Sunday, 25 March 2012

Met sulke vriende

Jis, my training partner pis my vanoggend toe sleg af met die race.  Sy het haar donkerbril in die kar vergeet, gelukkig vir haar gaan die roete verby haar kar.  Sy sê sy dink sy moet haar bril gou uit die kar gaan haal.  Ek is so ewe baie vriendelik, Ja, doen dit, dan hardloop jy my in.  Sy maak toe so, en toe sy van agter af kom beledig sy my net daar op die pad.  Jou rokkie is eintlik baie kort, sê sy.  Ek ruk my nek so erg, die een spier gaan  net daar in spasma in.  Huhh? Vra ek.  Ja, ek wou jou al sê, maar het vergeet.  As jy loop dan wip-wip die rokkie agter, en dan sien mens amper jou boude.  Wat ‘n vernedering!  Kon sy my nie maar gelos het dat ek loop en wip nie.  Ek dra die rokkie al langer as ‘n jaar op die pad.  So ver ons loop wys sy uit:  korter as daai een sin, korter as daardie een sin.  So neuk sy aan.  Gelukkig het ek my bril op anders sou sy dalk agter gekom het my gesigsuitdrukking het drasties verander.  Sy besluit om die pas te versnel, maar ek hou my pas waaraan ek gewoond is, en weg is sy.  Die heel pad pla die stupid rok-storie my.  Dan trek ek hier, dan trek ek daar.  Jy weet mens verloor spoed met enige ander beweging wat jy doen behalwe laat waai.  As ek iemand hoor lag, dan dink ek hulle lag vir my boude.  Bitch.  Kyk nou wat doen sy.  Ek vreet ook seker te veel, dink ek.  En die nuwe hemp trek dalk ook bietjie aan die rokkie.  As ek by die huis kom dan sny ek die twee kante oop.  Ek voel iemand tik my op die skouer.  O nee! dit ook nog.  My buurman groet vrolik, hallo buurvrou!  Ek en my rokkie sink amper die aarde in.  Hoeveel keer het hy nou nie al my hol gesien nie, dink ek weereens vernederd.  Ek kom verby ‘n dikkerige ou, en so uit die hoek van my oog sien ek hy kyk vir my, ek draai my kop om hom ‘n vuil kyk te gee.  Very high English: I thought you were gone already!  Ek vernou my oë, weet nie juis wat om te antwoord, ek maak gat skoon.  Die gevolgtrekking:  ek maak altyd gevolgtrekkings want ek copy nie net heeldag versies nie. 

Hey julle, ek is nie net ‘n nommer nie.  Almal ken my.  Hulle ken die boude.  So what?  I am special.   Dan sal die dom blond van ‘n partner nog by die eindpunt my rokkie kom optel en loer wat gaan aan daar onder.  Sy soek nou die ingeboude broekie van die rokkie.  Waar is hy?  Staan ek, so ingedagte, het twee paaseiers gesteel, en die derde een het ek openlik beskaafd uit die doos gehaal.  Hom maak ek toe oop en begin smul.  So ingedagte, die broekie onder het half onder die boude ingegly gedurende die race, ek kom nie agter, die paaseier is te belangrik.  Ek weet ook nie of die broek tussen die boude is of wat, ek is in ‘n ander wêreld.  Sy begin te lag.  Los my hol man, raas ek.          

