Sunday, 24 November 2013
Wednesday, 20 November 2013
Wondermiddels op die Mark
Ek neem
aan dis daai ribbebeen wat al die moeilikheid veroorsaak. Dis asof mens nooit ontslae kan raak van daai
been nie. Dit groei in alles in.
Sissie sê ek sit net heeldag by die huis en Oros drink. Ye blerrie right. Dit hou my positief.
My arms is vol blou kolle. Dis alles sissie se skuld. Hy bly hang aan my arms. Ek het nou een graad r in die huis en een graad 5. Julle weet nie waardeur ek gaan nie.
Die champ glo
vas aan sensodyne. Dis tandepasta. Elke keer voor sy gaan kick x ass dan borsel
sy eers tande met dit, want, sy sweer daarby, keer dat hulle haar tande
uitskop.
Wednesday, 30 October 2013
31 Oktober 2013
My timing
is uit. Ou kar op 50. Ten Volle Werkloos. Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons
3e huweliksherdenking. Sissie skrik so
groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie. Herinner hy my vanoggend van die spesiale
geleentheid. Vir julle jongetjies klink
dit seker soos ‘n horror movie.
Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so
erg. Bejaardes met ‘n positiewe denke,
is soos graad R’e. Vol stories en
lag. Ok stront ook.
Die
vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude. Klaar met julle. Ek voel soos Kupido Kakerlak. Desperaat en magteloos. Hy het tot die bitter einde sy geloof behou
en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg.
Dis
omtrent 2 jaar later. Dis weer tyd om
jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.
Medium of Large. Ek dink die
medium het geskeur omrede die materiaal swak was. Ek gaan hulle sue. Om een of ander rede is die medium se lap
sagter by die rek. Die blerrie goed is duur. Sal maar net eers 2 koop. Dink julle die large gaan te groot wees? Dalk moet ek net eers 1 large koop. As die lap mooi hou by die rek,
dan is die large se materiaal defnitief sterker. Skelms.
Arme
kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie. Sukkel om ‘n doring uit haar voet te
kry. Dan is die bril op, dan is die bril
af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.
En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal
onmoontlik. Toe plak ek maar ‘n pleister
op. Die doring in die vlees. Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder
weg. Mense hoef nie alles te sien en te weet
nie.
There’s a
new girl in town. Maggie is haar naam.
Tuesday, 22 October 2013
Ek Is
Die
wêreld het te slim geraak vir ons. As jy
uit jou comfort-zone uitklim, en jy gaan beproef al die moontlikhede buite die
sfeer, (‘n bal word as ‘n soliede figuur beskou wat deur ‘n sfeer beperk word)
dan kom jy agter dat nes in Noag se tyd, die mens te slim vir sy size geword
het. En dis nou so lank daarna, hulle is
nóg slimmer. Dis ontstellend. As God toe al ons goedjies wou uitwis, hoe
sal hy nóú voel? Ek is die bal. Die sfeer beperk my. Genade.
As ek,
(arme werklose) in die oggend die vyand afsien, staan Gunth so ewe en kyk dat hulle
beslis vertrek, skaars uit by die hek, onder sy toesig, sy wakende oog,
hardloop hy die huis binne, baas van die plaas.
Maak homself tuis, terwyl die een ou ogie ewe rondloer so ver ek beweeg. My skaduwee.
Ek praat
van ontstellend. Ons spartel, elkeen
probeer net vooruit kom, net genoeg om te oorleef. Almal trap oor almal, nagte word daar
oordenking gedoen, planne in die nag, is anders as planne in die dag. Party word goed gebore in die donker, maar
wanneer die lig op die horision verskyn, verloor dit eweskielik krag. Hier en daar is daar een wat darem ontwikkel.
Dis asof met die lig, ons braafheid ietwat verlore raak.
Gunther
het wraggies gister deur die venster geklim.
Ek is besig met opleiding.
