Ek is binnekort 50 jaar oud. O my! Dis eenvoudig verskriklik. Een troos wat ek wel het, is dat wanneer ek bed toe gaan in die aand, die volgende NIE op my bedkassie is nie:
Pille,
glas en kraffie met water om pille mee af te sluk, glas met water vir vals
tande, tissues, vicks, wekker, iets vir sooibrand, slaappil, pantoffels voor
die bed, piepot onder die bed.
Nee, ek
is ‘n moderne geval: (bril), Samsung Tablet vir nuutste wêreldgebeure, e-books
en internet terwyl ek so lekker agteroor lê, alles in groot skrif, shockstock
met skerp lig op die bedkassie, alarm langs my onder die kombers, plakkies voor die bed. En terwyl ek so karring, WhatsApp ek gou ‘n
paar “signals” deur. My laaste gedagte
is nie more se kospotte of werk nie, nee, dis ‘n nuwe geslag gedagte: what if
crime strikes. So terwyl ek stadig aan
die slaap raak, met die fan full blast op my, en ek klou aan die dik
duvet, gaan ek net gou deur my plan van
aksie net in case. Met my laaste blik op
die gordyn, wat effens weggetrek moet wees dat ek enige verdagte bewegings kan
raaksien, verkas ek dan droomland toe.
Gepraat van droom en die piepot.
Ek was jonk, in die laerskool, dieselfde tyd toe ek mos die wyn gesteel
het, (het ek deur ‘n slegte stadium gegaan? Dieselfde tyd toe ek paar 20c gemaak het deur aandag te gee?) Miskien was ek baie oulik as kind, maar dalk
het iets gebeur wat my ge-scar het.
Wel, ouma
het die gewoonte gehad om in die middel van die nag die lig aan te sit, dat ek
en sy kan pie. Dan doen ons die ding,
sit die lig af en almal slaap tot die volgende oggend. Een nag, doen sy toe dieselfde. Maar ek weet nie wat het verkeerd gegaan, al
wat ek weet, ek het nog nooit in my lewe gevloek nie, maar daar sit ek toe nou
op die piepot waar sy my wil hê, maar ek verstaan not ‘n donner wat moet ek
doen nie. Nou vra ek: wat moet ek doen? Moet ek moer, moet ek kak moet ek fokkof moet
ek bliksem? Dan sê sy, “pie” dan begin ek weer.
Wat moet ek doen? Donner, bliksem,
kak, fok? So het dit aangeegaan tot ek
terug gejaag is bed toe, ouma hoog befok.
Onskuldig staan ek toe die volgende oggend op, gaan skool toe,
onskuldige kind wat ek is. Toe ek die
middag van die skool afkom, staan my tannie en ouma vir my op die stoep en inwag. Wat ‘n gedoente. Baklei hulle met my! Waar in my lewe kom ek aan die reg om so met
ouma te praat bla bla bla. Ek was uiters
geskok. Dis soos wanneer jy te veel
gesuip het die vorige aand en goed gedoen het wat jy niks van weet die volgende
oggend, en almal loer jou so onderlangs en weier om met jou te praat. Presies net so. En het hulle my geglo? Nee, wragtag nie. En ok, julle wag natuurlik weer dat ek iets
moet sê wat ander mense nooit sal sê nie.
Ouma moes maar die lig aansit in die nag, anders het ek die hele matras
nat gepie. Nou hier is huiswerk vir
julle: retards, julle doen niks. Die
slimmes, wat sou die rede wees dat kinders in die bed pie? Hulle weet nie hulle wil pie nie, die nood of
die druk op die blaas maak hulle nie wakker nie. Hulle slaap ‘n dooie hou en weet van niks,
hulle doen snaakse dinge, gaan in ‘n ander wêreld in, ons is nou al gevorderd
in jare, vergeet wat die dokters of wie ook al sê. Wat is julle mening. Is dit dalk die brein se manier om alles af te skakel wat nie reg is nie? Party pie in die bed, ander klou aan hulle
kombersies? Wat doen kinders nog om af te
skakel van die werklikheid? Julle mag op
die een antwoord op my epos.
Onthou ek
oefen nou berading, julle is verplig om te antwoord. Hierdie is ook ‘n bewys wie van my
bewonderaars die retards is.