Saturday, 16 June 2012



Retards, en dan die patete.  Watter een is die ergste?  Party mense se lewens is net altyd ‘n fok-op.  Niks werk reg uit vir hulle nie, seker omdat hulle ‘n trappie verder gaan as die retards.  Ek dink mens raak eers ‘n retard, en dan verander jy in ‘n pateet.  Soos ‘n vlinder.  Eers word jy gebore as ‘n vlinder, dan bou jy jouself toe met die somme van drie in jou klein klein koppie, en dan verander jy in die wurm.  Daar is nie nog ‘n trappie verder as die pateet nie.  Daarna volg die dood.  Of jy vrek van die honger oor jy ‘n pateet is en fokkol kan reg doen, of iemand donner jou dood oor jy so fokkon “unbearable” is.  Ek is sissie se ergste horror droom.  Daar is drome oor ‘n mooi vlinder, dan is daar nagmerries oor ‘n gothic vlinder en dan is daar horror-drome oor horror vlinders.  Ek speel die heeltyd die hoofrol in laasgenoemde.  Maar, die droom hou nie op as die dom ogies oopgaan nie, die droom hou aan en aan.  En by dit als, word die horror ook net altyd erger.  Van ogies oop tot ogies toe.  Dis ‘n baie interessante eksperiment waarmee ek besig is.
Soos ek gesê het, die eksperiment sal my dalk ryk maak, as ek dit kan publiseer op my blog teen  R5.  Daar is soveel van hierdie onaangename “goed” – dis mos nie meer ‘n mens nie – dat teen ‘n skamele R5 sal ek binnekort die rykste persoon wees was julle ooit van gehoor het.  Vir die ouens wat die goeie IK’s het, kom ek verduidelik so ligweg vir julle.  Maar voor ek begin, met my besondere vermoëns behoort ek suksesvol te wees, maar net in case, net in case ek op een of ander rede opeindig met enige, enige beserings, let wel: ek het nie van die trappe afgeval, of iemand het my nie omgery met ‘n bicycle nie.  Laat dan dadelik die saak ondersoek.  Baie van hierdie “goed” wat ons nou beweer is nie meer ‘n mens nie, is van die duister.  Hulle is die eintlike horror, my rol is maar net hoof-ondersteunend dat dinge kan vorder, anders bly ons die heel tyd op dieselfde plek in die droom.  Dit sal nou fuckt-up wees!  Kom ons kies ‘n beter woord vir hierdie goed waarvan ons praat.  Dis ‘n “ ‘n “ dink ek. Memoriseer dit asb.  Hoekom kom die ‘n ’s altyd na my toe.  Is ek die pragtige vlinder en al wat ‘n ‘n is, moet net by my wees?  Al verander ek in ‘n drol, dan sal al die ‘n ‘s ook by my wil wees, jy verstaan wat ek bedoel.  ‘n ‘n is ‘n niks.  Julle retards is nou seker heeltemal deurmekaar.  Toemaar, die ouens met die IK’s verstaan.  Onthou nou weer retards, niemand worry in elk geval oor julle nie.  So, ek sal altyd met ‘n kak sit wat net by my wil wees.  Behoede my!  Die eksperiment is nogal goed.  Die waarneming wat ek wil maak:  hoe lank vat dit voor ‘n pateet nie meer “kan” nie.  Julle het al gehoor ‘n ‘n sê: ek kan nie meer nie!  Dan crack die vol plat klein koppie en onskuldige mense word uit die lewe gehelp.  Die probleem is, die onskuldiges kon nie uit die dood uit praat en vertel waar die grens van ‘n ‘n is nie.  Ek het die spoed van my eksperiment aangedraai (so om en by 85% spoed-watt) , sodat ons gou by ‘n antwoord kan uitkom.  Wat sal ek ook nie alles vir julle doen nie.  Stuur solank die R5’e aan ten bate van die eksperiment (hopelik nie my hospitaalkoste of begrafnis nie), waaruit julle die voordeel sal trek sodra die uitslag bekend gemaak word.  

