Pastoor se vrou is oorlede. Daar is ‘n vertoning van fotos wat die seuns
voorberei het. Onder andere een foto
waar die tweetjie teen ‘n kar staan ek dink uit die jare sewentig. Net voor hulle troue. Twee mooi verliefdes uit die sewentigs foto
wat my dadelik ‘n traan laat trek, en toe val my kontaklens uit. Gelukkig val dit op my hand, seker die tissue
te hard gedruk teen my oë. ‘n Rerige
sexy foto. My hart is stukkend vir hom. Gelukkig met die eerste probeerslag kry ek my
oog weer in. Ek moet versigtig wees,
netnou val my cafe hare ook nog af. Ek
is as Kerksraadlik ook ‘n draer, en ons stoei met die pragtige kis. Wat ‘n nagmerrie as ek nou sonder ‘n oog en
sonder hare daar moet eindig tussen als deur.
Die vertoning eindig met: Bye Ma, Bye Ouma, en dan met Bye my vrou. Ek en klein Gertjie staan buite, ek gaan na
die rotweiler toe, Rex gee my hand een
lek, maar toe hy klein Gertjie sien, waai hy sy stert en raak opgewonde. Ek vra, nou Gertjie, hoekom is die hond so
bly om jou te sien? Dis mos ek wat vir
hom ‘n lekker been gebring het om aan te kou, nie jy nie, Gertjie lag net en sê nee hy weet nie. En dis ek wat wonder oor Rex se toekoms, nie
Gertjie nie. Is dit die les van die
lewe, jy kan maar planne beraam ens. ens. maar dinge werk nie uit soos wat jy
dit beplan nie. Alles baie baie mooi
goed wat gesê word van die vrou wat die gemeente nooit kon leer ken nie. Ek wonder deur die preek, wat kan iemand van
my sê? Hulle sal nooit kan sê sy was so
...... die mense wat my regtig ken sal seker net al my snaakse en versteurde
staaltjies kan vertel, wat die begrafnis moontlik in ‘n komedie sal verander,
en almal sal lag-lag uitstap. Daar sal
moontlik een of twee ernstige herinneringe wees waarvoor Mara gelukkig sal
sorg. Ja, ek dink ek moet die week by my
begrafnisondernemer uitkom. Ek sal
sommer self al my reëlings gaan tref, sodat daar nie later met so ‘n byeenkoms
kans sal wees vir allerhande stories nie.
Jy weet, mense kan mos aanlas ook.
Netnou verstaan iemand verkeerd.
M.a.w. daar sal glad nie ‘n byeenkoms wees nie. Now you see me, now you don’t. Ek kan solank die kassie vir my verbrande lyf
gaan kies. Wat om nou met die lyf te
doen, is ‘n probleem. God het dit
geskape, ek moet seker nog steeds respek toon daarvoor. Sal ek dan vra, is dit moontlik Vader, dat ek
selfbeheersing kan beoefen, dat ek kan konsentreer om eerder klein goedjies
elke dag soos ‘n dame te doen, nevermind ‘n Christen. Om in die aand bed toe te gaan en te weet jy
het jou bes probeer om diegene van die wêreld die weg op jou dame-manier te
wys.