Thursday, 21 February 2013

Liar

Ek sien die hoofopskrif: Killer regret ......Nou val almal soos dwase vir hierdie ‘regret’. Daar is nie so iets nie.  Dis nie die daad wat die ‘regret’ aanwakker nie, dis die gevolge.  Toe die daad gepleeg was, was dit die regte ding in jou siek kop om te doen.  Toe jy die bottel drank uitgesuip het, was dit die regte ding in jou kop om te doen.  Toe jy jou vrou gemoer het was dit die regte ding in jou kop om te doen.  Die regret is die gevolg wat nou vir jou ‘n las geword het.  Jou vrou het jou gelos, nou het jy kamtig regret.  Dis die kak wat jy gemaak het met jou dronkgat wat nou die gevolge voor jou deur lê.  Is ek die enigste persoon wat deur ander mense kan sien?  Dis eienaardig dat die meerderheid van mense so fokkon stupid is.  I am telling you.  Dis die ou wat gesteel het, wat die gevolge nou moet dra.  Die gesteelde item was aanloklik, jy het dit geneem, dit was verkeerd, maar, waar pas die regret in?  Dis die feit dat jy jou werk verloor wat die regret nou veroorsaak.  As jy kan, steel jy weer dieselfde ding.  Dis maar goed ek is nie die enigste judge in die wêreld nie.  Die ouens sou swaar gelewe het.  Ek is nie ‘n dom poepol nie.  ‘n Goeie voorbeeld is die ou wat gerook het.  Toe hy dit gedoen het was dit lekker.  Hy het nie regret nie.  Hy het maar net ‘n keuse gemaak om op te hou rook.  Regret se moer.

Jou sondige natuur laat nie regret toe nie.  Jy is stof.  Hoe weet ek die dinge?  Want ek is ook 'n sondaar wat al baie foute gemaak het.  Ek weet net dat sekere dinge beter is om nie te doen nie, maar as dit gedoen is, is dit gedane sake.  Dan leef jy daarmee, jy leef met die gevolge, nie die regret nie, dom doos.

Saturday, 16 February 2013

Valentine


Vanoggend staan ek ewe en trek maar die bossies uit.  Met die crime, moet ek maar meeste van die goed doen.  (ja, sissie moet kos maak)  Ek het eintlik om nou die earlike waarheid te praat, gewonder of ek darem rus sal kry in die hemel.  Toe dink ek, wie sê ek gaan hemel toe.  Toe dink ek, wel, met die geloof van ‘n kind, is enige iets moontlik.  

Toe ek nou by die Valentine braai kom, is daar toevallig ‘n sitplek langs Ross en Charlotte oop.  Ek en J gaan sit toe daar.  Ek begin dadelik Charlotte se peanuts te eet.  Ross sê, ek het chips by die huis, maar ek kan nie terug gaan nie, want Simba is baie kwaai.  Huh, ek copy toe nie dadelik nie.  Ross sê, Simba wil nie hê ons moet loop nie, sy karnuffel ons van agter af.  Ons het nou klaar ‘n plan uitgewerk vir wanneer ons terug gaan vanaand.  Charlotte (want sy is die jongste en nog nie so styf in die lyf nie) sal haar aandag aftrek met ‘n stukkie wors, dan gaan ek gou in – anders hardloop sy dalk weg en gaan byt die ander mense.   Nee man, sê ek, ek het net vergeet om jou te sê daar is ‘n effense wanbalans.  Sy maak maar so.  Ek verduidelik so vlugtig .... Nou ja, sê Ross.  Ek vat die stukkie wors terug as ‘n peace offering.  En, vergete is die wanbalans.  Ross vra, wie het vir Simba so mooi maniere geleer.  Maar moenie worry sê sy, as dit moet dan klim ek maar oor die afskorting by die deur.  Ek kyk haar so.  Met daai kort lyfie en kort bene glo ek sy gaan op haar kop val.  Ek glo nie dis nodig nie, sê ek, jy sal sien as jy terug gaan.
 

