Friday, 24 August 2012

Niks meer



Dis snaaks wat kos kan doen.  Ek het soveel opgekropte geen sin van die lewe in my, ek moes dit net met julle bokslagters deel.  Gelukkig het ek myself dik gevreet, nou voel ek net moeg en die drif waarmee ek my gevoelens met julle wou deel, is die helfte minder.
Ek mag vra wat is die sin van die lewe.  God het self vir Adam gesê: vervloek is die aarde om jou ontwil, met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring .... in die sweet van jou aangesig sal jy brood eet ..  As God dit gesê het, mag ek seker sonder om skuldig te voel my hart oopmaak en sê: ek het nie meer sin vir die lewe nie.  Niks wat ek doen, sal op die einde van die dag goed genoeg wees soos wat ek dit beplan het nie.  Alles is tevergeefs.  Niemand maak meer regtig saak nie, is dit?  My menslike natuur is so swak, as God nie vir my genade het nie, is daar niks wat my sal red nie.  Daar is vir my geen redding buiten genade nie.  Genade ook, vir hierdie doellose gevoel, nuttelose gevoel, op die einde van die dag, die vreeslike sondige gevoel wat ek te bang is om te uiter, ek voel nie meer die wil om te lewe nie.  Alles is tevergeefs.  Vader vergeef my.  U weet die swakkeling wat ek is.  Moenie my oordeel hieroor nie.  More voel ek weer beter. 

Maar vir nou wil ek net vir die bokslagters laat weet van die stryd in my.  Sal ek weer sin vir die lewe kry.  Ja, wie weet.
Ek probeer die beste wat ek kan, blykbaar is dit nie goed genoeg nie.  If you know what I mean.  Wanneer jy deur die maskers van mense begin kyk, dan begin jy op gevaarlike terrein beweeg.  Dis hulle wat jou in 'n toestand kry - hulle is oral om jou - jy kan hulle nie miskyk nie - dalk is ek self een van hulle - sal ek maar my Gunthie vat en op 'n berg gaan bly.  Daar is niks meer in hierdie wêreld wat ek begeer nie.
  




Tuesday, 21 August 2012



Gertjie het sy vinger op een of ander manier met ‘n vreeslike skerp mes ‘n groot gat ingesny, sodat die vingervet so uitpeul.  Nou weet ek nie wat presies met die vinger die probleem is nie, Gertjie sê die vinger moet nou eers weer gebreek word dat dit kan reg aangroei.  Gertjie is die outjie by die Kerk.  Ek sê toe vir hom: Gertjie, koop ‘n bottle brandewyn, dan drink jy die helfte skoon uit, dan eers breek jy die vinger.  Maar oppas, as jy dalk dronk is, breek jy die verkeerde vinger, dan is twee vingers moer toe.  Hy lag toe net en vra nege rand om te leen vir sigarette.

Die hairdresser loop met sulke kort treë, dan swaai sy die lyfie so heen en weer.  Sy staan toe voor my kollega, en probeer haarself baie ryk en vernaam hou deur te sê: Mauritius is die mooiste plek in die wêreld.  Die pragtige wit strande, die mooiste mooiste kleur water (ek kan nie die kleur onthou)  O! die beste plek waar ek nog was .... (swaai lyfie) .... (swaai lyfie).  Ek kyk vir my kollega, sy ken my kyk, toe sê ek, Ag weet jy, ek en kollega hou niks van Mauritius nie.  Ons gaan sommer Bona Core dam toe.  Dan braai ons, dan suip ons, en netnou swem ons tussen die hyecinte (ek sal later die spelling kyk), en dis net party-time.  Wie wil nou gaan rondloop op ‘n boring strand.  Ons is waar die aksie is.  By die dam.  Regte damduikers.  Ons eet barbers.  That is life.  Sy kyk my so geskok aan, toe swaai lyfie sy ewe verleë by die deur uit.  

Ja, waar is die dae.  Ek was ‘n damjoller.  Ek het boom gerook, geswem, en sexy gewees.  Ja, dit was dieselfde tyd toe die ouens wou gehad het ek moet vir hulle strip.  Hulle was super jags.  Maar ek sal julle los dat julle maar verder die storie uitdink.  Think what you like hey.  Freedom of speech, freedom of thinking!   

