Die wêreld is erg
deurmekaar. Nou wil die dokter die
onderwyser se werk doen, en andersom. As
jy verstaan wat ek bedoel? Die
onderwysers wil mediese ondersoeke op die meisies doen, en die dokters jaag die
vrouens huistoe om hulle boeke (mammogram) te gaan haal. There’s no freedom. We are trapped in a world of confusion. Sal die ou wraggies vir my sê ek het: "osteoporosis en compression fracture" en my langafstande, asook die bos-stappery is nou
duidelik iets van die verlede. Nee aap,
dit was nie op die mammogram nie ....
Nou vra ek jou, ek skrik so groot toe hy nog kom met: en enige val gaan
daai been op die plek laat breek. Ek gee
toe die hele dag sulke kort trappies, want dit voel kompleet of my rug van plan
is om te breek. Ek loop die hele dag
soos ‘n bejaarde, en klim die trappies soos ‘n bejaarde, uiters versigtig. Nou sê ek vir die wat vra, nee, ek mag net
5km ‘n dag stap. Maar ek sal ‘n stadige
10 stap, ek glo nie dis te erg nie, en die wat verder vra, nee, ek mag net 5
stap, maar ek gaan defnitief die 300 Klein Karoo doen. Die patete en die “ ‘n’s “gaan nie nie mooi
verstaan nie. Moenie worry ... Ek voel toe sommer asof my lewe tot ‘n einde
kom. Ek vergeet toe eers van my vet gat
en my plooie en my hare, als wat lelik lyk, ek is nou bejaard. Ek dag toe, gelukkig is my boude nie bo nie,
want dit sal te swaar wees vir my rug, maar toe dink ek weer, my boude hang te
swaar op my rugstring. Ek sal defnitief
moet kyk om gewig te verloor. In elk
geval, lyk my koppie met my bob nou heeltemal te klein in vergelyking met my
lyf. Nee! ek het my porporsie
verloor! Ek het ‘n loopraam gekry. Dalk sal alles ok wees as al die topatlete
met die 300 Marathon voor loop, dan volg die bakkie met die proviand en
noodhulp, en ek volg met die loopraam,
Ek durf ook nie op die bakkie klim in case of emergency nie, die geskud
sal fataal wees vir my kondisie. As ek
die strespille wat ek nou nog nie gedrink het nie saamvat, dat behoort alles
mellow te wees. ‘n Meer natuurlike
produk sal natuurlik ‘n pakkie marihuana wees, sover ek wéét, neem dit enige
ongemak weg, en vernuwe die gedagtes na iets of na niks. Die retards gebruik natuurlik baie sterk
pille, wat die gatpyn wat hulle vir ander mense gee, wegvat, maar dit sal
defnitief nie werk in die bos nie.
Nou-nou moer ek in die water of iets.
Friday, 27 July 2012
Friday, 20 July 2012
Pastoor se vrou is oorlede. Daar is ‘n vertoning van fotos wat die seuns
voorberei het. Onder andere een foto
waar die tweetjie teen ‘n kar staan ek dink uit die jare sewentig. Net voor hulle troue. Twee mooi verliefdes uit die sewentigs foto
wat my dadelik ‘n traan laat trek, en toe val my kontaklens uit. Gelukkig val dit op my hand, seker die tissue
te hard gedruk teen my oë. ‘n Rerige
sexy foto. My hart is stukkend vir hom. Gelukkig met die eerste probeerslag kry ek my
oog weer in. Ek moet versigtig wees,
netnou val my cafe hare ook nog af. Ek
is as Kerksraadlik ook ‘n draer, en ons stoei met die pragtige kis. Wat ‘n nagmerrie as ek nou sonder ‘n oog en
sonder hare daar moet eindig tussen als deur.
