Sunday 4 November 2012

Gauteng


Liefste Bokka,

Sy sit en wag dat J vir haar die kraan kom oopmaak. 


Liefste Gunth

Ons twee het gaan stap, en toe draf ons.  Kyk hoe moeg is hy.  Ek moet sorg dat hy fiks is!  In case of crime.  Oral waar ons beweeg, word hy behoorlik aangekyk.  Soms, voor ek uit die pad van aankomende mense beweeg, kan jy sien hulle trap ietwat onseker, asof hulle rigting verloor het.  Crazy dog! Crazy mama!


Liefste Baba

En asof laas naweek se begrafnis nie genoeg was nie, sit ek met ‘n baba.  J het hom betyds kon red van Tommy.  Ek het hom gisteraand horlics en water gegee, en vanoggend het hy horlics gedrink.  Die bekkie lekker oopgemaak vir die gedoente.  Watwou? As horlics vir my help, kan dit seker ‘n baba-voël se lewe red.  Ja, ons kom nog by die pap uit.  Laat my dink aan hoeveel katte al deur ons grootgemaak is op Idealmelk. Hy bly nou in my pienk plastiek koekblik.   

Ek het vir hom 'n baba wurm gaan uitgrou in die tuin.  Dit mag gebeur.  Dis die diereryk.  Ek het sorry gevra toe ek hom in twee moes sny sodat ek die twee dele in die baba se bekkie moes sit.  Ek het dit met horlicks afgespoel.  Nou slaap hy.