Daar kom ‘n tyd in mens se lewe dat jy ‘n sterk gevoel kry om aan te beweeg. Dis asof omstandighede alles saamval soos die dolosse wat val soos dit moet. Ek dink ‘n mens is gebore om te swerwe. ‘n Rustelose siel. Wat die siele van die wat saam hulle beweeg omkrap. Ye right. Dan is dit maar so. En as ek nou mooi sit en dink aan hierdie dinge, en ek dink aan sekere gedeeltes in die Bybel, dan voel ek nie asof ek iemand te na kom nie. Daar is sekere regte wat ‘n persoon homself kan toe-eien as die situasie dit regverdig.
Ek kan
nie glo dat Doodles so diep in my hart gekruip het nie. Ek het sy hok groter gemaak. Hy is nou ‘n volwaardige deel van die
gesin. Ou snaaksie, partykeer as ek in
die hok staan en krap in sy slaapplek, dan klim hy so ewe in hier langs my
verby asof hy wil kyk wat ek doen. Hy
slaap op sy sy, nes ‘n kat. Eerste keer
gedink hy is dood, roep en roep, maar hy
is so diep in droomland, hy hoor niks.
Daar is
altyd keuses wat gemaak moet word. Ek
het simpatie met die posisie waarin jy jou bevind my sussie. Dis maklik om beter te weet, maar ons is nie
in jou situasie nie, en ons is ook nie jy nie, ons dink anders. Op die einde van die dag verloop al die
beplanning in elk geval nie soos wat ons dit voorsien het nie. Jammer as ek so hard is met die mense na aan
my.
Terug na
paragraaf 1. Waarop stuur die paragraaf
af? Ye right. As ek ‘n mandjie mielies het, is dit my keuse
om daarmee te maak wat ek wil, want wetlik gesproke, het ek dit gekoop. Almal het gesien toe ek die geld betaal
daarvoor. Dis myne. Indien ek dit langs die pad in ‘n onbesonne
oomblik laat val, en dis vol grond, en ek sit dit terug en stap verder, is dit
ook my saak. Dis myne. Nou hier kom die moeilike deel. As ek gesien het jy staan vir my en kyk, en
jy sien iets is fout, want die mielies lê die grondpad vol, en jy kom help my
nie, wat dink jy gaan my reaksie later wees.
Moet nou nie slim raak nie, onthou die woord later kan 5 minute later
wees, of dit kan latere jare wees. Die
punt? Ek sal nie daar wees om die reaksies te sien nie. Ek sal nie (soos jy) nodig hê om te maak of
ek nie gesien het hoe jy met jou mielies val nie, sodat ek jou nie hoef te help
nie. Ek laat die saak hier....
Ek weet
julle verwag nou iets eerliks van my. Ek moet dit van my hart afkry, want dit broei
en broei. Al wat ek my lewe lank gevra
het, was ‘n klein bietjie erkenning. En
of dit reg en of dit verkeerd is, wie worry. Ek het my slegste gegee, en later wou ek net altyd my beste gee met alles wat ek doen, moontlik om met my gewete saam te leef aangesien ek die enigste sondaar is. En wat my regtig erg beswaard maak, is
die feit dat ek blykbaar in my persoonlike verhouding met mense die onmoontlike verwag. Ek wou net die bietjie wat in die emmer oor was, mee woeker. Want in die emmer was ook 'n saadjie wat in my geplant is, dat hopeloos, sleg is. Whatever. Laat ek toe dat swakkelinge my kranksinnig maak?
Terug na
paragraaf 1 en 4.