Ounooi, een van die nuwe intrekkers, kom sit daar by my met haar rooi rok en rooi lippe.  Sewentig.  Elke oggend gaan sy getrou gym toe.  Sy is stewig gebou, met stewige vet.  Dr Gevers het sy vrou se sexy rooi nagrokkie aan oor ‘n wit t-shirt.  Ek gaan gryp hom aan sy tiete.  Hy druk Charlotte se pakkie peanuts bo in vir bietjie meer body.  Ek loop en bedel bene vir Gunther.  Die anties gee vir J chocolates en tjops.  J gaan steel nog wors.  Ek gaan groet my vyande.  Sonder my pruik herken niemand my vir die eerste uur nie.  Ek steel koeldrank by die kombuis.  J wil ry.  Ross sê, alle alle mans is dieselfde.  Mens eet nog dan wil hulle ry: sy kan die perfekte moord vir my uitwerk.  Maar, vra sy baie ernstig.  Kan ek haar rekenaar klasse gee?  Sy het een hele dag gesit en ‘n brief getik op haar celfoon.  Dis was baie uitputtend, want sy moes baie notas maak om alles te onthou.  Sy het dit toe weggestuur vir haar kinders in Amerika, maar al wat daar uitgekom het was,: my fridge is waving me goodbye.  Bel die kinders vreeslik verward, wat gaan aan ma?  Is jy siek, nee man, my yskas gee probleme. 
  

Friday, 15 February 2013

Mara Meraaitjie se suster: kommentaar vir mission accomplish


My suster bly my held. Soms pis sy my so af dat ek sweer ek praat nooit weer met haar nie en onterf haar ook sommer. Want sien, as sy nie 'n ding wil doen nie, dan doen sy dit nie. Klaar. Ek kan dit natuurlik nie verstaan nie.. Want ek sal enige iets vir haar doen! Hoe kan sy nou so wees! Verstaan sy nie hoe ernstig my probleem is nie of hou sy haar nou net stupid en hardegat??? Maar op die einde kry sy dinge reg wat ander nie sal kan bemeester in al hulle sogenaamde eie geskepte glorie. Moral of the story: as sy besluit sy doen niks dan is dit wat jy kry : Niks. Bel, skryf, stuur polisie en taakmag. Daar is "no reply" en "no comment". Maar as Ouma se Meraaitjie 'n mission maak van iets wat haar hart raak, hou sy aan tot daar sukses behaal word. Nes in 'n Shrek movie, and they lived happily ever after.

