Sunday, 22 April 2012

What a night!


Toe ons parkeer om te gaan kyk na die kompetisie, sê sissie vir my, as ek nie lekker is hier nie, dan ry ek en dan kan jou broer jou huistoe bring, dis mos net om die hoek.  Dis terwyl ek uitklim.  Maar ek moer die kardeur so hard toe, tot amper in sy gesig.  As ek geweet het nommer 11 gaan daar wees, het ek op die plek vir hom gesê, fokkof huistoe doos.  
So kyk ons toe na die lywe.

Ek haal my hoed vir julle af.  Die dissipline en absolute lyding om te kom tot hier vanaand.  Dis wat eintlik my aandag getrek het na nommer 11 toe.  Ek sê vir sissie, kyk vir nommer 11, ek sweer hy is psycho.  Psycho is wat jy undercover noem, hy het ‘dit’ – een van die 'manne' het eendag gevra: nou wat is  ‘dit’, toe sê ek, jy het ‘dit’ nie, anders sou jy dit geweet het. Dit – is wanneer ‘n persoon uitstaan uit ‘n hele crowd.  En dan weet jy ook self nie wat is sy dit nie.  Jy kry net die dit seine oor die ofstand.  Wat ek eintlik bedoel het met psycho op daardie stadium toe ek met sissie praat, was dat ‘n psycho-dit-sein erg sterk gestraal het na my toe.  Nommer 11 het deelgeneem  na die groep waar oom Bossie was.  Al die jongetjies skree:  oom Bossie, oom Bossie, ek wonder of hulle maar net die oom –woord gebruik om hulle ware tiener-na-hero-na-sjoe oom Bossie, jy is wraggies meer as cool weg te steek dat hulle ouers nie weet hoe hulle nou eintlik vir oom Bossie sien nie.  Soos wat ek gemaak het met nommer 11.   Wie is nommer 11.  Kan iemand my sê.  Dalk het hy ‘n facebook, dan vra ek of hy wil be-friend met my.  Ek was eintlik bietjie afgepis toe nommer 11 sy alleen-pose moes doen, en hy kom op die stage met sy wit handskoentjies en wit cape.  Fok, het die man nie ‘n vrou of partner om hom reg te help nie?  Van watter gedeelte van die dorp kom hy?  Die wit cape om die nek met ‘n wit stringetjie vasgebind en swaard.  Dom Doos.  Hoekom het hy nie eerder probeer lyk soos Zoro nie, sou baie beter afgegaan het vir my.  Maar die crowd skree, common wat dink die wit kak is cool.  Dis op daardie stadium wat sissie gou buite gaan rook, en ek video-record toe vir Milky Lane, ook maar net ter wille van die psycho-image.  Sissie vra vanoggend, het jy vir Ronnie gesien, daar was verskriklike weer, nee ek weet van niks, het ook niks gehoor.  Ek was besig met nommer 11.  Ek pluk die foon uit toe sissie iewers heen ry om na die stuk artwork te kyk.  Net genoeg om weer my kop te skud – die moffie-wit-gedoente.  Fuck.  Ja, fuck me.  Maar die bietjie wat daar is, is oorgenoeg om weer die memory terug te bring. Geluk broer en nommer 11.  Julle is wraggies iets om na te kyk.   O ja, voor ek vergeet, iemand het my gevra wat is nommer 11 se telefoonnommer, want hy het 'n prys gewen.  As een van julle dalk kan uitvind en my laat weet.  Thanks.