Ek het
baie werk gedoen die naweek. Twee notules,
die Kerk se boeke, die Kerk se vorms, Kerk toe gegaan, Gunther gevat vir ‘n
stap, Kokkie twee keer uit die hokkie gehaal, Doodles gevryf en vlooipoeier
gegooi. Voorberei vir 2 vergaderings vir
die komende week. Navrae op my ander
Oord se boeke gedoen. Intussen nog
geclick for my mercy goed. Gevote vir
Gunther. My “Causes” se petisies
afgehandel. Die bossies buite gif
gespuit. Gunther se siek oor
behandel. Die Kerk se geld getel, my
toonnaels gesny. Intussen gou 2 movies
gekyk ook. Nou ja, daar is nog tyd om gou
te blog. O shit, ek het vergeet om my
pruik te was.
Dit was
die gedagte wat vanoggend deur my kop gegaan het toe ek ewe vol sonde die kerkbank
warm sit. Hoe sien ons onsself. Pasop om nie verward te raak en iewers in te
bring: hoe dink jy sien ander jou. Nee,
dis hoe sien jý jouself, En vergeet nou
van jou geloof en Bybelgesig. Alhoewel
die gedagte in die Kerk gekom het, het dit niks uit te waai met jou gevoel vir
God nie. Daar is egter een uitsondering,
as dit swaar op jou hart lê, dan moet moet moet jy dit noem. Ek het nie juis aandag gegee nie, maar toe
die liedjie: soos ‘n Hert smag na waterstrome smag my siel na U O God, .......
begin, toe tjank ek sowaar. En ek het
wraggies vergeet om ‘n tissue te vat!
Gunther
het mos die onvergeetlike of is dit nou onvergeeflike daad gedoen! Wraggies, toe J Vrydagmiddag instap by die
huis, en in die gang afstap, en by my studeerkamer se deur kom waar ek en Gunth
besig is met ons talle take, toe begin hy grom.
Toe hy sien J kom nog steeds nader ongeag sy waarskuwende gegrom, toe
val hy aan. O my soul! En hy neuk nie hier onder by die enkels rond
nie, nee, hy staan regop en baklei. J in
skok, skop na hom, ek in skok, spring tussen in. Ek kan nie sien dat Gunth aangerand word nie. Toe klap ek die deur toe om Gunth weg te
kry. Ek sê: ek sal self my hond
uitvat! Daarna moes ek mooi verduidelik
dat Gunth by die klassie leer as iemand aggresief nader kom, moet hy
aanval. Ek het het ook verduidelik dat hy eintlik so bietjie deurmekaar geraak het met wie
moet hy byt en wie nie. Jy weet die arme
hondjie is nog nie so lank by die klassie nie.
Ek het darem net nodig gehad om 9 tone se naels te sny. Die ander een is afgeruk in die proses. Alles gebeur ten goede.
Nee, ek
dink ek misbruik myself. Ek krap 2x ‘n
dag Googles se gate toe, dat hy weer nuwes kan maak. Dis goeie oefening vir hom. Hy laat toe dat ek hom vryf.
I feel
trapped. Daar is ‘n leemte in my lewe.
Hulle wil
nie meer hê ek moet my Beradingsdiploma voltooi nie. Hulle het besluit ek moet ‘n Maatskaplike
Werker (Bachelor of Social Work) word, die geld sal ons nie oor worry nie, ons
kan ooreenkom of dienste lewer of so iets.
Ek weet nie of ek kans sien hiervoor nie. Ek het raad gevra van iemand met baie gesag en
ondervinding. Hy sal more met my
praat. My vrees is: wat as ek faal?
Ek
wonder: op 50, is al die goed die stres werd?
Op die
einde, sal alles tevergeefs wees, alhoewel ons die tevergeefse pad moet
stap. Niks wat ek doen, geen lesse wat
ek leer, kan my verander nie. Net God
kan my verander.