Die einde van die pad. Dis wat ek bereik het. Jy is die rede dat my siel verlore gaan. Ek is van bo to onder vol, maar tog ook so leeg. Ek bou, en jy Mr J, jy breek.
Friday, 30 November 2012
End of the road
Die einde van die pad. Dis wat ek bereik het. Jy is die rede dat my siel verlore gaan. Ek is van bo to onder vol, maar tog ook so leeg. Ek bou, en jy Mr J, jy breek.
Gevolgtrekking
Ek sal
graag o.a. vir my ouers wil vra: hoe kom julle tot hier. Hoe kom julle tot op 70 of even 80. Al die ouer mense wat ook maar hulle kruis
gehad het, en nog steeds het, en die wat nog steeds fukt-up is, is maller as
tevore. Hoe kom die malles tot
daar? Ek het myself nog altyd gereken as
‘n sterk persoon, maar deesdae wonder ek sterk daaroor. Ek moet dalk my blog verander na: Gedagtes
van ‘n waansinnige.
Ek moet
van daai drade in my bek laat sit dat ek nie kan praat of eet nie. Daar is geen ander manier wat ek my bek sal
hou vir die retards nie. Ek drink nou al
twee strespille ‘n dag, wat net mooi niks help.
Ek kan myself net nie beteul nie.
Gepil of te nie, dit borrel en borrel net uit. Ek het al tou om my vinger vasgemaak, ‘n ring
aan my vinger gesit, alles om te onthou: bedaar. Dit help nie.
Ek gaan nou my goue oefenraam-plastiekkrale om my pols draai. Dalk onthou ek om te bedaar. Julle moet verstaan. Ek probeer regtig om nie te kla oor die
ongeregtigheid van deurmekaar en wanorde nie.
Mens kan nie mense verander nie.
Maar ek faal keer op keer om nie aan te gaan asof ek uit ‘n gestig
ontsnap het nie. Ek het vanoggend tot
die gevolgtrekking gekom, oppad werk toe, dat die grootste probleem ek is. Ek was vas oortuig daarvan. Vanaand is ek skielik nie meer so seker
nie.
-
Mense kan nie verander nie
-
Ek kan nie verander nie
-
Mense en ek kan probeer verander
-
Dis nie te sê dit gaan gebeur nie
-
Die antwoorde wat ek op my vrae soek, kan niemand
vir my gee nie.
-
Hulle kan nie, want hulle WEET NIE HOE NIE.
Sunday, 25 November 2012
Moenie lees nie, slegte taalgebruik
Ek het
gevlug vandag. Myself toegesluit in my
kantoor. Ek sal gestraf word vir die wat
ek my klein goedjies so erg aantrek.
Daar is mense wat regtig erg erg rede het om morbied te wees. Soos die ouma wat nou weer oppad is na haar
vertraagde kleinkind. Sy gaan help haar
dogter met die kind. Ja, dis wat my
verstand vir my sê, maar dis nie hoe ek emosioneel voel nie. Ek dink net dat mens een of ander tyd moeg
raak vir die daaglikse stryd. Wat my
regtig regtig onderkry, is wanneer ek iets vra of sê, en die persoon wat my
moet antwoord gaan uit sy pad uit om seker te maak hy gee my sy kakste
antwoord. Aspris. Ja, ek oordryf nie, aspris. Maar, laat ek net die saak regstel. As ek nie meer kan of wil in hierdie wêreld
of lewe nie, gaan ‘n hele paar mense hulle gatte sien. Maar, nie eers dit maak ‘n indruk op die
retards nie. Op hierdie blog het ek al
baie van my gevoelens uitgelaat, julle is seker al gatvol vir my. Maar, ek sien hier kom ‘n moerse ramp. Onthou julle nou weer, as ek iets opfok, dan
doen ek dit behoorlik. Vra maar die
ouens wat my goed ken. Ek stap maklik na
die eerste en beste vuilste dronk boemelaar toe, en gee alles wat ek besit,
alles alles alles, vir hom. Om in ons
land iets vir iemand te gee ten bate van ons diere, is ‘n klug. Korrupte fokken spul. Ja, en wat my hartseer maak, is dat die
persoon wat my moet bystaan om ONS lewens en bestaan beter te maak, alles doen
om my te breek. Hoe het ons gekom tot
waar ons vandag is? Wie het ons gebring
tot waar ons vandag is? Meestal dom
donnerse ek. Let wel ek sê meestal, want
iemand anders kon ook dalk ‘n stukkie iets iewers ingewerk het. Let wel, ek sê ‘n stukkie. Dis altyd ‘me-time’ as ek wil praat oor
iets. Eintlik sal ek my bek hou as die –
miskien 3 – goedjies wat ek op ‘n dag verwag, gedoen word. Maar dit is te veel gevra. Gaan kyk maar weer na my gedigte, alles wat
ek vra is te veel. En fok my, glo dit nou of nie, as ek iets
bereik, dan word even dit teen my gehou.
