Ek weet nie wie gaan julle die
dag entertain as ek nie meer daar is nie.
Julle verlekker julle so in al my skaamkry. Maar toe maar. Ek gaan julle nog ‘n staaltjie vertel. Nee bokslagters, jy snuif dit nie deur jou
neus nie. Dis ‘n storie. Maar baie, baie belangrik hierdie keer, is
onthou tog net, dat hierdie ander mense is wat ek van weet wat die goed gedoen
het. Ek sal maar wel die hoofrol vir
julle speel .......
Ek kom nou die aand van die kerk
af. Ek stop voor die hek, klim uit die
kar uit, sluit eers die kar, beweeg na die hek toe en sluit die slot oop, en
stoot die hek oop. Met die omdraaislag,
wragtag, sal julle my nie glo nie, verskyn daar eweskielik ‘n skaduwee regs van
my, oppad bo-op my, dit alles in die straatlig, maar ek skree, ‘n
bloedstollende diep geluid van agter my keel nogal uit, en ek koes, en fok,
sien ek dis my skaduwee. Met die kom my
man uit die garage gehardloop om my te red, maar toe skrik ek nog groter. Ek draai rustig om, want ek het die beweging
toe nog nie heeltemal uitgevoer nie, en ek sluit die kar se deur oop, en hy
vra: is dit jy wat so skree, “nee, wie skree vra ek?” Ek klim in die kar en trek in die garage in
terwyl hy die hek toestoot. ‘n Ander
hond wie se naam toevallig ook Gunthie is, het intussen op die toneel verskyn
agv die snaakse geluid, can you believe it?
Hy soek ook rond na die gedoente wat sulke geluide maak. Nou hoor ek agterna, die pepperspray was in
die hand, reg om gespuit te word, in die hardloop word die bottel nog geskud
ook om seker te maak die inhoud is mooi los .... kom om die hoek, reg vir aksie,
niks gaan aan (voel soos ‘n dom doos).
Ek is natuurlik dadelik bed toe. Dit beteken die res van die huishouding
is reg vir relax-time. Me-time. Niemand was hande voor me-time of
bed-time. Die behoefte van elke ware
man, me-time, is totterman-speel time-rub the balls-time. Pepperspray-hands-time. Cool!
I love a happy ending!