Thursday, 13 September 2012
SSK 301
Ag, julle weet seker nou weer nie wat dit beteken nie. 301 is die vreeslike gedoente wat ek nou weer aanvang. Hoe hoog is die berg, kan ek dit doen? Ja ek kan. My grootste bekommernis net die voete wat dalk van sweet of iets blase kan vorm. Ek het gister kamtig ‘n trialrun gedoen, en in die nag wakker geword met ‘n nekpyn. Toe drink ek gou ‘n brufen. Ja, brufen werk vir baie dinge. My nek was styf. Dis die laaste keer tot na die marathon wat ek met julle sal praat. Ek sal probeer fotos neem. My kollega het sommer self ‘n storie hier aanmekaar geslaan van: sy gaan saam met 5 ouens die berge stap. Ja, beaam ek, en las by : I will tell them: How do ya do? Please to meet you. I am single. I have no child or crow. Show me ya wallet. Die inwoner wat my gedoop het SSK noem my: sy soek kos, maar in hierdie geval sê hy, moet ons dit nog steeds noem SSK, maar ons noem dit: sy soek kak. (my kar se registrasie)
Dis snaaks hoe mense onwetend die spyker op die kop slaan. ‘n Ander Pastoor maak die opmerking dat ek ‘n lieflike mens is. Ek sê toe nadat die storie by my uitkom, dat hy blykbaar net die een ou Maratjie ken, en nie die ander een nie. Wraggies, spyker op die kop. Dis so! Ek eet tot nou al vir twee Maratjies. Waar ‘n rokie trek, moet daar mos ‘n vuurtjie brand. Double vision. En dan gaan julle my nou weer nie glo nie. Ek sien deesdae double vision. Sover ek loop, sien ek goed verby my beweeg. Ek sweer, tot nou die dag, toe ek in my kantoor sit by die werk, tap iets my op die skouer. Gisteraand weer, sweer ek iemand skop my laptop se kragprop voor my voete in, terwyl ek die tou uitmekaar probeer haal. Anderdag is ek ook op die skouer gedruk by die huis. Is the double vision following me? Is it a double tapping now? Am I eating for the other person. Was this person hungry? Trying to remind me that it is time for a snack?
I do not know. Ek weet wel dat ek in die laaste maande beleef het hoe ander mense jou lot kan bepaal. Ek weet waar moet ons geloof lê, maar dis altyd eers donker voordat jy kan vrede maak en berusting vind. Mense se motiewe en die manier waarop hulle beslissings fel oor ander, is absoluut skokkend. No mercy. Daar is altyd iemand wat gereed is om jou uit te haal. Sprakeloos. Watch out.
Maar, die eindelose gespook van mense om iets te probeer wees. Dis die een vergadering na die ander, alles net praat praat praat tot vervelens toe. Is ek versadig? Nee, kos sal my nooit versadig. Ek praat van ‘n ander versadig. Ek kan nie meer verstaan hoe raak mense opgewonde. Ek sien die ou in die bank, rasend opgewonde, hy is oppad iewers na ‘n ander land seker, hy lag en gesels en praat praat praat, en ek kan nie verstaan wat daar aan die storie is wat hom nou so opgewonde laat nie? In die eerste plek is die ure-lange vliegtuigrit ‘n nagmerrie. Tensy hy gaan om iemand te red, om ‘n verskil in die lewe te maak, wat kan tog so aangenaam wees? Julle met die diepe begrip sal my verstaan. Hoeveel kan jou oog inneem om jou te versadig? Hoeveel mooi kan jou oog sien, indien dit nie jou hart ook kan raak, en daar dan iets uitvloei wat die mooi effektief maak. Dit gaan te lank vat om die dommes te verduidelik hoe werk die woord versadig. Kom ons skip julle maar net. Ek laat julle met die IK’s met die gedagte. Ok dommes, julle mors my tyd, maar hier is ‘n klein voorbeeld. Kan jy vir ure en ure en dae en maande sit en kyk na ‘n mooi berg, ‘n sneeubedekte heuwel, jou skoonpa op sy trekker? Julle sal seker erg gefassineerd wees. Ek dink as daar ‘n beseerde skaap op die trekker was wat gered word, sou ek vir maande en maande kyk, andersins sal ‘n tweede kyk my al begin verveel. If you know what I mean. Ok ons praat weer anderdag.