Dis ‘n etterse gevoel. Dat ek nie
eers ‘n dom shit-fuck kan gelukkig hou nie.
Fokkon imbesiel fok. Ja, fok
julle, ek kan vloek as ek wil.
Saturday, 24 November 2012
Nie vir sensitiewe lesers
Julle sit
natuurlik in spanning en wag vir my om weer my ware kleure te wys. Almal wat ek ken is Christene. My kollega sê, drink jou strespil in die aand
dan slaap jy beter. Nee, ek drink dit in
die oggend, dat ek ten minste gedurende die dag amper ‘n christen kan
wees. Ek raak mal. As almal wat my ken, asb net nie met my sal
praat nie. Hoeveel keer moet ek dit
fokken vra. Los my uit. Hou julle fokken bekke. Sodra julle met my praat, raak ek mal. Julle is duidelik nie op my vlak nie. Bly stil! Bly stil! Moenie vra nie. Doen wat ek sê, en bly stil! Doen en hou jou bek. Doen en hou jou bek. Voer my opdrag uit en hou jou bek. Geen vrae.
Julle dom vrae en veral die stelling maak my mal. Ek is oppad na ‘n vroeë graf. Hier het die naweek al kos deur die lug
getrek, en kos is plat getrap op die vloer wat skrik vir niks. Ek trap daai peanutbutter rolletjie moer toe,
die maragarien en peanut peul uit en krul tot binne in my plakkie. Nadat ek vir sissie met die ding gegooi het,
en hy my weer met die ding gegooi het.
Dit was gister. Vandag, alles het
goed gegaan tot hy sy bek oopgemaak het, toe moes ek weer die cheese puf of wat
dit ook al is, so met my stuk brood in die hand aanrand, en sissie gryp die
bordjie, ek dag hy gooi my in die gesig met die goed, swaai ek so ewe uit die
pad uit, trek dit bordjie en al deur die lug.
Fuck. Daar lê die goed op die
vloer. Toe ry hy. Seker ‘n hoer gaan regsien. Hy pomp my mos nie meer nie. Ek dink ek walg hom. Nee, ek dink nie so nie, ek weet so. Ons pomp dalk so een maal ‘n jaar. Weet nie of hy sit en draad trek nie. Wie worry.
Julle weet mos ek voel ‘n fok. Ek
is besig om huis uit te gooi. Ek moer
tot die simpel troukaartjie in die asblik.
Geen waarde. Waar die stuk alien-kaartjie vandaan kom weet ek nie. Ek maak nie kaartjies bymekaar nie. As dit nie so hard was nie kon ek dit vir
kakpapier gebruik het. Ek gaan al hierdie
groente ook uitpluk. As sissie nie sy
vrot tamaties en mielies gaan natmaak nie, kan dit vir my part maar vrek. Ek gaan dit nie meer doen nie. Ek wil onsigbaar wees. Ek het myself van facebook afgehaal. Almal se dom kak wat hulle daar praat, is net
een te veel vir my. Ek kan nie nog een
keer na daardie simpele onnosele aanmerkings kyk nie. Dis alles net so leeg soos wat hulle vrot
koppe binne-in is. Ja, daar is fokkol
in. Vrot stink breins, Dalk moet ek drain acid in hulle ore spuit
dat die vrotsel ten minste kan uitspoel.
Fuck. My seun steur hom in elk
geval nie aan my nie. Ek follow sy lewe
op facebook, maar as ons in Afrika dan nie meer waarde het nie, so be it. Wie worry.
En moenie Merry Chrismas vir my nie asb. En geen ander goeie wense
nie. Ek het nie sulke wêreld-gemaakte-skynheilige-woorde
nodig nie. Al wat ons moet doen,
is: wees lief vir jou naaste. Dit beteken wees in stilte lief, verdra
mekaar, Dit beteken nie: praat kak
nie. Hou jou bek. Dan is jy lief vir jou naaste. As jy jou bek hou, kan jy nie skinder nie, of
sleg praat, of vloek, of te veel vreet ens ens ens. nie. Jy kan ook nie praatjies maak om mans se
aandag op jou te vestig dat jy hulle verhoudings of huwelike kan opbreek
nie. Of vir hulle blow-jobs gee nie,
julle slette.
