Be quiet
when my heart wants to speak
Saturday, 20 April 2013
Saturday, 13 April 2013
Monday, 8 April 2013
Ek het
gedroom ‘n man sit by ‘n tafel, die aand voor my seminaar begin. Hy sê vir my: dit gaan nie oor jóú nie. Die Seun van die mens moet verheerlik word. Ek werk nog die boodskap uit. Bolangs verstaan ek dit, maar ek weet daar is
nog iets daaromtrent wat ek mis.
Ek het
gedink hoe meer kennis mens bymekaar maak, hoe meer verander jy. Wel, tensy daar fout is met my, werk dit nie
so nie. Ek is nog steeds net Mara. Glo dit nou of nie. Niks het verander nie. Onderliggend is dit nog steeds dieselfde
mens. En sover ek die mense om my bekyk,
mense met geleerdheid, sien ek net ‘n swakheid deurskemer by elkeen van hulle,
uit my oë natuurlik. Natuurlik is dit
verkeerd om dit te sien en om so ‘n stelling te maak. Ek wonder of dit my eie swakheid is wat
weerkaats na my toe? En dit laat my
terugtrek dat hulle nie naby my kan kom nie.
Ek doen my klas, ek eet sonder dat ek genoodsaak voel om ‘n gelselsie
aan te knoop, ek besoek die badkamer, ek gaan sit op my plek en gaan aan met
die klas. Sonder een oomblik van
ongemak. Ek bedank wel soos ‘n opgevoede
persoon die mense wat hard gewerk het om die seminaar ‘n sukses te maak.
Is dit ‘n
slegte hart wat binne my is? Of is dit
maar net hoe ons almal is, ons is mense.
Die pad wat ons gestap het, of die tred waarmee die wêreld al hoe vinniger
draai, laat sy merk op ons uiterlike.
Ons kan nie meer fokus en ‘n persoon sien soos Jesus sou sien nie. Is dit die liefde wat ontbreek? Soos iemand altyd gesê het, die oë is die hart
van die siel of so iets.
Sunday, 31 March 2013
There's a time for us .....
Want dis
wat julle weet,
Wat ek
wil vergeet.
Want dis
jou alewige stellings
Wat my
kranksinnig laat.
Want dis
wat ek weet
Wat jy
nooit gaan vergeet.
Daar kom ‘n tyd in mens se lewe dat jy ‘n sterk gevoel kry om aan te beweeg. Dis asof omstandighede alles saamval soos die dolosse wat val soos dit moet. Ek dink ‘n mens is gebore om te swerwe. ‘n Rustelose siel. Wat die siele van die wat saam hulle beweeg omkrap. Ye right. Dan is dit maar so. En as ek nou mooi sit en dink aan hierdie dinge, en ek dink aan sekere gedeeltes in die Bybel, dan voel ek nie asof ek iemand te na kom nie. Daar is sekere regte wat ‘n persoon homself kan toe-eien as die situasie dit regverdig.
Ek kan
nie glo dat Doodles so diep in my hart gekruip het nie. Ek het sy hok groter gemaak. Hy is nou ‘n volwaardige deel van die
gesin. Ou snaaksie, partykeer as ek in
die hok staan en krap in sy slaapplek, dan klim hy so ewe in hier langs my
verby asof hy wil kyk wat ek doen. Hy
slaap op sy sy, nes ‘n kat. Eerste keer
gedink hy is dood, roep en roep, maar hy
is so diep in droomland, hy hoor niks.
Daar is
altyd keuses wat gemaak moet word. Ek
het simpatie met die posisie waarin jy jou bevind my sussie. Dis maklik om beter te weet, maar ons is nie
in jou situasie nie, en ons is ook nie jy nie, ons dink anders. Op die einde van die dag verloop al die
beplanning in elk geval nie soos wat ons dit voorsien het nie. Jammer as ek so hard is met die mense na aan
my.
