En dis ook nie ‘n grap om saam met die groot manne te staan nie. Met Gunther se 3e klassie, raak ek paniekbevange. Die oomblik is net te groot as hy met sy brute krag gereed maak om van die ander manne aan te vat. Ek kyk vir niemand. My oë is net gerig op hom. As ek een enkele oomblik verslap, is daar nare gevolge. So tussen my stywe arms en stywe leiband en stokstyf oë, met bene wat stokstyf staan om nie onkant gevang te word nie, dink ek vir ‘n oomblik: o nee, hierdie stres is nie vir my nie. Die hitte is ondraaglik, die gras laat die honde jeuk. En die oomblik is vir hulle te groot as daar op en af parade word, en hulle mekaar so onderlangs beloer. Nee, dink ek, ek kan nie nog ‘n klassie doen nie. Ek sal dit nie oorleef nie. Met al die geblaf van die ander honde wanneer een van hulle geleer word om aan te val, en geknor van die een langs my, wil Gunther absoluut net sy frustrasie gaan uithaal. Die een outjie bly vir sy varkhond sê: nee seuntjie, staan stil. Daai maatjie wil nie met jou speel nie. Op een stadium is ek en Gunther geknoop in die leiband, dit nadat ek hom moes tug met die skerp nekding wat die hel uit hulle knyp. Gunther is dors, warm en ek soos ‘n blerrie mal ding rondomtalie, en op ‘n stadium begin hy hap, en is my gesig so na aan hom, dat die tweede hap my amper raakvat. Imagine waar lê my stresvlak op hierdie stadium! Ek gaan in ‘n skoktoestand in. Ek verdien seker die eweskielike gedrag. Met al my geruk en pluk, is Gunth ook nou al mooi die donner in. En dit sal my leer, hou jou gesig uit die slagveld uit, stupid. Oom Marc sê, moenie worry nie. Gunther doen goed, net ‘n bietjie insecurity. Dan loop hy soos ‘n stoetbul met sy voorarms daar rond. Sy girlfriend is ook daar. Ek weet nie is sy vet, of is sy swanger. Maar ek hou van haar. Sy sê vir almal: Hou twee meter uitmekaar. Groot honde soos die trek ten minste twee meter! Ag dankie tog vir jou. Soos gewoonlik het ek nie geworry om te hoor wat is jou naam. Ja, skree sy, hierdie een byt, en daardie een byt. Natuurlik is Gunth een van hierdie een. Die daardie een is een massiewe groot hond, ook van Gunther se breed, ek is nie seker. Doodstil. Maak nie ‘n geluid nie. O tog, dis erg. Ek is oortuig daarvan dat ek defnitief nagmerries kry, maar die trauma is so groot, dat ek dit nie kan onthou nie. My babaseun het nou leer aanval. Met klassie een wou hy niks weet van Marc en sy tools. Sondag toe Marc aan hom karring, toe byt hy. Op die regte manier wat hy geleer word. Marc het die ding aan die arm wat die honde moet afvat by hom, dis oor sy hele arm gedraai. Die honde hou aan aanval totdat hulle dit het en vat dit dan vir sy baas. Sê ek toe nou weer iets pittig, julle ken my mos so skerp: O, dis hoe julle die honde leer. Die ou wat hy aanval, dié se arm moet hy vir sy baas bring! Ai maar dis cool!
Monday, 4 February 2013
Die Manne