Thursday, 14 February 2013

Meraaitjie, die Kaptein en die Jodin






My ouma het net altyd haar kop geskud en gesê: Meraaitjie, jý.  Meraaitjie was besig die laaste week.  Dankie vir my bewonderaars wat navraag gedoen het.  Ons het gewoeker hier in Gauteng.  Kaptein Doodles het sy huis mooi ingerig.  Die ‘army-seil’ gebruik hy as beskerming vir donderstorms.  Gunther het een dag voor hom gesit en blaf en blaf.  Toe neuk ek hom met ‘n stomp.  Nou los hy  Kaptein Googles, ek meen Doodles, uit.  Jammer, as ek stres verwar ek die D met ‘n G.  Terwyl ons die army-kamp elke aand bewonder, tref dit my ek moet my Kapelaans Level 2 doen in April.  En ek moes verslae ingestuur het.  Vergete is Googles se kamp.  Dadelik tref ek reëlings vir ‘n verslag en verlof, na 2 nagte se bekommernis oor die saak.  Die verslag demand ek toe Meraaitjie styl by die werk.  Julle moet dit lees.  What a piece of art.  Intussen was daar verwikkelinge by Simba se nuwe huis.  Nou hier is die onderskeid alweer.  Dis eintlik ook ‘n piece of art dat mense so fokkon pateties kan wees.  Na Simba paar keer by die hekkie uitgekom het met haar nommer 3 lyfie, na ek die materiaal gegee het vir ‘n ordentlike afskorting ..... word sy toe na goeddunke toegemaak in die garage wanneer daar kerk of winkel toe gegaan word.  Natuurlik, ons meisies laat ons nie mishandel nie.  Sy sit toe so ‘n bek op, dat die hele behuisingskema kla oor die slet-gedrag.  Dit kos my haar gaan haal op ‘n Sondag, my moer so sleg gepluk, ek stuur vir sissie in, terwyl ek in die reën op die sypaadjie wag.  Kon nie enige tipe van ‘n retard face op daai oomblik nie.  Dis hier waar die kaf nou van die koring geskei word.  Breins. Breins breins breins.  That is all you need.  Ek bel Oord toe.  Ek kry pleegsorg vir Simba vir een nag.  (hoekom, Gunther sal nie laat sy een druppel pie waar hy by is nie)  Maandag verskuif ek haar na pleegsorg nommer 2 toe.  Van die kombuis se kant steel ons fyn vleisies.  (kaptein Doodles se proviant ook sommer in dieselfde pakkie).  Reël nommer een.  Geen inwoner mag ‘n dier aanhou, tensy hy/sy met die dier ingetrek het nie.  Dis die geregistreerde reëls by die Aktekantoor.  Fine.  Do not mess with Meraaitjie.  Ek slaap vir 2 nagte nie, met sukses word ‘n idee gebore:  Sover ek beweeg slaan ek sielkundig toe waar ek kan.  Taktiek.  Breins.  Plant die saadjies.  Speel op gevoelens.  Sorg dat die jury presies weet wat ek wil hê hulle moet weet.   Stemdag:  ek sit heel kuis laat die jury die besluite neem.  Ek praat nie ‘n woord nie.  Die uiteinde!  Mission accomplish!  Simba maak die besluit van haar lewe.  Sy word ‘n Jodin.  O my soul!  Simba!   Ek sluip so nou en dan skelm verby haar nuwe kwartiere.  Simba steur haar aan niemand.  Sy het tuis gekom.  O my! Simba!  Die hele Oord weet van Simba.  Almal stap oor en gaan kyk na die Jodin.  Die Jodin wat haar Joodse ma sover kry om weer uit die huis te kom.  Om weer te voel haar lewe het betekenis.   Saam stap die twee ewe swaaiboude die strate af.  As ek die twee ‘n goue kroon kon opsit, sou ek.  En as ek so ewe ongeerg navraag doen oor die twee Jodinne, dan verhelder die gesigte terwyl ek met ‘n trommel krone vir myself na die verslae luister.  



Monday, 4 February 2013

Die Manne




En dis ook nie ‘n grap om saam met die groot manne te staan nie.  Met Gunther se 3e klassie, raak ek paniekbevange.  Die oomblik is net te groot as hy met sy brute krag gereed maak om van die ander manne aan te vat.  Ek kyk vir niemand.  My oë is net gerig op hom.  As ek een enkele oomblik verslap, is daar nare gevolge.  So tussen my stywe arms en stywe leiband en stokstyf oë, met bene wat stokstyf staan om nie onkant gevang te word nie, dink ek vir ‘n oomblik: o nee, hierdie stres is nie vir my nie.  Die hitte is ondraaglik, die gras laat die honde jeuk.  En die oomblik is vir hulle te groot as daar op en af parade word, en hulle mekaar so onderlangs beloer.  Nee, dink ek, ek kan nie nog ‘n klassie doen nie.  Ek sal dit nie oorleef nie.  Met al die geblaf van die ander honde wanneer een van hulle geleer word om aan te val, en geknor van die een langs my, wil Gunther absoluut net sy frustrasie gaan uithaal.  Die een outjie bly vir sy varkhond sê:  nee seuntjie, staan stil.  Daai maatjie wil nie met jou speel nie.  Op een stadium is ek en Gunther geknoop in die leiband, dit nadat ek hom moes tug met die skerp nekding wat die hel uit hulle knyp.  Gunther is dors, warm en ek soos ‘n blerrie mal ding rondomtalie, en op ‘n stadium begin hy hap, en is my gesig so na aan hom, dat die tweede hap my amper raakvat.  Imagine waar lê my stresvlak op hierdie stadium!  Ek gaan in ‘n skoktoestand in.  Ek verdien seker die eweskielike gedrag.  Met al my geruk en pluk, is Gunth ook nou al mooi die donner in.  En dit sal my leer, hou jou gesig uit die slagveld uit, stupid.  Oom Marc sê, moenie worry nie.  Gunther doen goed, net ‘n bietjie insecurity.  Dan loop hy soos ‘n stoetbul met sy voorarms daar rond.  Sy girlfriend is ook daar.  Ek weet nie is sy vet, of is sy swanger.  Maar ek hou van haar.  Sy sê vir almal:  Hou twee meter uitmekaar.  Groot honde soos die trek ten minste twee meter!  Ag dankie tog vir jou.  Soos gewoonlik het ek nie geworry om te hoor wat is jou naam.  Ja, skree sy, hierdie een byt, en daardie een byt.  Natuurlik is Gunth een van hierdie een.  Die daardie een is een massiewe groot hond, ook van Gunther se breed, ek is nie seker.  Doodstil.  Maak nie ‘n geluid nie.  O tog, dis erg.  Ek is oortuig daarvan dat ek defnitief nagmerries kry, maar die trauma is so groot, dat ek dit nie kan onthou nie.  My babaseun het nou leer aanval.  Met klassie een wou hy niks weet van Marc en sy tools.  Sondag toe Marc aan hom karring, toe byt hy.  Op die regte manier wat hy geleer word.  Marc het die ding aan die arm wat die honde moet afvat by hom, dis oor sy hele arm gedraai.  Die honde hou aan aanval totdat hulle dit het en vat dit dan vir sy baas.   Sê ek toe nou weer iets pittig, julle ken my mos so skerp: O, dis hoe julle die honde leer.  Die ou wat hy aanval, dié se arm moet hy vir sy baas bring!  Ai maar dis cool!