Die vertoning eindig met: Bye Ma, Bye Ouma, en dan met Bye my vrou. Ek en klein Gertjie staan buite, ek gaan na
die rotweiler toe, Rex gee my hand een
lek, maar toe hy klein Gertjie sien, waai hy sy stert en raak opgewonde. Ek vra, nou Gertjie, hoekom is die hond so
bly om jou te sien? Dis mos ek wat vir
hom ‘n lekker been gebring het om aan te kou, nie jy nie, Gertjie lag net en sê nee hy weet nie. En dis ek wat wonder oor Rex se toekoms, nie
Gertjie nie. Is dit die les van die
lewe, jy kan maar planne beraam ens. ens. maar dinge werk nie uit soos wat jy
dit beplan nie. Alles baie baie mooi
goed wat gesê word van die vrou wat die gemeente nooit kon leer ken nie. Ek wonder deur die preek, wat kan iemand van
my sê? Hulle sal nooit kan sê sy was so
...... die mense wat my regtig ken sal seker net al my snaakse en versteurde
staaltjies kan vertel, wat die begrafnis moontlik in ‘n komedie sal verander,
en almal sal lag-lag uitstap. Daar sal
moontlik een of twee ernstige herinneringe wees waarvoor Mara gelukkig sal
sorg. Ja, ek dink ek moet die week by my
begrafnisondernemer uitkom. Ek sal
sommer self al my reëlings gaan tref, sodat daar nie later met so ‘n byeenkoms
kans sal wees vir allerhande stories nie.
Jy weet, mense kan mos aanlas ook.
Netnou verstaan iemand verkeerd.
M.a.w. daar sal glad nie ‘n byeenkoms wees nie. Now you see me, now you don’t. Ek kan solank die kassie vir my verbrande lyf
gaan kies. Wat om nou met die lyf te
doen, is ‘n probleem. God het dit
geskape, ek moet seker nog steeds respek toon daarvoor. Sal ek dan vra, is dit moontlik Vader, dat ek
selfbeheersing kan beoefen, dat ek kan konsentreer om eerder klein goedjies
elke dag soos ‘n dame te doen, nevermind ‘n Christen. Om in die aand bed toe te gaan en te weet jy
het jou bes probeer om diegene van die wêreld die weg op jou dame-manier te
wys.
Friday, 13 July 2012
Somehow beland ek toe by die
dokter, kyk al in die spreekkamer rond, net nie in sy oë nie. Ek vra hom vir strespille want ek dink my
hart wil gaan staan. Hy vra, nou
waaroor stres jy? Ek begin sweet van
verleentheid, mompel iets van die werk, en hy begin ook met slimstories kom
van: dis nie nodig dat die werk jou moet opstres nie ..... Ek dink, shut up
fuck-face. Ja, sê ek, ek mompel verder:
dis maar ander goed ook. Hy begin die voorskrif
skryf. Jy is 49 sê hy. As ek 50 is, sê ek, soos ‘n regte damduiker,
gaan ek ‘n groot partytjie hou, met baie musiek, ... (netnou dink hy ek is ‘n suiplap) ... en
dan gaan ek net sit en luister na die musiek, las ek by, .... ek kyk op die
stadium maar eerder by die venster uit.
Watse stront praat ek nou, ek hoop nie die blerrie patete is aansteeklik
nie. Die pilletjies staan nou in my
badkamer. Dis al ‘n maand en ek het nog
niks gedrink daarvan. Net om vir die
pakkie te kyk, of om te onthou daar is sulke goed, is kalmerend genoeg. All in the mind, can you believe it.
Ek het vir my cafe-hare
gekoop. Blonde bob. Die eerste paar dae het ek onkundig
rondgeloop met hare wat skeef sit en bly afgly.
As ek iets doen en afkyk, dan val die hare af. As ek vir Gunthie moet kos gee, dan beland
die bob in die kosbak. Gelukkig kry ek
toe ‘n expert wat my verduidelik dat ek ‘n pony bo-op my kop moet maak dan is
daar meer body, en by die ding bo. Nou
loop ek soos ‘n madam rond met die bob.
Ek is besig met ‘n besparingsveldtog.
Dis meer ekonomies en minder stresvol.
Oral kyk mense na my. Ek is
gesofistikeerd. Ek staan uit in ‘n skare. I am sexy.
Subscribe to:
Posts (Atom)