Ag tog my liefste onskuldige
sensitiewe lesers. Julle ken duidelik
nie die emosies waarmee ek worstel nie.
In julle volmaakte voorgee-lewens is daar nie ‘n fok nie. Julle sinne is skoon en heilig. Probeer tog verstaan dat ek nie so kan wees nie. Ons het nou al baie dinge deurgegaan op
hierdie blog. Van hartseer, jags, siek,
jaloers, mislik, ens ens gaan ons aan. Ek
het my idees, en vir my is hulle reg.
Enige iets wat nie na genoeg aan mý reg is nie, verwerp ek dadelik. Ek is net so.
Ek probeer altyd beter dink, beter weet, want ek wil ‘n beter toekoms hé. Ek probeer regtig hard. Iets wat my hard probeer in die wiele ry,
maak my histeries. Ons is deur bekering,
liefde en so en so gaan ons aan. Dit lyk
my ons gaan die dag bereik dat my waansinnigheid my einde gaan beteken. En die beste van alles, julle gaan dit
beleef. Byt net vas. Hierdie is soos ‘n storieboek, dit sal nie
verweer of die blaaie uitval nie. My
woorde sal vir altyd vasstaan in hierdie sondige lewe. Jare na my waansinnigheid en as julle ook al
dood is, sal daar nog mense wees wat toevallig op my blog afkom. En onthou net altyd, ek val julle nooit
persoonlik aan nie. Ek val die wêreld se
mense aan as ek begin jy en jou. Moenie
sensitief wees nie. Die jy’s en die jou’s
is die mense wat my pyn veroorsaak.
Geweldige pyn. In my hart. Soms in my gat. I love you.