         

Sunday, 10 June 2012


Wat maak my swaar dra, omtrent alles waarop ek my oë lê is potensiaal bedroef.
Die huis waarby ek verby ry met die hond vasgemaak aan ‘n ketting.  Is daar darem ‘n warm slaapplek?  Moet hy heeldag aan die ketting bly?  Kry hy bietjie liefde?  Kry hy net  ‘n skop.  Ek sien hom ineenkrimp, ek sien sy weerloosheid.
Die katjie waarby ek verby ry, ek stop, maar uit ondervinding weet ek, ek sal die dingetjie nie gevang kry.  Hy sit my intens en dophou.  Natuurlik is hy honger.
Die liedjie wat in my kop draai en my gedagtes in ‘n rigting dwing wat my oë laat brand.
Mense wat my lewe geskend het, met wie ek nooit vrede sal kry nie.
Dae wat ek gedink het ek was gelukkig, as ek nou terugdink, vul dit my met walging, en ek walg aan die mense wat saam my was.
Ek walg aan al die mense.  Net so walg ek aan myself.  My klipkoue hart, my gedagtes, my optrede, my gesig, my lyf, alles van my.  Ek is deurdrenk van die sonde.  Ek is sonde.
In die oggend en laatmiddag loop mense met dun baadjies en broeke in die ysige koue.  Dis al wat hulle het.  Ek wonder of hul liggame na jare gewoond is aan min beskerming.
Die ouer mense wat hul lewens gewy het aan wat vir hulle belangrik was.  Wat is oor van hulle?  Niks.  Kinds. 
My ouers, stief of regtig, maak nie saak nie, daar bly iets tussen ons staan wat aanhoudende verwyte veroorsaak.  Dis tasbaar.  Hoeveel keer was ek al soontoe om my gewete te laat rus, maar wat ook al ek gedink het om te bereik, gebeur nooit. Die onverklaarbare bly staan soos ‘n soliede muur.
Met moeite probeer ek elke dag die beste werk lewer wat ek kan, dit bring net meer moeite en stres.  Soveel oneindige take wat heeldag deur my kop maal.  Met moeite probeer ek om alles te doen sodat my lewe beter kan wees.
Die miertjie en die by, met moeite beur hulle voort.  Dit maak my hartseer.  Ek weier om te glo ‘n dier is net ‘n dier.  Nee, hulle kan dink.  Hulle kry seer, hulle is honger en koud.  En die vetgatte vreet en slaap lekker en die miertjies en bye en maer honde vergaan in hierdie sondige sondige wêreld waarin ek nie ‘n verskil kan maak nie.  My lyf is te klein om al die dinge te kan verander.  Ek sukkel om my gedagtes te vergroot sodat ek al die dinge kan oordink.  Alles raak te groot.
Die Rotweiler by die kerk maak my hartseer.  Wat gaan van hom word as die Pastoor moet doodgaan?  Hoeveel jaar kan die Pastoor nog gaan?  Ek begin solank planne uitdink.  Dit maak my nog meer tranerig.  Dis belangrik dat hy my moet ken.  Ek maak seker hy ken my reuk.  You never know.
Hoe ver moet mense loop om by ‘n werk te kom?  Hoe vroeg in die koue en reën opstaan, en hulle aanvaar dit net, kla nie. 
En die kindertjies wat nie weet nie.  O my glory, dis heeltemal gek.  Is daar kos vanaand?  Is daar abuse vanaand.  Nee, Nee.  Ek is mal mal mal.  

Fokus op die goeie saadjies


Ek fokus maar op iets anders.  Julle retards verveel my nou erg hoor.  Ek meen, julle kan net omtrent 3 goed ordentlik doen, die res van die tyd weet julle self nie mooi waar julle is nie.  Ek dink dis hoekom julle koppe so plat is.  Die 3 goed word gedoen en gedink, dan word dit met 3 gemaal (x = ‘n sommetjie) dan is dit nou 9 in so klein koppie, die volgende keer wat jy weer die 3 goed dink, dan is dit nou 9 maal 3 = 27.  So word dit meer en meer, in so ‘n dom koppie kan ek verstaan dat ‘n persoon sal begin hallusineer. 
                                                                                                             
