Friday, 27 April 2012

Mooi so!


PRESTASIE VIR VANDAG:  30 KILOMETERS!

Mara, hoe voel jy na hierdie prestasie?

Wat meen jy hoe voel ek, my blerrie knieg is af, my linker holspier is verrek, maar aanhouer sal altyd wen!
3 Wenke vir vandag.                      Onthou om altyd op te warm voor 'n resies!

Cow Chorus Dancing Together As A Group                Maak seker dat jy ook die regte kos eet!

Fat Hugry Pig Chowing Down On Ribs And Bbq Sauce              As iemand voor jou in hardloop, trip hom!

Clip Art Image of a Stick Figure Woman Falling


Monday, 23 April 2012

You are One in a Million Billion!







QUOTE OF A LIFETIME

Don't let people brake the mirror you see yourself in


Thank you little lady for this valuable advise.  This is what I see in my mirror!




Wicked


Lady of the Manor



Sunday, 22 April 2012

What a night!


Toe ons parkeer om te gaan kyk na die kompetisie, sê sissie vir my, as ek nie lekker is hier nie, dan ry ek en dan kan jou broer jou huistoe bring, dis mos net om die hoek.  Dis terwyl ek uitklim.  Maar ek moer die kardeur so hard toe, tot amper in sy gesig.  As ek geweet het nommer 11 gaan daar wees, het ek op die plek vir hom gesê, fokkof huistoe doos.  
So kyk ons toe na die lywe.

Ek haal my hoed vir julle af.  Die dissipline en absolute lyding om te kom tot hier vanaand.  Dis wat eintlik my aandag getrek het na nommer 11 toe.  Ek sê vir sissie, kyk vir nommer 11, ek sweer hy is psycho.  Psycho is wat jy undercover noem, hy het ‘dit’ – een van die 'manne' het eendag gevra: nou wat is  ‘dit’, toe sê ek, jy het ‘dit’ nie, anders sou jy dit geweet het. Dit – is wanneer ‘n persoon uitstaan uit ‘n hele crowd.  En dan weet jy ook self nie wat is sy dit nie.  Jy kry net die dit seine oor die ofstand.  Wat ek eintlik bedoel het met psycho op daardie stadium toe ek met sissie praat, was dat ‘n psycho-dit-sein erg sterk gestraal het na my toe.  Nommer 11 het deelgeneem  na die groep waar oom Bossie was.  Al die jongetjies skree:  oom Bossie, oom Bossie, ek wonder of hulle maar net die oom –woord gebruik om hulle ware tiener-na-hero-na-sjoe oom Bossie, jy is wraggies meer as cool weg te steek dat hulle ouers nie weet hoe hulle nou eintlik vir oom Bossie sien nie.  Soos wat ek gemaak het met nommer 11.   Wie is nommer 11.  Kan iemand my sê.  Dalk het hy ‘n facebook, dan vra ek of hy wil be-friend met my.  Ek was eintlik bietjie afgepis toe nommer 11 sy alleen-pose moes doen, en hy kom op die stage met sy wit handskoentjies en wit cape.  Fok, het die man nie ‘n vrou of partner om hom reg te help nie?  Van watter gedeelte van die dorp kom hy?  Die wit cape om die nek met ‘n wit stringetjie vasgebind en swaard.  Dom Doos.  Hoekom het hy nie eerder probeer lyk soos Zoro nie, sou baie beter afgegaan het vir my.  Maar die crowd skree, common wat dink die wit kak is cool.  Dis op daardie stadium wat sissie gou buite gaan rook, en ek video-record toe vir Milky Lane, ook maar net ter wille van die psycho-image.  Sissie vra vanoggend, het jy vir Ronnie gesien, daar was verskriklike weer, nee ek weet van niks, het ook niks gehoor.  Ek was besig met nommer 11.  Ek pluk die foon uit toe sissie iewers heen ry om na die stuk artwork te kyk.  Net genoeg om weer my kop te skud – die moffie-wit-gedoente.  Fuck.  Ja, fuck me.  Maar die bietjie wat daar is, is oorgenoeg om weer die memory terug te bring. Geluk broer en nommer 11.  Julle is wraggies iets om na te kyk.   O ja, voor ek vergeet, iemand het my gevra wat is nommer 11 se telefoonnommer, want hy het 'n prys gewen.  As een van julle dalk kan uitvind en my laat weet.  Thanks.

Friday, 20 April 2012

Real Good

Recipe advice

Oestyd




Ek is in blom
Word gemerk
Nou jul geleentheid
 te vergoed vir ou-ou verleentheid

 kon julle nie probeer
om die uiteinde te versag
instede in die mou te lag
ek is die opmaaktyd
vir jul selfverwyt

dat ek met lus my hande in die vuil modder druk
maak ‘n tuin waarin ek kweek en vertroetel
dit rank met wilde doringblare deurmekaar droë groeisel

Na soveel seisoene, dan op ‘n dag,        die bloeisel !

