Sunday, 25 March 2012

Met sulke vriende

Jis, my training partner pis my vanoggend toe sleg af met die race.  Sy het haar donkerbril in die kar vergeet, gelukkig vir haar gaan die roete verby haar kar.  Sy sê sy dink sy moet haar bril gou uit die kar gaan haal.  Ek is so ewe baie vriendelik, Ja, doen dit, dan hardloop jy my in.  Sy maak toe so, en toe sy van agter af kom beledig sy my net daar op die pad.  Jou rokkie is eintlik baie kort, sê sy.  Ek ruk my nek so erg, die een spier gaan  net daar in spasma in.  Huhh? Vra ek.  Ja, ek wou jou al sê, maar het vergeet.  As jy loop dan wip-wip die rokkie agter, en dan sien mens amper jou boude.  Wat ‘n vernedering!  Kon sy my nie maar gelos het dat ek loop en wip nie.  Ek dra die rokkie al langer as ‘n jaar op die pad.  So ver ons loop wys sy uit:  korter as daai een sin, korter as daardie een sin.  So neuk sy aan.  Gelukkig het ek my bril op anders sou sy dalk agter gekom het my gesigsuitdrukking het drasties verander.  Sy besluit om die pas te versnel, maar ek hou my pas waaraan ek gewoond is, en weg is sy.  Die heel pad pla die stupid rok-storie my.  Dan trek ek hier, dan trek ek daar.  Jy weet mens verloor spoed met enige ander beweging wat jy doen behalwe laat waai.  As ek iemand hoor lag, dan dink ek hulle lag vir my boude.  Bitch.  Kyk nou wat doen sy.  Ek vreet ook seker te veel, dink ek.  En die nuwe hemp trek dalk ook bietjie aan die rokkie.  As ek by die huis kom dan sny ek die twee kante oop.  Ek voel iemand tik my op die skouer.  O nee! dit ook nog.  My buurman groet vrolik, hallo buurvrou!  Ek en my rokkie sink amper die aarde in.  Hoeveel keer het hy nou nie al my hol gesien nie, dink ek weereens vernederd.  Ek kom verby ‘n dikkerige ou, en so uit die hoek van my oog sien ek hy kyk vir my, ek draai my kop om hom ‘n vuil kyk te gee.  Very high English: I thought you were gone already!  Ek vernou my oë, weet nie juis wat om te antwoord, ek maak gat skoon.  Die gevolgtrekking:  ek maak altyd gevolgtrekkings want ek copy nie net heeldag versies nie. 

Hey julle, ek is nie net ‘n nommer nie.  Almal ken my.  Hulle ken die boude.  So what?  I am special.   Dan sal die dom blond van ‘n partner nog by die eindpunt my rokkie kom optel en loer wat gaan aan daar onder.  Sy soek nou die ingeboude broekie van die rokkie.  Waar is hy?  Staan ek, so ingedagte, het twee paaseiers gesteel, en die derde een het ek openlik beskaafd uit die doos gehaal.  Hom maak ek toe oop en begin smul.  So ingedagte, die broekie onder het half onder die boude ingegly gedurende die race, ek kom nie agter, die paaseier is te belangrik.  Ek weet ook nie of die broek tussen die boude is of wat, ek is in ‘n ander wêreld.  Sy begin te lag.  Los my hol man, raas ek.