense se goed behoort aan hulle.  Ek volstaan daarby.  Dankie aan sissie wat onbaatsugtig dadelik sy plek volgestaan het, op alle gebiede, sonder een klaaglied.  Partydae het ek gewonder of hy die boetie is, soos wat die twee my klaar gemaak het.  Het my laat terugdink aan my laerskool dae toe ek en my broer nog saam moleste op die dorp veroorsaak het met ons bakleiery in die straat.
Sorry, het gou uitgegaan buite toe.  Sissie skiet alweer na Gunthie met sy bbfokkon gun.  Ek is skoon nat gesweet.  Dis die rede hoekom ek beplan om te verhuis.  Sissie maak my klaar.  Van sy oë in die oggend oopgaan, tot saans, fok hy met my.  Ek is besig met mega beplanning.  Sissie is ingelig.  Ek herorganiseer ens. ens.  Die dag as my kop uithaak, dan is alles gereed.  Of dit gebeur, of dit gebeur glad nie.  If you know what I mean.    
Die nuwe werk het ‘n verskriklike tempo.  Ek moes baie vinnig my oumens maniere eenkant toe gooi.   My blerrie-wil 2 maande gevat om by te kom.  Om raak te vat.  Party dae sloer ek nog so bietjie, asof my kop wil stilstaan.  Ek dink dis skok.  Maar tussen die skok deur, geniet ek die werk.  Die ure is lank.  Help nie om verder te verduidelik, julle is in elk geval te fokkon dom.
Dit voel asof alles weggevat word by my.  Let wel, dit voel net so.  Ek het geleer om te ontsnap van die werklikheid.  Ek kyk movies.  Dis al wat my gedagtes gevange hou.  Dis asof alles (?) wat eers saak gemaak het, hul waarde verloor het.  Ek wil (moet) nou net opstaan, gaan (moet) werk, terugkom huis toe, movies kyk, die diere versorg. 

En asb. as julle iets wil weet, vra iemand anders.  Moenie my vra nie.  As julle wil weet van ander mense, vra hulle self.  Ek is nie die inligtingsburo vir Gauteng nie.  Ek is op die oomblik fokkol.  Ek wil niks vir niemand doen nie.  Julle konte, oud en jonk, waardeer dit in elk geval nie.  Fokof, gaan kla op ‘n ander plek.  Doos-off.

Wednesday, 20 November 2013

Wondermiddels op die Mark


Ek neem aan dis daai ribbebeen wat al die moeilikheid veroorsaak.  Dis asof mens nooit ontslae kan raak van daai been nie.  Dit groei in alles in. 


Sissie sê ek sit net heeldag by die huis en Oros drink.  Ye blerrie right.  Dit hou my positief.  

My arms is vol blou kolle.  Dis alles sissie se skuld.  Hy bly hang aan my arms.  Ek het nou een graad r in die huis en een graad 5.   Julle weet nie waardeur ek gaan nie. 

Die champ glo vas aan sensodyne.  Dis tandepasta. Elke keer voor sy gaan kick x ass dan borsel sy eers tande met dit, want, sy sweer daarby, keer dat hulle haar tande uitskop.




Wednesday, 30 October 2013

31 Oktober 2013

My timing is uit.  Ou kar op 50.  Ten Volle Werkloos.  Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons 3e huweliksherdenking.  Sissie skrik so groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie.  Herinner hy my vanoggend van die spesiale geleentheid.  Vir julle jongetjies klink dit seker soos ‘n horror movie.   Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so erg.  Bejaardes met ‘n positiewe denke, is soos graad R’e.  Vol stories en lag.  Ok stront ook. 
Die vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude.  Klaar met julle.  Ek voel soos Kupido Kakerlak.  Desperaat en magteloos.  Hy het tot die bitter einde sy geloof behou en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg. 
Dis omtrent 2 jaar later.  Dis weer tyd om jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.  Medium of Large.  Ek dink die medium het geskeur omrede die materiaal swak was.  Ek gaan hulle sue.  Om een of ander rede is die medium se lap sagter by die rek.  Die blerrie goed is duur.  Sal maar net eers 2 koop.  Dink julle die large gaan te groot wees?  Dalk moet ek net eers 1 large koop.  As die lap mooi hou by die rek, dan is die large se materiaal defnitief sterker.    Skelms. 
Arme kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie.  Sukkel om ‘n doring uit haar voet te kry.  Dan is die bril op, dan is die bril af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.  En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal onmoontlik.  Toe plak ek maar ‘n pleister op.  Die doring in die vlees.  Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder weg.  Mense hoef nie alles te sien en te weet nie. 


There’s a new girl in town.  Maggie is haar naam.  