Dis Oestyd

Mara maak vrede met die onreg

Thursday, 19 April 2012

There is a sadness in my heart



FOR IT WAS, ONLY YOU


In Memory 1998








VASGEVANG

is ek in jou
blik wat my sydelings dophou
hoe kan ek ooit verslap
terwyl jy my só bekyk
ek is vasgevang

in jou

LIEFDE WAT MY AANGAAP

jou hartstog wat my belustig
 van nou af
net jy en ek

daarom

GEE EK NIE OM

wie wat sê en waarom
jy was net daar
my opgeraap
nou’s ek joune
slurpend na jou passie
  plas en kwyl
 sidder
dis ‘n draaikolk
my asem snak
die pas is snel
ek knaag aan jou

sê my

Sê MY !

ons sal bly …

deur

EENMAAL WAS JY
WILDE JARE

 al die gevare
om jou tred te hou
onverskrokke
ek steier
 vasgedraai
swik saam jou

 was beskik

JOU DRAAD GEKNIP

 te gou

WAAR’S JY !

jou

HUIGELAAR

 het beloof
 my nooit te roof
van ‘n tydjie saam jou

ek soek
 soek in die sterre
waar jy sou
 wees

ek kry jou
IN MY DROOM

kry ek jou

nooit !
saam ‘n ander vrou
wat lyk nes ek

in ‘n goue sonkring
sit sy
ek vra jou, wie’s sy ?

jy sê :
Dis jy ! – die ander jy
wat my troos
tot jy kom na my

ons liefde so innig
sy moes help
ek het verwelk
sonder jou
tot in die hemel
moes God my red

 ek sê :


EK HET WEGGESTAP

voor ek omtol
  man van my lewe
wat ek altyd wou hê
jy was te wild vir my
ek’t verskrik bly lê
maar
ons was nooit klaar
Toe die hemelgees na jou staar
was jou begeerte
nog steeds ek

en in hierdie lewe
van my
is dit ook nog
net jy
 
my

HERO

wat kon veg
met die gereg
en kon stoei met ‘n leeu !
God se skepping
aanbid
jou medemens nie bekla
jou hart opreg

toe vat Hy jou weg

daar is ‘n rede
man van my

 nie ek of Mara weet

dalk weet jy






MY HART WORD NET VERSAG

 deur gedagtes aan jou.  Woorde skarrel   wanneer ek dit wil neerpen.  Woorde van smart het ek genoeg,  woorde oor jou kry ek nie.  Hoe kan ek dig oor liefde en blomme as dit reeds teruggekeer het na die stof wat dit was.  Uitgestrooi op die wildernis se vlakte – waar jou lewe was.  Soos wat jy was,  wilde man van my. 

Jy

 praat die praat
wat my in ekstase laat
druk my vas
met brute krag
dwing jou aan my op
jou aanval stoer
ek’s oorweldig
bedwelm
ek gee oor

O, Wat ‘n Man ! 

 my gentleman

Jy


weet tog net


HOE EK VOEL

te weet
 net ek
kon jou vuur blus
  jou kus
wat ‘n wonder vir my

die sterre vergroot
ek sien engele
spring stuitig rond
al oor die maan

te weet
net ek
vir jou was daar
net ek

daarom 






ÍS EK MAAR NET

geanker aan jou
wil nie loskom

ís ek maar net
op die weg
na weet nie waarheen

ís ek maar net
‘n asemhaal
in my eie stof

ís ek ‘n vrou
wat kan sê :
jou bestaan vir my
was verruklik !

DAN Sê JULLE

Mara, dig oor liefde en blomme
dis wat ons wil hê !
wat praat julle mense
 hoe kan ek dig oor liefde en blomme

kan ‘n voël vlieg sonder vlerke

jul paadjie is vroom
julle wat dit sê !
ken jul enigiets
van die goed waaroor ek dig ?

sommige moet ek sluier
maar as jul wil
sal ek dit afruk

kyk !
hoe lyk bloed oor die maan


TASTEND

val ek rond
krom bene
wil nie gaan waar ek stuur

doodloop
 jou en my

jou siel nog in glorie
die hiernamaals
wat ewig skei

ek wil dit nie weet !

 dan is ons familie
jy sal my verwelkom
 liefde en blydskap
- nie soos ek wil

ek wil jou liefhê
jou terughê
soos eenmaal toe

God onverstaanbaar
Sy liefde jaloers
een liefde seëvier
nie ons 
 die van ons Skepper
dis hoe dit is

Eenmaal was jy


WIE KAN ONS KEER

as liefde gil
ons rol en tol
so erg dis ‘n skande
 skreiend
hoe heerlik

ons brand
dit pyn
onaanskoulik
dis sondig
koppe verstar
in afguns
onder mantels
maak toe jul oë
sal uitbrand

  hartstog
 van jou
 nie skroom
hoe te bemin



BEWOë

dat ons saam tyd opgroei
ou gedagtes
wat nuwe
koers kry

moes ek nie wegstap
moes ek jou red

ag nee
ek wil dit nie dink nie
verborge trane
spoel oor my lyf