Aangesien ek werkloos is, moet ek elke minuut gebruik asof dit die
laaste keer is wat ek iets produktief sal bereik. Dis belangrik dat, in geval van nood, hy weet
hoe om my te bereik.
En
intussen, sjoe sjoe, blaas blaas, sjoe sjoe, dit die hele huis vol. Ek kyk angstig rond. In hierdie oomblikke van onsekerheid, gooi
dit my heeltemal van balans af. Dis wat
jy noem kickboxer-sindroom. Hulle het
nie einde.
Ja, soos
ek altyd sê, dis alles net soos wat Prediker dit op die hart het. Wyse woorde.
Niks, alles niks, ons niks, niks is niks. Daar is net Ek Is.
Sunday, 30 June 2013
BeyondTheGates (Pty) Ltd
Wat
bedoel julle? Laaste keer geblog in
Meimaand? Yes, dead right. Julle verstaan nie die tye waardeur ek is
nie. Van kluisenaar-vrou tot moeder, van
mislukte beroeps-vrou tot my eie besigheid in ‘n kwessie van 2 maande. Ek glo dan moet daar iewes ‘n letsel
wees. If you know what I mean.
Ja, ek is
nou ‘n security babe. Ek sal probeer om
‘n bitch van ‘n security babe te wees, want dis hoe dit moet wees. Ek is deur diep waters. Mentally en anders ook. Hoe lyk die logo? Hoe laaik julle die naam? Cool.
Ek voel ‘n nuwe mens. Ek was so
besig, dat ek vergeet het hoe om so te wees dat amper niemand van my hou
nie. Ja. Ja.
Ek het
wraggies vandag die moed gehad om my beddegoed om te ruil. Die lekker sagte warm rooi duvet het al die
donse van die kombers opgetel, en sover ek en my kind asemhaal, kry ons
hooikoors. Maar ons lê. Ek het nou vanaand ‘n ander plan gemaak. Die dun koue duvet is terug op die bed, darem
skoon ok, en ek het die baba-katte se warmwater-sakkie wat met elektrisiteit werk in die bed gaan sit. Ek hoop nie daar is intussen ‘n brand gewees
nie. Sal seker iets geruik het. Daar is nie nou geld vir elektriese komberse
nie. Met kattie Oupatjie se
mangelontsteking, kattie Oupatjies se gebreekte tand, kattie Ronnie se vrot
tande, in ‘n kwessie van 2 maande moes Johan R5000 uithaal. I am telling you the truth!. Ons leef in stress en armoede. Ek toets nou hierdie metode vir bietjie hitte. En intussen brand die verwarmers in Johan se
kamer, en in my studeerkamer. Dis
wraggies te koud om vrekkerig te wees. My
suster is dalk oppad hierheen. Ek lê
nagte wakker en dink hoe gaan ek haar laat werk. Sy kan my help met die Sangfees, sy kan my
webblad skep, sy kan kos maak, sy kan my help tik ....... Wat? Moenie stupid wees nie. Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Vra haar sy sal getuig! Sy moet uitgaan in die veld en die besigheid
gaan haal. Sy is ‘n sexy babe. Wow.
Kan julle sien hoekom kan ek nie slaap nie? Soveel moontlikhede in die
lug. My brein skakel nie af nie.
Dan net
om my heeltemal van stryk af te bring, kom vra iemand my of ek dieselfde tipe
werk wil doen wat ek nou doen, net op ‘n ander plek. Nee regtig.
Ek kan nie ‘n oomblik langer in hierdie beroep bly nie. Ek het genoeg gehad. Ek wil uit.
Uit buite toe, uit, Beyond the Gates.
Wednesday, 22 May 2013
Hallo daar!
Julle het
lank nie van my gehoor nie. Party mense
hou my soms lank besig. En dan hou dit
aan vir dae, if you know what I mean . . .
Subscribe to:
Posts (Atom)
