Ongebôre woorde
kramp op my hart
sielsverlange
droogte vol smart
diepte van jou
O, kuil van my hart
**
Berg en dal
heuwels in dou
my liefde in jou
vallei so nou
rotshelling wat ru
binne my opstu
**
was tóg vir my
wie jy wou hê
en op wou lê
**
As ek alle teerheid onder kwarantyn plaas en jou met donker oë beskou
kan jy eenvoudig nie
daarin slaag om my te behaag nie
As ek alle harmonie uit ons verhouding laat val oor ek voel daar’s nie plek vir jou nie
begin ek mor
oor jou klein irritasies
wat hoog lê
voor my
As ek alle domheid uit my kop kon skud om tog net kan uitvind wat dit is,
selfsug of verdienste
om maar net nou-nou weer
aan jou oor te gee
om maar net nou-nou weer
hygend onder jou te lê
en te weet daar’s weer plek
vir jou
is dit selfsug of verdienste
**
Die liefdesdriehoek: die begeerte om ‘n heilige lewe te leef saam God versus om saam met jou ‘n onsekere toekoms tegemoet te gaan versus die sonde in my vlees wat hunker na jou. Hierdie driestryd wat ek voer wat elke keer ‘n botsing veroorsaak. Hoe graag wil ek jou tevrede stel en alles opsy druk sodat ons twee kan verby gaan, maar dit wil nie so werk nie. Keer op keer breek ekke weer deur tot frustrasie. Roep God na my maar my sondige vlees is in opstand oor dit na al die jare se geroep meteens ‘n antwoord kry? As die hele ek in afwagting sit om deur jou besit te word? Skud ek dan net my kop met skrefiesoë en frons oor hierdie ding. Wat sal ek tog maak?
No comments:
Post a Comment