Tuesday, 20 November 2012

Take a walk on the wild side





Ek en Gunth het gaan oefen vanoggend.  Geen voorvalle.  Ons het sommer weggespring met ‘n draf.  Oppad terug, dan gaan staan hy in die koelte teen ‘n boom, lig die been so half skeef van moegheid en maak of hy wil pie.  Net om bietjie te rus.  Sy verdiende loon.  Vroeg-oggend toe lê hy al en loer vir my soos ‘n moedswillige kind.  Ie Ie ... ie ie maak hy, en as ek vir hom kyk, dan kyk hy weg.  Sy manier om te sê ons moet nou gaan loop.  Ek het geweet hoe gouer ons gaan, hoe gouer hou hy sy bek.  Dis vrek warm in Gauteng vandag.  Ek en Gunth speel speletjies langs die pad.  As hy begin om die mense se gras uit te krap op hul sypaadjies, dan los ek hom, maar loer eers of niemand sien nie.  As daar ‘n kar kom, dan trek ek hom so ewe beskaafd weg van die gras af, ons het maniere.  Ek het besluit om die effek van drain-acid te toets op bossies.  Met my half stukkende bottel en ‘n plastieksak om my hand, was ek reg vir die eksperiment.  Hier en daar het my asem weggeslaan, en het ‘n paar druppels op my voete beland, en het ‘n druppel gewaai op my arm wat ek sommer gelek en gespoeg het, en toe proe ek net drain acid.  Toe lek ek maar sommer die hele arm net in case. Sommer met die spuitslag, dan sak die bossie aarde toe.   Wat ek eintlik wil sien, is hoe lank vat dit dat daar weer op die spesifieke plekke wat ek gespuit het, weer bossies te groei. Oral is daar swart dooie bossies.  Vir my baie beter as groen mooi bossies. Die wêreld is erg deurmekaar.  Geld is oral ‘n kwessie.  Humeure loop hoog, desperate mense, uitgawes raak meer, uitgawes raak duurder.  O my, waar gaan ons eindig.  My een pilletjie het nie gehelp wat ek gedrink het nie.  Ek raak weer bietjie histeries.  Ek wou so graag met my baaiklere wou rondstap vir ‘n hele week, by die see of swembad sit vir ure sonder om te worry oor sand en ‘n skoon lyf.  My lyf smag na koel water.  Ek is ontwater.  Ek sal hou van Knysna se strand – daar waar ek gesien het die monster-wurms wat hulle uittrek onder die sand.  Sal ek nou bang wees om weer in daardie water te spring en baljaar?  Nie dat ek weet hoe spring en baljaar ‘n mens nie.

Gunth en ek sal hardloop oor die duine, en so nou en dan, soos hier in Gauteng, dan trap hy op my plakkie waar hy kort agter my aankom met sy massa, dan vloek ek hom ....

Ek lees hierdie boek: The Fairest Among Women – Shifra Horn. Oulik man.