Terug na
paragraaf 1. Waarop stuur die paragraaf
af? Ye right. As ek ‘n mandjie mielies het, is dit my keuse
om daarmee te maak wat ek wil, want wetlik gesproke, het ek dit gekoop. Almal het gesien toe ek die geld betaal
daarvoor. Dis myne. Indien ek dit langs die pad in ‘n onbesonne
oomblik laat val, en dis vol grond, en ek sit dit terug en stap verder, is dit
ook my saak. Dis myne. Nou hier kom die moeilike deel. As ek gesien het jy staan vir my en kyk, en
jy sien iets is fout, want die mielies lê die grondpad vol, en jy kom help my
nie, wat dink jy gaan my reaksie later wees.
Moet nou nie slim raak nie, onthou die woord later kan 5 minute later
wees, of dit kan latere jare wees. Die
punt? Ek sal nie daar wees om die reaksies te sien nie. Ek sal nie (soos jy) nodig hê om te maak of
ek nie gesien het hoe jy met jou mielies val nie, sodat ek jou nie hoef te help
nie. Ek laat die saak hier....
Ek weet
julle verwag nou iets eerliks van my. Ek moet dit van my hart afkry, want dit broei
en broei. Al wat ek my lewe lank gevra
het, was ‘n klein bietjie erkenning. En
of dit reg en of dit verkeerd is, wie worry. Ek het my slegste gegee, en later wou ek net altyd my beste gee met alles wat ek doen, moontlik om met my gewete saam te leef aangesien ek die enigste sondaar is. En wat my regtig erg beswaard maak, is
die feit dat ek blykbaar in my persoonlike verhouding met mense die onmoontlike verwag. Ek wou net die bietjie wat in die emmer oor was, mee woeker. Want in die emmer was ook 'n saadjie wat in my geplant is, dat hopeloos, sleg is. Whatever. Laat ek toe dat swakkelinge my kranksinnig maak?
Terug na
paragraaf 1 en 4.
Sunday, 10 March 2013
So gaan dit maar
Ek het
baie werk gedoen die naweek. Twee notules,
die Kerk se boeke, die Kerk se vorms, Kerk toe gegaan, Gunther gevat vir ‘n
stap, Kokkie twee keer uit die hokkie gehaal, Doodles gevryf en vlooipoeier
gegooi. Voorberei vir 2 vergaderings vir
die komende week. Navrae op my ander
Oord se boeke gedoen. Intussen nog
geclick for my mercy goed. Gevote vir
Gunther. My “Causes” se petisies
afgehandel. Die bossies buite gif
gespuit. Gunther se siek oor
behandel. Die Kerk se geld getel, my
toonnaels gesny. Intussen gou 2 movies
gekyk ook. Nou ja, daar is nog tyd om gou
te blog. O shit, ek het vergeet om my
pruik te was.
Dit was
die gedagte wat vanoggend deur my kop gegaan het toe ek ewe vol sonde die kerkbank
warm sit. Hoe sien ons onsself. Pasop om nie verward te raak en iewers in te
bring: hoe dink jy sien ander jou. Nee,
dis hoe sien jý jouself, En vergeet nou
van jou geloof en Bybelgesig. Alhoewel
die gedagte in die Kerk gekom het, het dit niks uit te waai met jou gevoel vir
God nie. Daar is egter een uitsondering,
as dit swaar op jou hart lê, dan moet moet moet jy dit noem. Ek het nie juis aandag gegee nie, maar toe
die liedjie: soos ‘n Hert smag na waterstrome smag my siel na U O God, .......
begin, toe tjank ek sowaar. En ek het
wraggies vergeet om ‘n tissue te vat!
Gunther
het mos die onvergeetlike of is dit nou onvergeeflike daad gedoen! Wraggies, toe J Vrydagmiddag instap by die
huis, en in die gang afstap, en by my studeerkamer se deur kom waar ek en Gunth
besig is met ons talle take, toe begin hy grom.
