Saturday, 10 November 2012

In die begin







Die wêreld het my/ons ingesluk.  Ek is so bewus van my eie lewe-gang elke dag, elke dag het ‘n ander storie.  Ek verwaarloos my mense.  Wie is my mense.  Ek weet net dat ek ‘n behoefte het om vir my mense te sê:  Ek gee om vir julle.  Moet ek sê: ek het julle lief?  Klink nie reg nie.  Ek sukkel met die lief woord.  Dis leeg en het geen betekenis vir my.  Ek sal eerder vir julle waarborg, dat julle ‘n kamer in my hart het.  Ek en Gunth het gaan stap vanoggend.  Ek het hom laat loop oor die pers Jakaranda-blommetjies.  Dit was my manier om vir hom te vertel van sy kamer in my hart.  En terwyl ons oor die blommetjies stap en die bye om ons vlieg, toe val daar geel blommetjies uit die hemel oor ons koppe.     As iemand van lank lank gelede, voor dit Oestyd was, ooit eendag vir julle sou sê,: sy het geen erg aan my gehad nie, sê vir hom, hy het ‘n kamer in my hart gehad.