Friday, 10 August 2012

Karate Kid



Ek het so ewe braaf al my goed uitgepak om te werk, nou is ek nie lus nie.  Ek sal eerder gaan slaap.  Een broodrolletjie later met 'n sojapatty en my oë val toe.
Gaan maar tee drink om langer wakker te bly.  Ten minste tot 7uur (ha ha). I am NOT joking.
Daar was 'n inwonervergadering vanoggend, toe maak ek my appearance.  Die wat toe nog nie gesien het nie, sien toe die hare.  Ek is ook nie links nie, en begin daar met 'n modeparade vir hulle.
Toe ek klaar is, stap ek agtertoe, en daar sit die voorsitter so ewe.  Hy sê toe: Elmarie, ek hoor jy is 'n expert op pruike.  Kan jy ons dalk help?
Natuurlik, ek weet alles van pruike af, sê ek toe.  Sy vrou is nou half in 'n ander wêreld, nou moet hy haar help aantrek ens.  Lyk my die hare het hom ook onder gekry.  Hy gaan ook nou pruik koop!  
Ek het die hare gister gewas met babashampoo en stasoft, die vrou by die oord wat al jare pruik dra het die resep gegee, alles in koue water.  Vanoggend toe lyk ek weer soos 'n nuwe vrou en ruik so lekker.  Ek het nou 'n koue tamatie geeet, nou pyn my tand.  Blerrie hel.
Darem het Johan die skottelgoed gewas, net 3 potte en 3 bakke gelos.  Ek sal dit seker more moet doen, dalk doen hy dit voor ek daarby uitkom.  Ek het nou die dag een van Johan se plakkies in Gunther se hok gekry, toe steek ek gou die ding weg onder die tafel in die eetkamer.  Paar lelike merke daarop.  Hy het toe glo gesoek na die ander een, en kry toe 'n brainwave dalk het Gunther die ding, en wragtig, kry hy dit in sy hok.  Dit was toe ek Klerksdorp toe was.  Hoop nie hy het my hond aangerand terwyl ek weg was nie.  Gunthie sal hom byt.  Hy vat nie kak nie.  Gunther wag net tot Johan sit, dan kom lê hy voor die glasdeur en "ie ie ie" Dan vlieg Johan op, dan jaag hy hom, dan vlieg ek uit, dan vloek ek Johan, " ek gaan jou fokkon wegjaag - gaan soek vir jou ander blyplek”  Dan gaan sit ek, dan gaan sit Johan, dan kom Gunthie weer terug, Dan is dit weer Johan wat opvlieg" voetsek”, dan vlieg ek op, jou dom p*@s ..... fokkon damduiker, dan moer ek hom, nou die dag toe skop ek hom op sy been, en toe kap ek die wasgoed ophanglyn se pote in sy tone in, hy skree, ek attack.    Tot Kokkie begin naderhand skree.  Ek wonder of die mense hier agter iets kan sien, of die gevloek kan hoor!!!!  Ek is 'n damduiker.
Ek sê vir Johan, doos, ek mag nie sulke bewegings uitvoer nie (karate kid) - nie in my kondisie nie! Hierdie oefening hou soms aan vir ‘n hele paar uur. Op en af, vloek, skree, op en af ... En al die goed gebeur net as Gunthie sien ek is by die huis.

Kyk ons maak hom klaar.  Tot Sandy, as hy op die bank sit, dan kom staan sy so ewe voor hom, dat hy kan move, sy wil graag daar lê.  Hy gaan ons almal nog uithaal,  (ok ok have mercy!)

COMMENT:  One submarine down! 
Ons is mal damduiker maplotter fokkers! Don't mess with us!

THANKS DOLL!

Wednesday, 8 August 2012

Sax


Ek het die ou geken, hy het altyd by my gekla: my vrou wil my nie sax gee nie.  Dan luister ek maar, en al wat ek kan sê is: Ai, nee jong, ek weet nie.  Om ‘n ou se bek toe te kry wat so kla, is maklik.  Jy sê net: Ja, elke huis het maar sy kruis.  Nou gedink aan sax, onthou die dokter wat die kruis oor my gebring het met sy gebreekte bene storie, wel hy beweer dat enige val in my kondisie fataal kan wees.  Terwyl hy so praat, toe dink ek aan sax.  Ek wonder toe net, maar durf weens ordentlikheid op so ‘n sensitiewe stadium van die gesprek, eerder nie vra nie, wonder ek toe, mag ek dan nou nog sax hê.  Hy verduidelik met strawwe oefen, berge klim, races doen – hy stamp met sy hande so teen mekaar, kan die gestamp probleme veroorsaak.  Maar nou vra ek julle, om sax te hê is ook mos ‘n aanhoudende gestamp stamp stamp op die bros en fraktuur bene?? Can you explain that to me?  Ek mag geen geboorte beperking gebruik weens die kondisie, maar ‘n sax-stamp is blykbaar skadeloos want hy stel voor die man in die huis doen bietjie geboorte beperking.  Daar het jy dit nou.  Oor hy nou ook ‘n man is, en nie sy draad afgesny wil hê nie, is sax-stamp blykbaar toelaatbaar.  This world is confusing.  Can somebody help me.