Ek boer nou.  My spinasie en tamaties is in die grond, en ek gaan nou my pampoenpitte plant. (gelukkig nie die pitte uit die retards se koppe nie, ha ha ha!)  Ek kry dalk ‘n moerse agro platkop rankplant soos Jan en die boontjierank.
Dis vrek koud vandag hier in Gauteng.   Pastoor sê nou die aand, Mara, jy mis al die aktiwiteite in die week hier by die Kerk.  Ek sê toe vir hom, jong, ek boer nou.  Ek het nie tyd vir vergaderings en ander goed nie.  So leer ons almal as dit kom by die saadjies wat hier en daar geval het, party op die regte plek, ander op ‘n slegte plek.  Tot sissie kom so ewe met ‘n uithaler-gesegde.  “Partykeer is daar een saadjie in ‘n pakkie wat nie kan dink nie”  Ja, dink ek.  En dan kry jy defnitief ook een saadjie in ‘n pakkie wat vir die hele fokkon pakkie moet dink!
Ek wonder of die retards die sommetjie nou self verder kan uitdink.  Nou volg 27 x 3 =


 

Monday, 28 May 2012

Katastrofes met 'n helmet


Ek wonder nou, die wat ek so in die lig staan lately.  Ek dink ek het iewers een of ander kragte ontvang.  Miskien het al die stres ‘n deel van my brein oopgesluit, of daar was ‘n ontploffing.  Hoekom?  Jy sal my wragtag nie glo nie!
Sissie tart my mos so, en jaag vir Gunther die wêreld vol, hy mag nie blaf nie, hy mag nie kak nie, hy mag nie klipkoppe vang nie.  Ek pluk my moer solid.  Gunther is nie ‘n pissie-meisie-lip nie jou dom kont.  So gaan slaap ek met my dik bek.  Ek sien al hoe maak ek groot kak.  Gunther het nie juis iets verkeerds gedoen nie, hy klim maar net so nou en dan deur die sitkamer se venster.  Nou ja, get a life! 
Ek word een uur vanoggend wakker.  Ek hoor goed.  Ek staan op, sit ligte aan,  kyk rond, alles is reg, gaan klim terug in die bed.  Nou lê en luister ek eers.  Dis koud as ek in die bed klim, maar later kry ek warm dan trek ek maar die langbroek uit.  Ek hoor weer goed.  Ek dink, wel, ek moet my gat lig.  Wil nie dat ek onkant gevang word deur crime en dan staan ek sonder ‘n broek nie.  Ek staan weer op, sit ligte aan, kyk, sien niks, gaan klim terug in die bed.  Neem kennis, dis die eerste nag wat ek so rusteloos is.  Tot Sandy, mamma-kat, hoor naderhand dieselfde goed.  Sissie staan op, kom vra my hoekom is ek so op en af.  Ek hoor goed, sê ek.  Hy gaan vorentoe om ondersoek in te stel.  Ek sien deur die gordyn hy loop buite met ‘n lig.  En wat wou?  Ek het nooit agtergekom die sitkamer se venster is oop nie, want ek neem aan die katte wat ek nie kan sien nie, is by hom in die kamer.  So het Bokka, plot-kat ‘n trick of twee geleer by Gunthie.  Sy het wragtig die venster oopgemaak en drie van die weerlooste katte is weg.  En waar, hulle loop die hele buurt plat en eindig drie ure later by die bure.  Dis die eerste keer in hulle lewens dat hulle buite die grens beweeg.  Nou vra ek jou, hier kan die met die goeie IK die antwoord kies.  Retards, hou julle bekke, ons worry in elk geval nie oor julle nie.
1.      Het ek met die ontploffing ‘n helmet gekry op my kop?  Die tye wat ek wakker was, was die katte lankal buite.  En die goed wat ek gehoor het, het geklink asof dit uit die dak kom, en een stadium hoor ek ‘n gekrap teen 'n deur in die gang.
2.    Was dit payback-time vir sissie oor hy my hond mishandel?  Amper is al sy katte moer toe; as my helmet my nie wakker gemaak het nie ....
Sissie het eers vyf uur weer in die bed gekom, nadat hy gesukkel het om die katte verby die hond te kry.  Bure se hond is nie Gunthie se shit werd nie.  In plaas van blaf vir sissie wat op en af is voor die erf om die katte uit te kry, hardloop die hond op en af en waai sy stert.  Welkome besoeker in die oggend-ure.  Ja, as jy wil stront maak, wees reg om dit te eet.