Friday, 23 March 2012

Yes, we got be-friend


Ek kom van die werk af en begin vloere vee.  Sissie sê: was sommer die skottelgoed ook.  Ek antwoord:  weet jy sissie, as jy net jou  P.bek  wil hou, sal dit baie help.  Hou net op om met my te praat asb.  Moenie met my praat nie!  Vra hy ook so ewe of ek wil kos hê.  Nou beweeg hy op gevaarlike terrein.  Fokker, jy beter vir my kos maak as jy nie ‘n egskeiding wil hê nie.  Ek sal in elk geval nie weer skei nie.  Ek dros net.  Wat maak papiere tog in hierdie bedroglike wêreld saak?  Almal fraud papiere, ek sal ook as dit moet.  Ek kook sommer ‘n skeibrief wat my dalk R10 kos as om tyd te mors met prokureurs.  Dis ook seker die naaste wat ek aan kook sal kom.  
Ja slimjan, ek weet van Binnelandse Sake ... moet my nou nie afpiss nie aap.
Ek praat nou met die geleerdes, die ouens met ‘n goeie telling verstand:  raai raai .... do-ya-still-wanna-be-a-friend.  Ek dink my sussie is al een wat die een gaan copy.  Ek kry toe ‘n snaakse gevoel oor die be-friend.  Toe block ek.  Redes:  dis daardie snaakse gevoel. 
Ek dink my helmet het ingeskop.  As mense eers begin met al hierdie mooi ou prentjies en woordjies en versies en gebede  ....... daai goed doen jy tussen 6 en 16.  Enige iets daarna beskou ek as onstabiel.  Wat? is dit nou familiemoles?  Wie worry, sou Marco sê.  Los maar die versies en shit, doen bietjie oefening.


Tuesday, 20 March 2012

Eco Ultra Marathon Walk 301 Klein Karoo


SEPTEMBER 2012

When the going gets tough -
the tough gets going ...


 

Sunday, 18 March 2012

Moenie kwaad met kwaad vergeld, suster

 


Is dit nou omtrent ses jaar gelede dat iemand my op facebook wou be-friend?  In die eerste plek was ek net daarop om kontak te hou met my seun wat N.Z toe is.  Toe hy terug is, het ek spore gemaak uit die duiwelse broeiplek.  Nou is hy weer sak en pak N.J toe, en siedaar! Terug is ek op F.B.  Vanaand het ek so ewe ‘n brainwave en stuur toe ‘n do-ya-still-wanna-be-a-friend?  Niks gehoor, can you believe it!  Stank vir dank.  Ag, dis Sondag, ons is nie veronderstel om die sondes van mekaar te onthou nie.  Ons almal is mense, ons almal het foute, ons almal ...... wag so bietjie, hoor hierdie een!
Ek dink regtig julle moet my begin betaal om julle so te entertain.  Ek skaam my eintlik vir die Herders van vandag.....  waarheen lei hulle die volk?

Pastor staan so ewe en vertel vir die gemeente hoe sleg dit gaan met sy vrou.  Hy raak so bewoë dat hy eers ‘n traan trek.  Maar moenie worry, sy sit hier agter die gordyn en luister na die preek.  Nou al sitplek wat ek ken agter die gordyn is die een voor die rekenaar.  Maar, ek moet bieg gemeente, oor wat Vrydagaand gebeur het.  My arme vroutjie het soos gewoonlik op F.B gegaan om met haar mede christene te gesels.  En jy weet, daar is hierdie een ou wat met almal moeilikheid soek.  (?) Ons is almal mede-christene ja.  Veral die ouens op F.B ja.  Gemeente, gaan hy aan, eweskielik sien ek dat daar groot fout is met vroutjie.  Hierdie ou beledig my erg Petrie, sê sy.  Kyk, volgens haar is dit nou al lank dat hy hom soos ‘n vark gedra.  Net daar, het ek genoeg gehad.  Ek bel hom, en so ewe grootbek nooi hy my oor dat hy my ‘n les kan leer.  Kom by sy huis aan en sy wyfie kom staan by die hek en weier dat ek inkom.  Tipies man, soos ons maar maak, kruip hy vanuit die sitkamer agter haar rok weg.  Ek praat mooi, baie kalm, suster, kom ons praat die ding uit.  Tipies man wat mos liegbekke is, onthou die domestic violence, die Community Service Chaplaincy Level 1 – sy val soos ‘n dom doos daarvoor en maak die hek oop.  Liefie is duidelik gesuip, en staan met ‘n mes want hy het nie ‘n gun nie.  Pastor praat kalm en op ‘n gerespekteerde wyse hou hy die Christendom en die Kerk se naam hoog.  Halleluja!  Liefie staan en oorweeg of hy maar sy sondes moet bely, maar verder kom hy nie, toe slaat die Pastor se vuis hom reg op die neus.  Vreeslike verwarring!  Dis vreemde tale, stoeiende gaan die twee aan, die lendelam bank het dit ook gehad.  Pastor besluit hy raak nou moeg, kom steunende orent en lê sy tekkie in.  Aaahhh !!! , en is hierdie die rekenaar wat al die probleme veroorsaak het? vra Pastor.  Hy gryp daarna om dit te verpletter teen die grond, maar blykbaar is die drade vasgeroes, of silicone gesmeer om mooi te pas, die ding beweeg nie, hy roer nie.  Pastor besluit nou moet hy vinnig gat skoonmaak.  Rukkie later bel Liefie se Pastor.  Jy weet ons moes hospitaal toe met die man!  Raas die ander Pastor.  Ons gaan jou sue.  Ja! sue maar!, sê Pastor, dan sue ek vir naamskending teen vroutjie!  En moet jy eerder nie te veel praat nie, jou kerk is ‘n bullshit kerk! 