Toe hy sien J kom nog steeds nader ongeag sy waarskuwende gegrom, toe
val hy aan. O my soul! En hy neuk nie hier onder by die enkels rond
nie, nee, hy staan regop en baklei. J in
skok, skop na hom, ek in skok, spring tussen in. Ek kan nie sien dat Gunth aangerand word nie. Toe klap ek die deur toe om Gunth weg te
kry. Ek sê: ek sal self my hond
uitvat! Daarna moes ek mooi verduidelik
dat Gunth by die klassie leer as iemand aggresief nader kom, moet hy
aanval. Ek het het ook verduidelik dat hy eintlik so bietjie deurmekaar geraak het met wie
moet hy byt en wie nie. Jy weet die arme
hondjie is nog nie so lank by die klassie nie.
Ek het darem net nodig gehad om 9 tone se naels te sny. Die ander een is afgeruk in die proses. Alles gebeur ten goede.
Nee, ek
dink ek misbruik myself. Ek krap 2x ‘n
dag Googles se gate toe, dat hy weer nuwes kan maak. Dis goeie oefening vir hom. Hy laat toe dat ek hom vryf.
I feel
trapped. Daar is ‘n leemte in my lewe.
Hulle wil
nie meer hê ek moet my Beradingsdiploma voltooi nie. Hulle het besluit ek moet ‘n Maatskaplike
Werker (Bachelor of Social Work) word, die geld sal ons nie oor worry nie, ons
kan ooreenkom of dienste lewer of so iets.
Ek weet nie of ek kans sien hiervoor nie. Ek het raad gevra van iemand met baie gesag en
ondervinding. Hy sal more met my
praat. My vrees is: wat as ek faal?
Ek
wonder: op 50, is al die goed die stres werd?
Op die
einde, sal alles tevergeefs wees, alhoewel ons die tevergeefse pad moet
stap. Niks wat ek doen, geen lesse wat
ek leer, kan my verander nie. Net God
kan my verander.
Monday, 4 March 2013
Thanks
Ek moet seker al hierdie lelike woorde op my blog vervang met sterretjies en ander tekens. Dis onaanvaarbaar vir julle gelowiges om na daai taal te kyk. Ek stem saam. Maar dit voel vir my net so twee-gesig om dit te doen. Dis wie ek was op daardie stadium, en dis hoe ek gevoel het. Ek is ‘n vandalis. Dit klink baie soos die alkoholis (my woordeboek het nog ‘n o in ??) wat ek was, en dit maak dieselfde gevoelendheid in my wakker. Soos my studies sê: Vergeet van die ...lis en daai ...lis, dis net blerrie sonde. Ek is op die ...lis stadium. Ek sou verkies om nie sinnelose gesprekke te voer nie. Ek kan nie ‘n antwoord uitdink op sulke vrae nie. Iewers haak iets vas en dan raak ek sprakeloos en dan raak ek vandalisties. Like you won’t believe it. Ek skaam my eintlik vir myself. Daar is nou nie meer mense wat my daaglikse hoogtepunte en laagtepunte met my wil deel nie. Somehow het ek hulle die hasepad laat kies. Ek bly nou net stil en verlustig my in my eie humor, en die humor van my diere om my. Ek verlustig my in my eie probleme en besluite wat ek in die gesig staar. Die ou diere en die nuwe diere wat bygekom het, daar is nie woorde vir die genot wat julle veroorsaak in my hart nie. En met tere herinneringe aan die diere wat langs die pad verlore geraak het, soos wat ek baie langs die pad verlore raak. Om die enigste ware sondaar in my kring te wees, is nogal veeleisend. Ek moet heeltyd perform om die beste te bly. Maar dan is dit dalk ook die tyd om een ding van my ouers te sê, dat ongeag wat, hulle nooit ons kinders teen mekaar afgespeel het nie. Jy vind dit in soveel gesinne. Dít sal ek altyd van julle twee onthou. Dat julle altyd daar was om my, ongeag wát, sover moontlik gehelp het. Thanks.
Subscribe to:
Posts (Atom)