Friday, 27 July 2012

Keep on smoking



Die wêreld is erg deurmekaar.  Nou wil die dokter die onderwyser se werk doen, en andersom.  As jy verstaan wat ek bedoel?  Die onderwysers wil mediese ondersoeke op die meisies doen, en die dokters jaag die vrouens huistoe om hulle boeke (mammogram) te gaan haal.  There’s no freedom.  We are trapped in a world of confusion.  Sal die ou wraggies vir my sê ek het: "osteoporosis en compression fracture" en my langafstande, asook die bos-stappery is nou duidelik iets van die verlede.  Nee aap, dit was nie op die mammogram nie ....   Nou vra ek jou, ek skrik so groot toe hy nog kom met: en enige val gaan daai been op die plek laat breek.  Ek gee toe die hele dag sulke kort trappies, want dit voel kompleet of my rug van plan is om te breek.  Ek loop die hele dag soos ‘n bejaarde, en klim die trappies soos ‘n bejaarde, uiters versigtig.  Nou sê ek vir die wat vra, nee, ek mag net 5km ‘n dag stap.  Maar ek sal ‘n stadige 10 stap, ek glo nie dis te erg nie, en die wat verder vra, nee, ek mag net 5 stap, maar ek gaan defnitief die 300 Klein Karoo doen.  Die patete en die “ ‘n’s “gaan nie nie mooi verstaan nie.  Moenie worry ...  Ek voel toe sommer asof my lewe tot ‘n einde kom.  Ek vergeet toe eers van my vet gat en my plooie en my hare, als wat lelik lyk, ek is nou bejaard.  Ek dag toe, gelukkig is my boude nie bo nie, want dit sal te swaar wees vir my rug, maar toe dink ek weer, my boude hang te swaar op my rugstring.  Ek sal defnitief moet kyk om gewig te verloor.  In elk geval, lyk my koppie met my bob nou heeltemal te klein in vergelyking met my lyf.  Nee! ek het my porporsie verloor!  Ek het ‘n loopraam gekry.  Dalk sal alles ok wees as al die topatlete met die 300 Marathon voor loop, dan volg die bakkie met die proviand en noodhulp, en ek volg met die loopraam,  Ek durf ook nie op die bakkie klim in case of emergency nie, die geskud sal fataal wees vir my kondisie.  As ek die strespille wat ek nou nog nie gedrink het nie saamvat, dat behoort alles mellow te wees.  ‘n Meer natuurlike produk sal natuurlik ‘n pakkie marihuana wees, sover ek wéét, neem dit enige ongemak weg, en vernuwe die gedagtes na iets of na niks.  Die retards gebruik natuurlik baie sterk pille, wat die gatpyn wat hulle vir ander mense gee, wegvat, maar dit sal defnitief nie werk in die bos nie.  Nou-nou moer ek in die water of iets.  

Friday, 20 July 2012


    