Ek stamp aan sissie en rol my oë.  Sissie sit en lag.  Die res van die Gemeente sit met uitdrukkinglose gesigte.  O my, die sondes van die Herders!  Waar sal ons hulp vandaan kom?

Saturday, 17 March 2012

Die Familie 3/7

Dis wat ek die emosie noem, onbeskryflik, wat in my is wanneer ek so na my Gunthie Baby kyk.  Ek kan dalk ‘n paar tafelmaniere by hom leer.  Of bullshit-dogshit hy my net?  Terwyl ek by hom staan dat hy sy pellets eet, vat hy tussen twee en drie op ‘n slag in sy groot bek, en word die kos nou mooi gekou voor dit ingesluk word.  Come on Gunth.  Jy is wraggies nie so ordentlik nie.  Dis seker net ‘n skelmstreek om my langer by jou te hou.  Hy draai altyd sy groot ou kop so skeef weg van my af,  dat hy my nie in die oë hoef te kyk nie.  Skelm.  As hy in sy hok lê sien jy ook net hoe ruk die groot kop as dit lyk asof ek by die deur wil uitgaan.  My seuntjie.  Toe die SPCA destyds gesê het hierdie tipe honde spring hoog, het ek hulle nie juis geglo nie.  Gedink hulle soek weer net fout met die heining.  Met die tyd het ek gesien hy kan spring soos ‘n bok.   Die dogwhisperer van Gauteng sê hy is meer Boerboel as Mastiff.  Ek weet ook nie waar kom die “whisperer” vandaan nie, want toe hy vir Gunthie kom afrig het, het sy ou oortjie onder die ketting belang, en toe bloei hy.  Agterna het ek so sleg gevoel dat Gunth. so aangerand is.  Hy weet mos nie wat aangaan met die siek spul hier om hom wat iets probeer doen wat hy nou nie juis kop of gat uitmaak nie.  Hy het op een stadium sommer in die middel van die pad gaan lê en geweier om verder te loop.  Hy was blerrie moeg.  En toe die ou hom trek en wil forseer om verder te loop, toe dink Gunth. man, ek vreet jou stupid loopband sommer net hier op.  Die whisperer moes toe net keer vir sy tools of daar bly niks oor nie.
My ander seuntjie, Ronnie, het vanaand op ‘n rotnes afgekom, weet nie waar nie.  Dis nou al die 5e rot wat hy hier aandra vir ons.  Sissie red elke keer die ou goedjies se lewens, maar ons begin al sleg voel oor hulle nou iewers op straat moet sit as gevolg van Ronnie-Seun.  Gunth., Ronnie en Kokkie is aangeneem.  Kokkie-girl is ‘n tipiese vroumens.  Sy skree soos ‘n slet op hitte as sy my sien.  En as ek eet, wil sy ook hê.  Sy aard nogal na my, beneuk en lief vir kos.  Kaas is haar gunsteling kos, en niknaks.  As ek en sy omgekrap is, sal ietsie om te eet ons dadelik laat bedaar.  Ek dink Kokkie is ‘n siener.  Elke keer as ek skelm probeer eet, begin sy so te skree dat ek my gat moet roer om klaar te maak voor sissie my sien.  Mans kan net eenvoudig nie verstaan dat ‘n vrou se gemoedstemming bepaal word deur hoe lekker en baie sy eet nie.  Elkeen het sy eie stap, sy eie maniertjies.  Ronnie stap met sulke afgemete treë en ietwat slap lyf.  Een nag toe ek toilet toe gaan, toe trap ek op iets nat.  Ek sit toe maar net met my voete in die lug en pie en trap sulke lang treë terug bed toe.  Later toe sien ek dis ‘n duif se binnegoed wat Ronnie net so gelos het vir my.  Om hulle dop te hou bring ‘n weemoed oor my wat onbeskryflik is.  Ok, ok, sissie is goed vir ons.  Julle mense darem.  Kan ek nou aangaan.  Ronnie sal nie tot rus kom in die oggend as ek nie opgestaan het nie.  Hy soek niks by my nie, hy wil net sien ek klim uit die bed uit, dan loop doen hy iewers kattekwaad.  Dis die rooi kat op die foto langs die blompot.  Binne die pot is Tommy, die siamees, wat vir sissie beseer het.  Onthou julle, sissie het nie ‘n hemp aangehad nie.  Tommy is rustig.  Hy hou van speel.  Een van die tienerkatte het besluit Tommy is sy pa, en die twee is die heeldag doenig met mekaar.  Hulle speel en gaan te kere vir ‘n vale en slaap dan die hele dag saam op die dak.  Goed, nou ken julle ‘n deel van die familie.        
                                                                                     