Tuesday, 22 October 2013

Ek Is




Die wêreld het te slim geraak vir ons.  As jy uit jou comfort-zone uitklim, en jy gaan beproef al die moontlikhede buite die sfeer, (‘n bal word as ‘n soliede figuur beskou wat deur ‘n sfeer beperk word) dan kom jy agter dat nes in Noag se tyd, die mens te slim vir sy size geword het.  En dis nou so lank daarna, hulle is nóg slimmer.  Dis ontstellend.  As God toe al ons goedjies wou uitwis, hoe sal hy nóú voel?  Ek is die bal.  Die sfeer beperk my.  Genade. 
As ek, (arme werklose) in die oggend die vyand afsien, staan Gunth so ewe en kyk dat hulle beslis vertrek, skaars uit by die hek, onder sy toesig, sy wakende oog, hardloop hy die huis binne, baas van die plaas.  Maak homself tuis, terwyl die een ou ogie ewe rondloer so ver ek beweeg.  My skaduwee. 
Ek praat van ontstellend.  Ons spartel, elkeen probeer net vooruit kom, net genoeg om te oorleef.  Almal trap oor almal, nagte word daar oordenking gedoen, planne in die nag, is anders as planne in die dag.  Party word goed gebore in die donker, maar wanneer die lig op die horision verskyn, verloor dit eweskielik krag.  Hier en daar is daar een wat darem  ontwikkel.  Dis asof met die lig, ons braafheid ietwat verlore raak. 
Gunther het wraggies gister deur die venster geklim.  Ek is besig met opleiding.  Aangesien ek werkloos is, moet ek elke minuut gebruik asof dit die laaste keer is wat ek iets produktief sal bereik.  Dis belangrik dat, in geval van nood, hy weet hoe om my te bereik. 
En intussen, sjoe sjoe, blaas blaas, sjoe sjoe, dit die hele huis vol.  Ek kyk angstig rond.  In hierdie oomblikke van onsekerheid, gooi dit my heeltemal van balans af.  Dis wat jy noem kickboxer-sindroom.  Hulle het nie einde. 
Ja, soos ek altyd sê, dis alles net soos wat Prediker dit op die hart het.  Wyse woorde.  Niks, alles niks, ons niks, niks is niks.  Daar is net Ek Is.


Sunday, 30 June 2013

BeyondTheGates (Pty) Ltd




Wat bedoel julle?  Laaste keer geblog in Meimaand?  Yes, dead right.  Julle verstaan nie die tye waardeur ek is nie.  Van kluisenaar-vrou tot moeder, van mislukte beroeps-vrou tot my eie besigheid in ‘n kwessie van 2 maande.  Ek glo dan moet daar iewes ‘n letsel wees.  If you know what I mean.

Ja, ek is nou ‘n security babe.  Ek sal probeer om ‘n bitch van ‘n security babe te wees, want dis hoe dit moet wees.  Ek is deur diep waters.  Mentally en anders ook.  Hoe lyk die logo?  Hoe laaik julle die naam?  Cool.  Ek voel ‘n nuwe mens.  Ek was so besig, dat ek vergeet het hoe om so te wees dat amper niemand van my hou nie.  Ja. Ja. 
Ek het wraggies vandag die moed gehad om my beddegoed om te ruil.  Die lekker sagte warm rooi duvet het al die donse van die kombers opgetel, en sover ek en my kind asemhaal, kry ons hooikoors.  Maar ons lê.  Ek het nou vanaand ‘n ander plan gemaak.  Die dun koue duvet is terug op die bed, darem skoon ok, en ek het die baba-katte se warmwater-sakkie  wat met elektrisiteit  werk in die bed gaan sit.  Ek hoop nie daar is intussen ‘n brand gewees nie.  Sal seker iets geruik het.  Daar is nie nou geld vir elektriese komberse nie.  Met kattie Oupatjie se mangelontsteking, kattie Oupatjies se gebreekte tand, kattie Ronnie se vrot tande, in ‘n kwessie van 2 maande moes Johan R5000 uithaal.  I am telling you the truth!.  Ons leef in stress en armoede.  Ek toets nou hierdie metode vir bietjie hitte.  En intussen brand die verwarmers in Johan se kamer, en in my studeerkamer.  Dis wraggies te koud om vrekkerig te wees.  My suster is dalk oppad hierheen.  Ek lê nagte wakker en dink hoe gaan ek haar laat werk.  Sy kan my help met die Sangfees, sy kan my webblad skep, sy kan kos maak, sy kan my help tik ....... Wat?  Moenie stupid wees nie.  Ledigheid is die duiwel se oorkussing.  Vra haar sy sal getuig!   Sy moet uitgaan in die veld en die besigheid gaan haal.  Sy is ‘n sexy babe.  Wow.  Kan julle sien hoekom kan ek nie slaap nie? Soveel moontlikhede in die lug.  My brein skakel nie af nie.

Dan net om my heeltemal van stryk af te bring, kom vra iemand my of ek dieselfde tipe werk wil doen wat ek nou doen, net op ‘n ander plek.  Nee regtig.  Ek kan nie ‘n oomblik langer in hierdie beroep bly nie.  Ek het genoeg gehad.  Ek wil uit.  Uit buite toe, uit, Beyond the Gates.