Friday, 25 January 2013



Ek is binnekort 50 jaar oud.  O my!  Dis eenvoudig verskriklik.  Een troos wat ek wel het, is dat wanneer ek bed toe gaan in die aand, die volgende NIE op my bedkassie is nie:
Pille, glas en kraffie met water om pille mee af te sluk, glas met water vir vals tande, tissues, vicks, wekker, iets vir sooibrand, slaappil, pantoffels voor die bed, piepot onder die bed.
                                                                                       
Nee, ek is ‘n moderne geval: (bril), Samsung Tablet vir nuutste wêreldgebeure, e-books en internet terwyl ek so lekker agteroor lê, alles in groot skrif, shockstock met skerp lig op die bedkassie, alarm langs my onder die kombers,  plakkies voor die bed.  En terwyl ek so karring, WhatsApp ek gou ‘n paar “signals” deur.  My laaste gedagte is nie more se kospotte of werk nie, nee, dis ‘n nuwe geslag gedagte: what if crime strikes.  So terwyl ek stadig aan die slaap raak, met die fan full blast op my, en ek klou aan die dik duvet,  gaan ek net gou deur my plan van aksie net in case.  Met my laaste blik op die gordyn, wat effens weggetrek moet wees dat ek enige verdagte bewegings kan raaksien, verkas ek dan droomland toe.  Gepraat van droom en die piepot.  Ek was jonk, in die laerskool, dieselfde tyd toe ek mos die wyn gesteel het, (het ek deur ‘n slegte stadium gegaan? Dieselfde tyd toe ek  paar 20c gemaak het deur aandag te gee?)  Miskien was ek baie oulik as kind, maar dalk het iets gebeur wat my ge-scar het.