Tuesday, 13 March 2012

Rename

Gister sê ek vir sissie: jy moet ophou om die kombuis te flood as jy skottelgoed was.  As die ou van die huis inspeksie hou en die kombuisblad is opgeswel, dan moet ek betaal.  Ek vra ook:  het jy tot by standard 4 gekom?  Sissie maak of hy my nie hoor nie.  Ek vra: was jy in ‘n spesiale skool?  Het jy nog nooit gehoor hout swel van water nie?  Hy besluit om iets te sê:  ek was in die spesiale skool en jou broer was in my klas.  Dit vat hom 'n paar sekondes om dit uit te dink.  Dis mos blerrie laster om so van my familie te praat!
Vanaand begin hy eerste met sy nonsense.  Ek staan nog so lekker onder die warm shower, toe gooi hy my met koue water.  Is ek de moer in.  My asem slaan weg, maar ek forseer die vloeke uit.  Ek gryp sy handdoek en smyt dit op die vloer, terwyl ek dit met my voet  oor die vloer vryf.  Dis ook mos 'n grappie dan nie?  Sissie begin toe katte inbring nadat hy belowe het môre gaan hy bietjie huis skoonmaak.  Ek is so bly.  Ek gryp die swartsak, ruk die deur oop en gooi dit op die stoep.  Op daai oomblik staan sissie met die siamees in sy arms.  Die skrik so groot, dat hy uit sissie se arms spring, in die proses los hy so paar bloedmerke agter.  Toe strip sissie sy moer.  Kan jy glo, hy skiet my met sy stompie!  Ek sê:  sissie, jy is ‘n pissie man.  Bietjie bloed sal niks doen nie.  Ek trek weer los en vloek.  Al die woorde wat ek ken.  Ek kom sit agter my lessenaar.  So nou en dan skree ek:  jou blerrie panty-draer.  Jy is ‘n meisiekind!  Gaan speel met jou gwap jou meisie!



