Tuesday, 20 November 2012

Take a walk on the wild side





Ek en Gunth het gaan oefen vanoggend.  Geen voorvalle.  Ons het sommer weggespring met ‘n draf.  Oppad terug, dan gaan staan hy in die koelte teen ‘n boom, lig die been so half skeef van moegheid en maak of hy wil pie.  Net om bietjie te rus.  Sy verdiende loon.  Vroeg-oggend toe lê hy al en loer vir my soos ‘n moedswillige kind.  Ie Ie ... ie ie maak hy, en as ek vir hom kyk, dan kyk hy weg.  Sy manier om te sê ons moet nou gaan loop.  Ek het geweet hoe gouer ons gaan, hoe gouer hou hy sy bek.  Dis vrek warm in Gauteng vandag.  Ek en Gunth speel speletjies langs die pad.  As hy begin om die mense se gras uit te krap op hul sypaadjies, dan los ek hom, maar loer eers of niemand sien nie.  As daar ‘n kar kom, dan trek ek hom so ewe beskaafd weg van die gras af, ons het maniere.  Ek het besluit om die effek van drain-acid te toets op bossies.  Met my half stukkende bottel en ‘n plastieksak om my hand, was ek reg vir die eksperiment.  Hier en daar het my asem weggeslaan, en het ‘n paar druppels op my voete beland, en het ‘n druppel gewaai op my arm wat ek sommer gelek en gespoeg het, en toe proe ek net drain acid.  Toe lek ek maar sommer die hele arm net in case. Sommer met die spuitslag, dan sak die bossie aarde toe.   Wat ek eintlik wil sien, is hoe lank vat dit dat daar weer op die spesifieke plekke wat ek gespuit het, weer bossies te groei. Oral is daar swart dooie bossies.  Vir my baie beter as groen mooi bossies. Die wêreld is erg deurmekaar.  Geld is oral ‘n kwessie.  Humeure loop hoog, desperate mense, uitgawes raak meer, uitgawes raak duurder.  O my, waar gaan ons eindig.  My een pilletjie het nie gehelp wat ek gedrink het nie.  Ek raak weer bietjie histeries.  Ek wou so graag met my baaiklere wou rondstap vir ‘n hele week, by die see of swembad sit vir ure sonder om te worry oor sand en ‘n skoon lyf.  My lyf smag na koel water.  Ek is ontwater.  Ek sal hou van Knysna se strand – daar waar ek gesien het die monster-wurms wat hulle uittrek onder die sand.  Sal ek nou bang wees om weer in daardie water te spring en baljaar?  Nie dat ek weet hoe spring en baljaar ‘n mens nie.

Gunth en ek sal hardloop oor die duine, en so nou en dan, soos hier in Gauteng, dan trap hy op my plakkie waar hy kort agter my aankom met sy massa, dan vloek ek hom ....

Ek lees hierdie boek: The Fairest Among Women – Shifra Horn. Oulik man.        

Wednesday, 14 November 2012

Sweetie

Almal vra waar is Tip Tolletjie.  Tolletjie is oorlede, sê ek, terwyl ek skuldgevoelens ervaar.  Iemand sê, as ek aan jou dink, dan sien ek Tolletjie se ou bekkie oop oop vir kossies.  Is my naam nou Mara Tolletjie?  Tolletjie, jy het met soveel passie in jou lyfie geleef.  Jy was die grootste voël.  En die manier wat jy self jou bekkie aan jou beddegoed afgevee het na elke ete, was verstommend.  En hoe jy soos ‘n baba geslaap het met die ogies toe, tot ek jou wakker maak, was genoeg om my hart te laat pyn van emosie. My hart het baie kamers.

Saturday, 10 November 2012

In die begin







Die wêreld het my/ons ingesluk.  Ek is so bewus van my eie lewe-gang elke dag, elke dag het ‘n ander storie.  Ek verwaarloos my mense.  Wie is my mense.  Ek weet net dat ek ‘n behoefte het om vir my mense te sê:  Ek gee om vir julle.  Moet ek sê: ek het julle lief?  Klink nie reg nie.  Ek sukkel met die lief woord.  Dis leeg en het geen betekenis vir my.  Ek sal eerder vir julle waarborg, dat julle ‘n kamer in my hart het.  Ek en Gunth het gaan stap vanoggend.  Ek het hom laat loop oor die pers Jakaranda-blommetjies.  Dit was my manier om vir hom te vertel van sy kamer in my hart.  En terwyl ons oor die blommetjies stap en die bye om ons vlieg, toe val daar geel blommetjies uit die hemel oor ons koppe.     As iemand van lank lank gelede, voor dit Oestyd was, ooit eendag vir julle sou sê,: sy het geen erg aan my gehad nie, sê vir hom, hy het ‘n kamer in my hart gehad.  

Wow!



