Sunday, 26 August 2012

Raar maar waar


As jy iets aanhoudend by iemand leen, sal hulle dit mettertyd vir jou gee (dankie Elizabeth vir die sportsak)

Ek sien toevallig ‘n ding wat soos ‘n hoedjie lyk in Gunthie se hok.  Dit lyk baie na ‘n hoedjie wat ek vir iemand in Buffelsbaai gekoop het.  (toemaar Gunth, die keer het ek dit ver weggegooi) sorry sissie,

Mense maak net hulle skoene skoon as hulle vir ‘n onderhoud gaan.  Nie eers Kerk toe gaan is inspirasie genoeg nie. (sies jong)

Gunth het gesê hy wou eintlik ‘n brandweerman geword het.  Jy sal verbaas wees met die angstigheid wat hy ‘n vuur blus.  Die potensiaal is so duidelik daar.  Ek steek iets aan die brand, kom hy aangehardloop, blaf en blaf en blaf, druk my uit die pad uit, en trap die vuur dood.  My baby boy! I love you. – wat is so raar maar waar aan die brandweerman-storie?  Dis raar dat ek iemand kan liefhê.

Ek neem nou gereeld vir Gunth vir ‘n middagstappie.  Die stappery by die klub is ok, maar met my Gunth is daar iets spesiaal aan die uitstappie.  Ons twee doen ‘n 5km, terwyl ek so nou en dan stres, jy weet nooit met Gunth wanneer val hy aan nie.  Sonde om te sê, julle bokslagters kak as julle die storie oorvertel! Hy het amper ‘n klein baba van haar plastiek fietsie afgehaal.  Blykbaar was die gedaante/gedoente van ‘n ding wat lyk soos ‘n hasie op ‘n scooter wat girts-garts oor die sement en klippe ‘n vreemde verskynsel.  En mens weet ook nie hoe sien Gunth wat met die ou een ogie nie.  Gelukkig het ek hom styf op ketting, en kon ek hom betyds terugpluk.  Die mom en dad het so groot geskrik, nie ‘n woord van hulle gehoor nie.  Al wat ek kon doen was om hom terug te pluk, en die shockstok te laat rattle hier by sy neus.  Ek kan mos nou nie vir seuntjie shock nie.  Hy was net so onkant gevang deur die gebeurlikhede.  Dalk moet ek maar daai strespille begin drink.  Ja seuntjie, daar is oral crime.  Nie eers 'n walk in the park is meer veilig nie.