Thursday, 1 March 2012

Beyond the gates



Community Service Chaplaincy - Basic Training Level 1
Ek is nou ‘n amptelike CSC.   Vir die dommes; dit beteken Community Service Chaplain.  Maar moenie bang wees nie, ek sal julle nie verveel in die toekoms nie.  ‘n Jakkals verander van kleur, nie van hare nie, of hoe nou weer?  Die Pastor, Jake Popejoy, Field Training Coordinator, Eastern Europe and Asia, weet waarvan hy praat.  Het paar voorbeelde genoem van die sondige natuur van ons wat maar altyd deurskemer, al dink almal jy/hy/die Pastor is heilig.  Die benadering van die CSC is altyd eerste omgee en van diens wees.  “preach the gospel; sometimes use words"  Gee die honger mense kos, gee hulle hoop, ens. 
Outside the gates ... dis daar waar geen genade te vinde is nie.  Binne die kerk is almal voorspelbaar.  Op hulle plek soos die samelewing dit verwag.  Die Pastoor weet presies wat is beplan vir die dag.  Outside the gates of church, dis waar mense nie skroom om jou aan te vat en sulke moeilike vrae te vra, dat jy heeltemal onbekwaam begin voel oor jy nie al die antwoorde ken, (waar hulle partykeer aan als kom?) Selfs beledigend raak, en moenie 'n fout maak nie, sommige is goed ingelig en toets jou.  Jy moet eers hulle vertroue wen wat jare kan vat.
    
Church                                                                    Beyond the gates

Do Church                                                                 Be Church
Pastor Church Body                                                  Pastor Community
Ministry in the Church                                             Ministry in the Community
Ministry to Christians                                              Ministry to unbelievers
Save the lost in Church                                            Care and service, not matter what

Die gesinsgeweld word bespreek. 
       1.     Status quo (normal)   
       2.     Tension Building
       3.    Explosive outburst
       4.    Honeymoon
Die rede hoekom vrouens nie ‘n einde kan maak aan die bose kringloop.
Woman are stupid
Men are liars
Die vrou wil die verhouding en huwelik aan die gang hou, glo elke keer die leuens.  “Ag, die ou pes is regtig lief vir my ... die man sal haar los vir sy minnares sonder om te skroom.
Tussen nr. 2 en nommer 3 is daar soms ‘n X.  Dit beteken dat die vrou die spanning wil breek deur die uitbarsting aan te help.  Hoe gouer hy homself uitwoed, hoe gouer is alles oor en is dit weer nommer 4 – die honeymoon.  Sy sal soms uittartend raak sodat hy sy top kan blaas en klaarkry.  Dan is hy weereens jammer en koop blomme en chocolates.  Dan gaan die lewe weer aan tot volgende keer.  En hierdie toestand kan slegs tot ‘n end kom as een van die partye uitstap.  Daar is nie ‘n ander oplossing nie.  Dit raak nooit beter, tensy dit werklik ‘n bekeringsaak is nie.
     4 Axims:
What you do not know about people is more important than what you already know.
Care must precede evangelism
Danger mindfield: hurt or get hurt
The greater the need to survive any situation the lower our ethical behaviour becomes.
      
Perception and reality - any connection between the two?  Perception is reality, but not necessarily the truth.  Your body will respond to perception.  Fear is a normal reaction of a person to something he perceives is a threat.
     Definition of stress:  being out of control in any given situation.  If you are in control you will not stress.  Why must we go the extra mile, or turn the other cheek?  Because when we choose to do that, we are in control.
     People bring into their present problems things from their past.  As a chaplain you will need to understand this and be able to help them see it as well.

(Sommige van die besprekings:  Suicide, Death Notifications, Grief, Clinical Chaplaincy, Correctional Chaplaincy, Depression, Child Abuse, Ministering to Widows, etc.)