Pastoor se vrou is oorlede.  Daar is ‘n vertoning van fotos wat die seuns voorberei het.  Onder andere een foto waar die tweetjie teen ‘n kar staan ek dink uit die jare sewentig.  Net voor hulle troue.  Twee mooi verliefdes uit die sewentigs foto wat my dadelik ‘n traan laat trek, en toe val my kontaklens uit.  Gelukkig val dit op my hand, seker die tissue te hard gedruk teen my oë.  ‘n Rerige sexy foto.  My hart is stukkend vir hom.  Gelukkig met die eerste probeerslag kry ek my oog weer in.  Ek moet versigtig wees, netnou val my cafe hare ook nog af.  Ek is as Kerksraadlik ook ‘n draer, en ons stoei met die pragtige kis.  Wat ‘n nagmerrie as ek nou sonder ‘n oog en sonder hare daar moet eindig tussen als deur.  Die vertoning eindig met: Bye Ma, Bye Ouma, en dan met Bye my vrou.  Ek en klein Gertjie staan buite, ek gaan na die rotweiler toe,  Rex gee my hand een lek, maar toe hy klein Gertjie sien, waai hy sy stert en raak opgewonde.  Ek vra, nou Gertjie, hoekom is die hond so bly om jou te sien?  Dis mos ek wat vir hom ‘n lekker been gebring het om aan te kou, nie jy nie,  Gertjie lag net en sê nee hy weet nie.  En dis ek wat wonder oor Rex se toekoms, nie Gertjie nie.  Is dit die les van die lewe, jy kan maar planne beraam ens. ens. maar dinge werk nie uit soos wat jy dit beplan nie.  Alles baie baie mooi goed wat gesê word van die vrou wat die gemeente nooit kon leer ken nie.  Ek wonder deur die preek, wat kan iemand van my sê?  Hulle sal nooit kan sê sy was so ...... die mense wat my regtig ken sal seker net al my snaakse en versteurde staaltjies kan vertel, wat die begrafnis moontlik in ‘n komedie sal verander, en almal sal lag-lag uitstap.  Daar sal moontlik een of twee ernstige herinneringe wees waarvoor Mara gelukkig sal sorg.  Ja, ek dink ek moet die week by my begrafnisondernemer uitkom.  Ek sal sommer self al my reëlings gaan tref, sodat daar nie later met so ‘n byeenkoms kans sal wees vir allerhande stories nie.  Jy weet, mense kan mos aanlas ook.  Netnou verstaan iemand verkeerd.  M.a.w. daar sal glad nie ‘n byeenkoms wees nie.  Now you see me, now you don’t.  Ek kan solank die kassie vir my verbrande lyf gaan kies.  Wat om nou met die lyf te doen, is ‘n probleem.  God het dit geskape, ek moet seker nog steeds respek toon daarvoor.  Sal ek dan vra, is dit moontlik Vader, dat ek selfbeheersing kan beoefen, dat ek kan konsentreer om eerder klein goedjies elke dag soos ‘n dame te doen, nevermind ‘n Christen.  Om in die aand bed toe te gaan en te weet jy het jou bes probeer om diegene van die wêreld die weg op jou dame-manier te wys.      


Friday, 13 July 2012

Dog Wearing a Funny  Costume consisting of a wig, glasses, and a chain necklace with medallion- Picture, Stock Photo

Somehow beland ek toe by die dokter, kyk al in die spreekkamer rond, net nie in sy oë nie.  Ek vra hom vir strespille want ek dink my hart wil gaan staan.   Hy vra, nou waaroor stres jy?  Ek begin sweet van verleentheid, mompel iets van die werk, en hy begin ook met slimstories kom van: dis nie nodig dat die werk jou moet opstres nie ..... Ek dink, shut up fuck-face.  Ja, sê ek, ek mompel verder: dis maar ander goed ook.  Hy begin die voorskrif skryf.  Jy is 49 sê hy.  As ek 50 is, sê ek, soos ‘n regte damduiker, gaan ek ‘n groot partytjie hou, met baie musiek,  ... (netnou dink hy ek is ‘n suiplap) ... en dan gaan ek net sit en luister na die musiek, las ek by, .... ek kyk op die stadium maar eerder by die venster uit.  Watse stront praat ek nou, ek hoop nie die blerrie patete is aansteeklik nie.  Die pilletjies staan nou in my badkamer.  Dis al ‘n maand en ek het nog niks gedrink daarvan.  Net om vir die pakkie te kyk, of om te onthou daar is sulke goed, is kalmerend genoeg.  All in the mind, can you believe it.

Ek het vir my cafe-hare gekoop.  Blonde bob.  Die eerste paar dae het ek onkundig rondgeloop met hare wat skeef sit en bly afgly.  As ek iets doen en afkyk, dan val die hare af.  As ek vir Gunthie moet kos gee, dan beland die bob in die kosbak.  Gelukkig kry ek toe ‘n expert wat my verduidelik dat ek ‘n pony bo-op my kop moet maak dan is daar meer body, en by die ding bo.  Nou loop ek soos ‘n madam rond met die bob.  Ek is besig met ‘n besparingsveldtog.  Dis meer ekonomies en minder stresvol.  Oral kyk mense na my.  Ek is gesofistikeerd.  Ek staan uit in ‘n skare.  I am sexy.