Wel, ouma het die gewoonte gehad om in die middel van die nag die lig aan te sit, dat ek en sy kan pie.  Dan doen ons die ding, sit die lig af en almal slaap tot die volgende oggend.  Een nag, doen sy toe dieselfde.  Maar ek weet nie wat het verkeerd gegaan, al wat ek weet, ek het nog nooit in my lewe gevloek nie, maar daar sit ek toe nou op die piepot waar sy my wil hê, maar ek verstaan not ‘n donner wat moet ek doen nie.  Nou vra ek:  wat moet ek doen?  Moet ek moer, moet ek kak moet ek fokkof moet ek bliksem? Dan sê sy, “pie” dan begin ek weer.  Wat moet ek doen?  Donner, bliksem, kak, fok?  So het dit aangeegaan tot ek terug gejaag is bed toe, ouma hoog befok.  Onskuldig staan ek toe die volgende oggend op, gaan skool toe, onskuldige kind wat ek is.  Toe ek die middag van die skool afkom, staan my tannie en ouma vir my op die stoep en inwag.  Wat ‘n gedoente.  Baklei hulle met my!  Waar in my lewe kom ek aan die reg om so met ouma te praat bla bla bla.  Ek was uiters geskok.  Dis soos wanneer jy te veel gesuip het die vorige aand en goed gedoen het wat jy niks van weet die volgende oggend, en almal loer jou so onderlangs en weier om met jou te praat.  Presies net so.  En het hulle my geglo?  Nee, wragtag nie.  En ok, julle wag natuurlik weer dat ek iets moet sê wat ander mense nooit sal sê nie.  Ouma moes maar die lig aansit in die nag, anders het ek die hele matras nat gepie.  Nou hier is huiswerk vir julle: retards, julle doen niks.  Die slimmes, wat sou die rede wees dat kinders in die bed pie?  Hulle weet nie hulle wil pie nie, die nood of die druk op die blaas maak hulle nie wakker nie.  Hulle slaap ‘n dooie hou en weet van niks, hulle doen snaakse dinge, gaan in ‘n ander wêreld in, ons is nou al gevorderd in jare, vergeet wat die dokters of wie ook al sê.  Wat is julle mening.  Is dit dalk die brein se manier om  alles af te skakel wat nie reg is nie?  Party pie in die bed, ander klou aan hulle kombersies?  Wat doen kinders nog om af te skakel van die werklikheid?  Julle mag op die een antwoord op my epos.
Onthou ek oefen nou berading, julle is verplig om te antwoord.  Hierdie is ook ‘n bewys wie van my bewonderaars die retards is.



Sunday, 20 January 2013

2013







En ons gaan die Nuwe Jaar in met ‘n “bang”.  Julle besef nie die pyn wat ek deurgaan om hier te tik nie.  My dik vel, nie die dunne nie, die dikke is van my middelvinger geskeur.  En dit net alles deur Gunth.  Met sy eerste klassie het dit redelik goed gegaan, maar iewers het ‘n skroef uitgeval, en hy is weer die ou Gunth, vol mannewales en shit.  Die goed het mos ingebreek in my huis.  Kom ek daar, net polisie en buurtwag en toeskouers.  En ewe verwese staan Gunth daar, verward, weet nie what the fuck toe die hele taakmag toesak op die huis om die goed te vang.  Twee lê op die grond, die ander een is weg.   Ek is in ‘n verskriklike emosionele toestand.  Gunth!!!!!! Kan jy nie eers drie goed arresteer nie?????? Jy het my gefaal!!!!   Ek drink dadelik ‘n pil.  Fok die gesteelde goed wat oral rondlê.  Wat het gebeur???   So ewe kry ek omtrent alles terug op miskien 10 items na.  Wie worry.  Fok die 10 items.  My Gunth!!!   Is jy nou ‘n fokken sissie?????  Ek slaap omtrent vir 3 nagte nie.  Johan is nie by die huis.  Ek besluit dat my bodyguard binne moet bly in die nag en wanneer ek van die werk afkom neem hy sy plek in langs my.  Is dit nou waar ek die fout gemaak het.  Is dit nou waar die nuwe windgat houding vandaan kom?  Ek het dit eergister al opgemerk toe hy vir Johan grom.  Daar is iets anders omtrent hom.  My kamer en my studeerkamer is Gunth sin.  Dis syne.  En ja, ek ken my hond.  Bewys hy my vermoede is reg vandag met klassie nommer 2.  Kort-kort sit hy daai houding openlik aan.  Ek moet net bontstaan soos hy wil kak maak.  Daar is ‘n ander goed?/ wat die honde tart. en dan moet hulle aanval, maar nie soos hulle wil nie, soos hulle geleer word.  Gunth word vandag so ‘getug’ hy weet ook self nie meer wanneer mag hy wat doen nie.  Hulle maak hom vas aan die bakkie, met ‘n lang tou.  Nou kan haar maar na hartelus ruk en pluk soos ‘n gek hond.   Ek loer hom so.  My seun, mamma is bly jou gees is nie geblus nie.  Ja my seuntjie.  Jy het nog steeds die wille streek in jou.  Mamma is veilig solank jy by haar is.  Fok die huis.  Ja seuntjie.  Hulle kan maar alles steel.  Johan pas mos die huis op.  Hy pis mos oral rondom die huis (figuurlik retards).  Laat hy sy eie kak oppas.  Jy verstaan presies reg.  Dis net mamma en jy.  En die hele klassie kyk met respek na mamma en seun.