My ouma
het net altyd haar kop geskud en gesê: Meraaitjie, jý. Meraaitjie was besig die laaste week. Dankie vir my bewonderaars wat navraag gedoen
het. Ons het gewoeker hier in
Gauteng. Kaptein Doodles het sy huis
mooi ingerig. Die ‘army-seil’ gebruik hy
as beskerming vir donderstorms. Gunther
het een dag voor hom gesit en blaf en blaf.
Toe neuk ek hom met ‘n stomp. Nou
los hy Kaptein Googles, ek meen Doodles,
uit. Jammer, as ek stres verwar ek die D
met ‘n G. Terwyl ons die army-kamp elke
aand bewonder, tref dit my ek moet my Kapelaans Level 2 doen in April. En ek moes verslae ingestuur het. Vergete is Googles se kamp. Dadelik tref ek reëlings vir ‘n verslag en
verlof, na 2 nagte se bekommernis oor die saak.
Die verslag demand ek toe Meraaitjie styl by die werk. Julle moet dit lees. What a piece of art. Intussen was daar verwikkelinge by Simba se
nuwe huis. Nou hier is die onderskeid
alweer. Dis eintlik ook ‘n piece of art
dat mense so fokkon pateties kan wees.
Na Simba paar keer by die hekkie uitgekom het met haar nommer 3 lyfie,
na ek die materiaal gegee het vir ‘n ordentlike afskorting ..... word sy toe na
goeddunke toegemaak in die garage wanneer daar kerk of winkel toe gegaan
word. Natuurlik, ons meisies laat ons
nie mishandel nie. Sy sit toe so ‘n bek
op, dat die hele behuisingskema kla oor die slet-gedrag. Dit kos my haar gaan haal op ‘n Sondag, my
moer so sleg gepluk, ek stuur vir sissie in, terwyl ek in die reën op die
sypaadjie wag. Kon nie enige tipe van ‘n
retard face op daai oomblik nie. Dis
hier waar die kaf nou van die koring geskei word. Breins. Breins breins breins. That is all you need. Ek bel Oord toe. Ek kry pleegsorg vir Simba vir een nag. (hoekom, Gunther sal nie laat sy een druppel
pie waar hy by is nie) Maandag verskuif
ek haar na pleegsorg nommer 2 toe. Van
die kombuis se kant steel ons fyn vleisies.
(kaptein Doodles se proviant ook sommer in dieselfde pakkie). Reël nommer een. Geen inwoner mag ‘n dier aanhou, tensy hy/sy
met die dier ingetrek het nie. Dis die
geregistreerde reëls by die Aktekantoor.
Fine. Do not mess with
Meraaitjie. Ek slaap vir 2 nagte nie,
met sukses word ‘n idee gebore: Sover ek
beweeg slaan ek sielkundig toe waar ek kan.
Taktiek. Breins. Plant die saadjies. Speel op gevoelens. Sorg dat die jury presies weet wat ek wil hê
hulle moet weet. Stemdag: ek sit heel kuis laat die jury die besluite
neem. Ek praat nie ‘n woord nie. Die uiteinde!
Mission accomplish! Simba maak
die besluit van haar lewe. Sy word ‘n
Jodin. O my soul! Simba!
Ek sluip so nou en dan skelm verby haar nuwe kwartiere. Simba steur haar aan niemand. Sy het tuis gekom. O my! Simba!
Die hele Oord weet van Simba.
Almal stap oor en gaan kyk na die Jodin.
Die Jodin wat haar Joodse ma sover kry om weer uit die huis te kom. Om weer te voel haar lewe het betekenis. Saam stap die twee ewe swaaiboude die strate
af. As ek die twee ‘n goue kroon kon opsit,
sou ek. En as ek so ewe ongeerg navraag
doen oor die twee Jodinne, dan verhelder die gesigte terwyl ek met ‘n trommel krone
vir myself na die verslae luister.