Friday, 9 November 2012

My liefste Tip Tolletjie



Die veearts het vir Tip Tolletjie gevat.  Sy sê die opgeblase sakkie onder die vlerkie, is die lyfie se manier om ‘n wond/seer te beskerm.  Dis hoekom Tip Tolletjie so ‘n sakkie gehad het.  Met die wat Tommy dalk vir Tolletjie gevang het, het sy tande/nael iets gekrap aan die sagte lyfie.  Maar Tolletjie eet soos ‘n haas.  Aanmekaar.  Wat nou gebeur, Tolletjie bly agter, word gesond gemaak, en word dan weer uitgeplaas om ‘n normale lewe te voer.  ‘n Gesonde voëltjie as alles goed gaan soos beplan.  Ek sal Maandag gaan kyk wat daar aangaan.  Ek wil nie ‘n voël in ‘n kou aanhou nie.  Sonde.  Al hoekom ek vir Kokkie in die hokkie het, is oor sy aangeneem is en nie ‘n ander lewe ken nie.  Sy is ook nie vandag se kind nie.  My hart is seer oor my Tolletjie.  Ek weet nie wat aangaan nie.  Ek sit heeldag en huil oor voëls.  Miskien is daar onderliggend ‘n probleem wat die trane so laat vloei.  Dalk het ek depressie.  Dalk het ek voëlsiekte.  Ja, sien onder.  My kop is suf, my oë betraand en my keel geswel.  My kam verkleur nou nie, maar my gemoed verkleur in 'n kwessie van 'n sekonde.  

griepagtige simptome veroorsaak met sufheid, betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook. Sommige voëls sterf vinnig na besmetting. 

Thursday, 8 November 2012

Net maar nog 'n dag





Kyk hoe mooi groot is ons al.  Vanoggend het ek gewonder of hy nog lewe toe ek 4:20 my dag begin.  Lê hy met toe ogies en slaap.  Ek het eers bietjie geskrik.  Dalk was hy nie gereed om sy dag so vroeg te begin nie.  Die mense by die werk is mal oor hom.  Hy het sommer TWEE hokke persent gekry, en baie wurms uit die tuin.  Hy moet veearts toe vandag.  Onder die linkervlerkie lyk dit geswel.  Hoop nie dis ernstig nie.  Iemand het gesê lyk of hy ‘n “breuk” het.  Wat de hel. Kyk hoe oop is die bekkie.  Ons altwee eet te veel.  Kry mens 'n breuk van te veel eet?  Hoekom het ek dan nie 'n breuk nie?

J is ook al weer kwaad vir my.  Ek oefen nou om glad nie meer te praat nie.  Ek kom mooi reg.  Ek het net gisteraand weer geskel oor al die deure gesluit was toe ek Kerk toe wou ry.  Plaas hy gee my punte vir my probeerslag, in plaas daarvan om sy moer te strip. Ek wou ‘n epos of sms stuur om te sê: sorry.  Ek het nie.  Ek glo nie aan al hierdie skynheilige woordjies wat almal heeldag loop en praat nie.  What’s done is done.  Sorry verander niks.  Sorry as jy in ‘n ander vrou se broek wou of het geklim het, of wou geklim het, what the fuck, sorry se moer.  Ek kan baie redes uitdink hoekom ek geskel het oor die gesluite deure.  Geldige redes wat dom dose voor sal val, maar ek mors nie my tyd met kak praat nie.  Dan vloek ek eerder maar nog ‘n bietjie.

Sunday, 4 November 2012

Gauteng


Liefste Bokka,

Sy sit en wag dat J vir haar die kraan kom oopmaak. 


Liefste Gunth

Ons twee het gaan stap, en toe draf ons.  Kyk hoe moeg is hy.  Ek moet sorg dat hy fiks is!  In case of crime.  Oral waar ons beweeg, word hy behoorlik aangekyk.  Soms, voor ek uit die pad van aankomende mense beweeg, kan jy sien hulle trap ietwat onseker, asof hulle rigting verloor het.  Crazy dog! Crazy mama!


Liefste Baba

En asof laas naweek se begrafnis nie genoeg was nie, sit ek met ‘n baba.  J het hom betyds kon red van Tommy.  Ek het hom gisteraand horlics en water gegee, en vanoggend het hy horlics gedrink.  Die bekkie lekker oopgemaak vir die gedoente.  Watwou? As horlics vir my help, kan dit seker ‘n baba-voël se lewe red.  Ja, ons kom nog by die pap uit.  Laat my dink aan hoeveel katte al deur ons grootgemaak is op Idealmelk. Hy bly nou in my pienk plastiek koekblik.   

Ek het vir hom 'n baba wurm gaan uitgrou in die tuin.  Dit mag gebeur.  Dis die diereryk.  Ek het sorry gevra toe ek hom in twee moes sny sodat ek die twee dele in die baba se bekkie moes sit.  Ek het dit met horlicks afgespoel.  Nou slaap hy.