Friday 18 November 2011

My hart het baie kamers

HOEVEEL KAMERS HET MY HART ?
Ongelooflik die emosies wat in elke kamer gestoor word.   Met elke herinnering, bekende klank of geur van lank terug word die deur oopgeruk en vlieg die goed uit wat onwetend nog gestoor word.
Dis my gedagtes wat die deur oopmaak.  Dit gebeur net vanself en voor ek weet ervaar ek weer allerhande pyn en verwyt en hartseer.  Partykeer troetel ek die hartseer.  Hartseer volg  na goeie tye, daarom die gevoel van verlies.  Gevoel van leegheid in jou maag.  Maar die goed wat my pyn veroorsaak gooi ek dadelik terug in die kamers.  Ek kan net nie toelaat dat dit in my kop kom sit nie.  Glo dit of nie, daar is sekere gedagtes wat nooit minder pynlik raak nie.  Is dit omrede jy jou hart of jou brein nie toelaat om daaraan te vat nie?

Uit die bloute sal ‘n deur oopgaan
En ek sal wonder wat in my hart omgaan
Wat my so onverwags laat agterkom
Van die leegheid in my maag
Vir ‘n paar minute sit ek doodstil
Daar is niks in die lug
Swaartekrag dwing my grond toe
Daar waar jy ook is
My hart het baie kamers
**
Swaartekrag dwing my grond toe
Daar waar berou ook is
Ek sou so graag my lewe oorleef
Dat my maag vol kan wees
My hart het baie kamers
Maar hierdie een mag nooit oop wees
Toegepleister met sielesmart
My hart het baie kamers

No comments:

Post a Comment