Somehow beland ek toe by die
dokter, kyk al in die spreekkamer rond, net nie in sy oë nie. Ek vra hom vir strespille want ek dink my
hart wil gaan staan. Hy vra, nou
waaroor stres jy? Ek begin sweet van
verleentheid, mompel iets van die werk, en hy begin ook met slimstories kom
van: dis nie nodig dat die werk jou moet opstres nie ..... Ek dink, shut up
fuck-face. Ja, sê ek, ek mompel verder:
dis maar ander goed ook. Hy begin die voorskrif
skryf. Jy is 49 sê hy. As ek 50 is, sê ek, soos ‘n regte damduiker,
gaan ek ‘n groot partytjie hou, met baie musiek, ... (netnou dink hy ek is ‘n suiplap) ... en
dan gaan ek net sit en luister na die musiek, las ek by, .... ek kyk op die
stadium maar eerder by die venster uit.
Watse stront praat ek nou, ek hoop nie die blerrie patete is aansteeklik
nie. Die pilletjies staan nou in my
badkamer. Dis al ‘n maand en ek het nog
niks gedrink daarvan. Net om vir die
pakkie te kyk, of om te onthou daar is sulke goed, is kalmerend genoeg. All in the mind, can you believe it.
Ek het vir my cafe-hare
gekoop. Blonde bob. Die eerste paar dae het ek onkundig
rondgeloop met hare wat skeef sit en bly afgly.
As ek iets doen en afkyk, dan val die hare af. As ek vir Gunthie moet kos gee, dan beland
die bob in die kosbak. Gelukkig kry ek
toe ‘n expert wat my verduidelik dat ek ‘n pony bo-op my kop moet maak dan is
daar meer body, en by die ding bo. Nou
loop ek soos ‘n madam rond met die bob.
Ek is besig met ‘n besparingsveldtog.
Dis meer ekonomies en minder stresvol.
Oral kyk mense na my. Ek is
gesofistikeerd. Ek staan uit in ‘n skare. I am sexy.