Tuesday, 20 November 2012
Take a walk on the wild side
Ek en
Gunth het gaan oefen vanoggend. Geen
voorvalle. Ons het sommer weggespring
met ‘n draf. Oppad terug, dan gaan staan
hy in die koelte teen ‘n boom, lig die been so half skeef van moegheid en maak
of hy wil pie. Net om bietjie te
rus. Sy verdiende loon. Vroeg-oggend toe lê hy al en loer vir my soos
‘n moedswillige kind. Ie Ie ... ie ie
maak hy, en as ek vir hom kyk, dan kyk hy weg.
Sy manier om te sê ons moet nou gaan loop. Ek het geweet hoe gouer ons gaan, hoe gouer
hou hy sy bek. Dis vrek warm in Gauteng
vandag. Ek en Gunth speel speletjies
langs die pad. As hy begin om die mense
se gras uit te krap op hul sypaadjies, dan los ek hom, maar loer eers of
niemand sien nie. As daar ‘n kar kom,
dan trek ek hom so ewe beskaafd weg van die gras af, ons het maniere. Ek het besluit om die effek van drain-acid te
toets op bossies. Met my half stukkende
bottel en ‘n plastieksak om my hand, was ek reg vir die eksperiment. Hier en daar het my asem weggeslaan, en het
‘n paar druppels op my voete beland, en het ‘n druppel gewaai op my arm wat ek
sommer gelek en gespoeg het, en toe proe ek net drain acid. Toe lek ek maar sommer die hele arm net in
case. Sommer met die spuitslag, dan sak die bossie aarde toe. Wat ek eintlik wil sien, is hoe lank vat dit
dat daar weer op die spesifieke plekke wat ek gespuit het, weer bossies te
groei. Oral is daar swart dooie bossies.
Vir my baie beter as groen mooi bossies. Die wêreld is erg
deurmekaar. Geld is oral ‘n
kwessie. Humeure loop hoog, desperate
mense, uitgawes raak meer, uitgawes raak duurder. O my, waar gaan ons eindig. My een pilletjie het nie gehelp wat ek
gedrink het nie. Ek raak weer bietjie
histeries. Ek wou so graag met my
baaiklere wou rondstap vir ‘n hele week, by die see of swembad sit vir ure
sonder om te worry oor sand en ‘n skoon lyf.
My lyf smag na koel water. Ek is
ontwater. Ek sal hou van Knysna se
strand – daar waar ek gesien het die monster-wurms wat hulle uittrek onder die
sand. Sal ek nou bang wees om weer in
daardie water te spring en baljaar? Nie dat
ek weet hoe spring en baljaar ‘n mens nie.
Gunth en ek sal hardloop oor die duine, en so nou en dan, soos hier in Gauteng, dan trap hy op my plakkie waar hy kort agter my aankom met sy massa, dan vloek ek hom ....
Ek lees hierdie boek: The Fairest Among Women –
Shifra Horn. Oulik man.
Wednesday, 14 November 2012
Sweetie
Almal vra
waar is Tip Tolletjie. Tolletjie is
oorlede, sê ek, terwyl ek skuldgevoelens ervaar. Iemand sê, as ek aan jou dink, dan sien ek
Tolletjie se ou bekkie oop oop vir kossies.
Is my naam nou Mara Tolletjie? Tolletjie,
jy het met soveel passie in jou lyfie geleef.
Jy was die grootste voël. En die
manier wat jy self jou bekkie aan jou beddegoed afgevee het na elke ete, was
verstommend. En hoe jy soos ‘n baba
geslaap het met die ogies toe, tot ek jou wakker maak, was genoeg om my hart te
laat pyn van emosie. My hart het baie kamers.
Saturday, 10 November 2012
In die begin
Die
wêreld het my/ons ingesluk. Ek is so
bewus van my eie lewe-gang elke dag, elke dag het ‘n ander storie. Ek verwaarloos my mense. Wie is my mense. Ek weet net dat ek ‘n behoefte het om vir my
mense te sê: Ek gee om vir julle. Moet ek sê: ek het julle lief? Klink nie reg nie. Ek sukkel met die lief woord. Dis leeg en het geen betekenis vir my. Ek sal eerder vir julle waarborg, dat julle
‘n kamer in my hart het. Ek en Gunth het
gaan stap vanoggend. Ek het hom laat
loop oor die pers Jakaranda-blommetjies.
Dit was my manier om vir hom te vertel van sy kamer in my hart. En terwyl ons oor die blommetjies stap en die
bye om ons vlieg, toe val daar geel blommetjies uit die hemel oor ons
koppe. As iemand van lank lank gelede, voor dit
Oestyd was, ooit eendag vir julle sou sê,: sy het geen erg aan my gehad nie, sê
vir hom, hy het ‘n kamer in my hart gehad.
