Friday, 24 August 2012

Niks meer



Dis snaaks wat kos kan doen.  Ek het soveel opgekropte geen sin van die lewe in my, ek moes dit net met julle bokslagters deel.  Gelukkig het ek myself dik gevreet, nou voel ek net moeg en die drif waarmee ek my gevoelens met julle wou deel, is die helfte minder.
Ek mag vra wat is die sin van die lewe.  God het self vir Adam gesê: vervloek is die aarde om jou ontwil, met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring .... in die sweet van jou aangesig sal jy brood eet ..  As God dit gesê het, mag ek seker sonder om skuldig te voel my hart oopmaak en sê: ek het nie meer sin vir die lewe nie.  Niks wat ek doen, sal op die einde van die dag goed genoeg wees soos wat ek dit beplan het nie.  Alles is tevergeefs.  Niemand maak meer regtig saak nie, is dit?  My menslike natuur is so swak, as God nie vir my genade het nie, is daar niks wat my sal red nie.  Daar is vir my geen redding buiten genade nie.  Genade ook, vir hierdie doellose gevoel, nuttelose gevoel, op die einde van die dag, die vreeslike sondige gevoel wat ek te bang is om te uiter, ek voel nie meer die wil om te lewe nie.  Alles is tevergeefs.  Vader vergeef my.  U weet die swakkeling wat ek is.  Moenie my oordeel hieroor nie.  More voel ek weer beter. 

Maar vir nou wil ek net vir die bokslagters laat weet van die stryd in my.  Sal ek weer sin vir die lewe kry.  Ja, wie weet.
Ek probeer die beste wat ek kan, blykbaar is dit nie goed genoeg nie.  If you know what I mean.  Wanneer jy deur die maskers van mense begin kyk, dan begin jy op gevaarlike terrein beweeg.  Dis hulle wat jou in 'n toestand kry - hulle is oral om jou - jy kan hulle nie miskyk nie - dalk is ek self een van hulle - sal ek maar my Gunthie vat en op 'n berg gaan bly.  Daar is niks meer in hierdie wêreld wat ek begeer nie.