Sunday, 27 May 2012

D-day - still fucking with me?


Iewers het iets erg geknak in my kop.  Dis al 'n geruime tyd - dit raak net erger.  Ek dink dis die dom donners wat ‘n agro in my wakker gemaak het wat ek nie kan beheer nie.  Daar is ‘n padvark wat hom nie gedra nie.  Sissie vra, moet ek stop en hom donner.  Ek sê, stop dan donner ek hom.  Maar die woede is nie eintlik gemik teen die padvark nie, dis die mense om my, waarmee ek moet saamleef.  Sissie o.a.  Iewers het daar net ‘n lig deurgebreek wat die mense om my erg benadeel.  Ek staan in die lig, hulle fok iewers voor my in die lug rond, op ‘n ander planeet.  Haai! Hoei! Kan julle my hoor?  Wat het met julle gebeur?  Sissie, is jy nou ‘n alien?  Waar kom julle aan al die idees wat my so moerig maak, dat ek aanhoudend vloek en skel ens.  Ek kan nou nie regtig die ens. vir julle (met die goeie IK’s) vertel nie.  Dink dit maar self uit.  (die waardelose retards, julle is in elk geval te onnosel om te copy).      
Ek trek los soos ‘n trekklavier -  die retards sal nou nie mooi weet wat dit beteken nie – who cares?  (Niemand worry in elk geval oor julle nie)  Waar ek in die verlede stilstuipe sou kry, hou ek net aan en aan en aan, julle dommies dommies dommies weet mos .....
Sissie is o.a., soos ek bo genoem het, een van die wat weet hoe om my te roer.  Ek waarsku hom nou al ‘n geruime tyd, dat hy sy breindood kop moet regkry, maar hy luister nie.  Hy tart en tart, ek het begin om my d-day aanval te loods.  Die payback-pakkies staan mooi in volgorde gepak.  Net 'n kwessie van tyd.  Julle met die goeie IK’s – maak reg om die oorlog te aanskou, julle retards, julle is die teikens!  


Saturday, 26 May 2012

Do not fuck with me




Vir die poepolle wat nog nie weet nie, ek steur my nie aan stories nie, veral as ‘n poepol dit nog gespreek het, nog minder.  (probeer bietjie iets beter volgende keer, julle soort verveel mense met 'n goeie IK) Julle opinies is gewoonlik van geen belang nie.  Ek byvoorbeeld, hou nie daarvan om met dom donners geassosieer te word nie.  Daarom luister ek nie altyd na die hele storie wat ‘n poepol vertel nie.  (Jy moes seker al gesien het ek stap weg terwyl jy nog praat; ek is verbaas dat jy dit nog nie agtergekom het nie.  Kom ons kyk hoe waardeloos kan ek jou laat voel).  Dit vat nooit baie om daai deel van 'n vrot brein te trigger nie, aangesien daardie minderwarige deel reeds meeste van die tyd aktief is.  Ek verstom my net altyd dat sekere soort waardelose mense dink hulle is baie gewild by ander mense.  Toemaar, ek voel darem bietjie jammer vir julle.  Dink net volgende keer mooi voor julle ander mense kritiseer.  Glo dit of nie, sulke stront "kindergarden" goed wat jy vertel om iemand anders in slegte lig te stel, stel jouself in 'n stront-lig.  Want nou sien almal jou skynheiligheid raak, en begin hulle van jou skinder, dommie dommie dommie!  Hoe dink jy weet ek van jou stront?  Of glo jy nou ook nog by alles dat ek 'n siener is? Grow up!

Sunday, 20 May 2012

Good job, you went full retard!

WORTHLESSNESS

DO NOT FUCK WITH ME ........


DO NOT FUCK WITH ME ..........