Friday, 9 November 2012
My liefste Tip Tolletjie
Die veearts het vir Tip Tolletjie
gevat. Sy sê die opgeblase sakkie onder
die vlerkie, is die lyfie se manier om ‘n wond/seer te beskerm. Dis hoekom Tip Tolletjie so ‘n sakkie gehad
het. Met die wat Tommy dalk vir
Tolletjie gevang het, het sy tande/nael iets gekrap aan die sagte lyfie. Maar Tolletjie eet soos ‘n haas. Aanmekaar.
Wat nou gebeur, Tolletjie bly agter, word gesond gemaak, en word dan
weer uitgeplaas om ‘n normale lewe te voer.
‘n Gesonde voëltjie as alles goed gaan soos beplan. Ek sal Maandag gaan kyk wat daar aangaan. Ek wil nie ‘n voël in ‘n kou aanhou nie. Sonde.
Al hoekom ek vir Kokkie in die hokkie het, is oor sy aangeneem is en nie
‘n ander lewe ken nie. Sy is ook nie
vandag se kind nie. My hart is seer oor
my Tolletjie. Ek weet nie wat aangaan
nie. Ek sit heeldag en huil oor voëls. Miskien is daar onderliggend ‘n probleem wat
die trane so laat vloei. Dalk het ek depressie.
Dalk het ek voëlsiekte. Ja, sien onder. My kop is suf, my oë betraand en my keel
geswel. My kam verkleur nou nie, maar my gemoed verkleur in 'n kwessie van 'n sekonde.
griepagtige simptome veroorsaak met sufheid,
betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook.
Sommige voëls sterf vinnig na besmetting.
Thursday, 8 November 2012
Net maar nog 'n dag
Kyk hoe mooi groot is ons
al. Vanoggend het ek gewonder of hy nog
lewe toe ek 4:20 my dag begin. Lê hy met
toe ogies en slaap. Ek het eers bietjie
geskrik. Dalk was hy nie gereed om sy
dag so vroeg te begin nie. Die mense by
die werk is mal oor hom. Hy het sommer
TWEE hokke persent gekry, en baie wurms uit die tuin. Hy moet veearts toe vandag. Onder die linkervlerkie lyk dit geswel. Hoop nie dis ernstig nie. Iemand het gesê lyk of hy ‘n “breuk”
het. Wat de hel. Kyk hoe oop is die bekkie. Ons altwee eet te veel. Kry mens 'n breuk van te veel eet? Hoekom het ek dan nie 'n breuk nie?
J is ook al weer kwaad vir
my. Ek oefen nou om glad nie meer te praat
nie. Ek kom mooi reg. Ek het net gisteraand weer geskel oor al die
deure gesluit was toe ek Kerk toe wou ry.
Plaas hy gee my punte vir my probeerslag, in plaas daarvan om sy moer te
strip. Ek wou ‘n epos of sms stuur om te sê: sorry. Ek het nie.
Ek glo nie aan al hierdie skynheilige woordjies wat almal heeldag loop
en praat nie. What’s done is done. Sorry verander niks. Sorry as jy in ‘n ander vrou se broek wou of
het geklim het, of wou geklim het, what the fuck, sorry se moer. Ek kan baie redes uitdink hoekom ek geskel
het oor die gesluite deure. Geldige
redes wat dom dose voor sal val, maar ek mors nie my tyd met kak praat
nie. Dan vloek ek eerder maar nog ‘n
bietjie.
Sunday, 4 November 2012
Gauteng
Sy sit en wag dat J vir haar die
kraan kom oopmaak.
Liefste Gunth
Ons twee het gaan stap, en
toe draf ons. Kyk hoe moeg is hy. Ek moet sorg dat hy fiks
is! In case of crime. Oral waar ons beweeg, word hy behoorlik
aangekyk. Soms, voor ek uit die pad van
aankomende mense beweeg, kan jy sien hulle trap ietwat onseker, asof hulle
rigting verloor het. Crazy dog! Crazy
mama!
Liefste Baba
En asof laas naweek se begrafnis
nie genoeg was nie, sit ek met ‘n baba.
J het hom betyds kon red van Tommy. Ek het
hom gisteraand horlics en water gegee, en vanoggend het hy horlics
gedrink. Die bekkie lekker oopgemaak vir
die gedoente. Watwou? As horlics vir my
help, kan dit seker ‘n baba-voël se lewe red.
Ja, ons kom nog by die pap uit.
Laat my dink aan hoeveel katte al deur ons grootgemaak is op
Idealmelk. Hy bly nou in my pienk plastiek koekblik.
Ek het vir hom 'n baba wurm gaan uitgrou in die tuin. Dit mag gebeur. Dis die diereryk. Ek het sorry gevra toe ek hom in twee moes sny sodat ek die twee dele in die baba se bekkie moes sit. Ek het dit met horlicks afgespoel. Nou slaap hy.
Subscribe to:
Posts (Atom)